Page 1 of 1

Foto's van pensinhoud

Posted: Thu Aug 06, 2009 2:26 pm
by tafjak
Hier is 'n paar foto's van die jakkalse met hul pensinhoud.

Image
Die geweldige groot volgevrete pens.
Image
Pensinhoud
Image
Die lam se neus en hele hart sigbaar.
Image
Die ongebore kleintjies
Image
Image
Image
Die laaste 3 foto's is van die reun en is saam geskiet. Jammer ek het nie die pensinhoud geweeg nie, maar kan nie minder as 1,5kg tussen die 2 gewees het nie.

Taffie

Re: Foto's van pensinhoud

Posted: Fri Aug 07, 2009 5:29 am
by Calldo
Taffie

Mooi Foto's man! Interesant die neus. Het verlede week 'n lam gesien wat se neus so weggevreet is. Lam al groot seker 3,5 tot 4 maande oud. Binnegoed was ook iut, lewer,hart en longe.

Nou my Vraag? Hierdie verskynsel van neuse vreet kom die tyd van die jaar algemeen voor. Ek dink dit was Oom Johannes wat my gese het dat teef jakkalse die tyd van die jaar kraakbeen eet om kalsium tekkort te voorkom. Ondervind almal dit die selfde of is dit ook streeksgebonde? Is neusvreet seisoensgebonde of is dit 'n lekkerny wat heeljaar gevreet word?

Luister graag wat se die manne!

Groete,
Calldo

Re: Foto's van pensinhoud

Posted: Fri Aug 07, 2009 9:32 am
by JACQUES BOTHA
CALDO
EK KRY NEUSE DEUR DIE JAAR IN DIE PENSE WAT EK OOPMAAK EN ORE OOK....EK DINK DIE KRAAKBEEN NEEM LANGER OM TE VERTEER EN BLY LANGER SIGBAAR EK VERMOED MAAR EN RAAI..
AM.
EK STUUR VIR JOU N CD MET SKADE OP EN PENSINHOUD WAT EK GEKRY HET BY KOOS OP DE WETSDORP....HY HET NOGAL SUKSES MET SY ANATOLE JY KAN MET HOM GESELS EK SIT SY NOMMER OP DIE CD..
JB

Re: Foto's van pensinhoud

Posted: Sat Aug 08, 2009 7:25 am
by Calldo
JB

Dankie vir die inligting. Het nogal gereken dit is meer toeval as iets anders.

Groete
Calldo

Re: Foto's van pensinhoud

Posted: Sat Aug 08, 2009 7:49 am
by Ja3
Die maaginhoud lyk vir my na die volgende:
Walrus, koggelmander, stinkmuishond en rooiborslaksman.
8)

Re: Foto's van pensinhoud

Posted: Sat Aug 08, 2009 12:42 pm
by Freddie101
Wil ook net se ek kry ook gereeld neuse en ore in die pens.(soms tonge) Miskien het jakes n punt oor die langer vat om te verteer. Het ook nog nie opgelet of dit spesifieke tyd van die jaar is nie.
freddie

Re: Foto's van pensinhoud

Posted: Thu Sep 24, 2009 8:54 pm
by kalahari
Dis my eerste boodskap op die blad, het nou aan gesluit. Boer naby Kalkrand in Namibie. Ek het 2 skelm jakkalse Reun en teef, hul antwoord nie eers meer as ek roep maar spore le elke dag in omgewing. ek ondervind dat die 2 jakkalse net paar dae oue lammers vang en glad nie die groter lammers vang nie, ondervind julle dit ook?

kalahari