Page 1 of 1

Maklike installering van Burris Eliminator

Posted: Thu Jan 12, 2017 10:33 am
by ruaanb
More manne

Hopelik help die iemand wat sukkel om die teleskoop te laat oplyn.

Stap 1: Bepaal die links/regs middelpunt van die teleskoop. Ek draai die stel knop heel regs en dan weer heeltemal links. In die proses tel ek die omwentelinge op die stel knop. Daarna draai ek dit weer die helfte terug. Daar is ander maniere ook maar die werk vir my.

Stap 2: Hang vir jou n loodlyn. Ek gebruik n rooi of swart tou met n sinker onder aan.

Stap 3: Sit teleskoop op en draai net effe vas.

Stap 4: Lyn geweer op met loodlyn en probeer om so goed as wat jou oog is dit in die middel van die loop te he as jy van agter af kyk.

Stap 5: Kyk deur teleskoop en druk vorentoe sodat dit mooi vas druk teen picatinny rail se opening aan voorkant.

Stap 6: Draai met die hand vas eers agter en dan voor terwyl jy seker maak dit skuif nie van die loodlyn af nie. Jy sal sien dat dit op die lyn begin bly soos wat jy vas maak.

Stap 7: Torque daai moere vas maar stukkie vir stukkie. Ek gee sulke kwart draaitjies en wissel dit tussen voor en agter af tot ek tevrede is. As jy dadelik styf vas maak op een punt kan jy die teleskoop van lyn af skuif.

Die verste wat ek nog uit vas met die metode was 2 clicks op 100m.

Hoop dit help iemand.

Re: Maklike installering van Burris Eliminator

Posted: Thu Jan 12, 2017 1:30 pm
by Boesman10
Jy kan daai scope sommer met bloudraad vasmaak hy sal nog steeds akuraat wees.

Re: Maklike installering van Burris Eliminator

Posted: Thu Jan 12, 2017 1:54 pm
by ruaanb
Net as jy kan wiskunde doen lol