Page 1 of 1

More is D-dag

Posted: Mon Jan 09, 2017 5:22 pm
by finch
Ek gee more n nuwe lisensie aansoek by SAPS in (38 bladsye). Kom ons hou duimvas dat dit nie te lank gaan vat nie.

Re: More is D-dag

Posted: Mon Jan 09, 2017 5:33 pm
by tripodmvr
Finch, as dit vir 'n bazooka is dan verstaan ek die lengte, maar vir geweer behoort een of twee bladsye te werk.

Re: More is D-dag

Posted: Mon Jan 09, 2017 5:49 pm
by finch
OK 38 bladsye is hele aansoek. Van blad 1 van SAPS 271 tot baldsy 38 n kopie van die bewys van my R140 betaling.

Ook wil ek sommer vir die beampte wat met my aansoek werk laat verstaan ek is nie bang vir papierwerk nie so probeer nou net my aansoek afkeur...

Re: More is D-dag

Posted: Mon Jan 09, 2017 5:54 pm
by Carl
finch wrote:OK 38 bladsye is hele aansoek. Van blad 1 van SAPS 271 tot baldsy 38 n kopie van die bewys van my R140 betaling.

Ook wil ek sommer vir die beampte wat met my aansoek werk laat verstaan ek is nie bang vir papierwerk nie so probeer nou net my aansoek afkeur...
As ek daarmee gewerk het, het ek dit afgekeur. ;D

Re: More is D-dag

Posted: Mon Jan 09, 2017 6:05 pm
by Andre308
Ons manne in die kaap wat Desember ingegee het, se papiere is vandag gelaai vir Joburg. Ons goed sal voor joune daar wees, so hou maar duim vas dat ons dokumente nie die manne so kwaad maak dat hulle jou goed afkeur nie!

Re: More is D-dag

Posted: Tue Jan 10, 2017 6:54 am
by Klein Chris
My aansoek was destyds 68 bladsye. Seker die rede hoekom ek 22 maande gewag het of miskien omdat ek 3 maande tevore geskei het

Re: More is D-dag

Posted: Tue Jan 10, 2017 1:34 pm
by finch
Toemaar klein Chris, my eerste bevoegtheid en lisensie aansoek het net minder as 3 jaar gevat en toe ek 2 jaar later n tweede lisensie aansoek insit toe vat dit net minder as 3 maande. So as SAPS nou daai trend volhou behoort hierdie aansoek net minder as 3 weke te wees. Mens kan seker maar bietjie droom ;-)

Re: More is D-dag

Posted: Thu Jan 19, 2017 5:20 pm
by finch
Gister (18/01/2017) sms ontvang met Ref wat sĂȘ dat DFO aandag gee aan my aansoek.

Stap 1 check

Re: More is D-dag

Posted: Thu Jan 19, 2017 5:44 pm
by James Wilson
Neewat oor die algemeen loop die aansoekke goed. Vriend van my het die sy aansoek die week voor Kersfees ingegee, en die goedkeuring sms die tweede week van Januarie gekry. My laaste lisensie van 2016 het 3 weke gevat vandat dit in PTA geland het

Re: More is D-dag

Posted: Fri Jan 20, 2017 12:23 am
by Arnold
My lisensie aansoek staan nog stil by receiving vanaf 17 November :(
Julle manne was lekker lucky!

Re: More is D-dag

Posted: Fri Jan 20, 2017 5:56 am
by honda2
Lyk my ons manne hier in die Kaap sukkel meer as daar bo. My papiere einde September by Bellville SAP ingegee en nogsteeds net SMS dat hulle daaraan begin werk... Papiere ook n maand lank hier in die Kaap gele aangesien die voertuig wat die aansoeke opneem slegs een keer n maand opry. Is koerier dienste dan nie n beter opsie nie? Sal glad nie omgee om die koste daarvan te dra as dit die proses versnel nie...

Re: More is D-dag

Posted: Fri Jan 20, 2017 10:03 am
by finch
In my geval het die polisie so bietjie meer as 3 maande om die aansoek te verwerk dan sal hul nog steeds die privaat sektor wen want die handellaar het meer as 3 maande gevat om die wapen se papiere aan hulle kant reg te kry (alhoewel hul verskoning was dat die polisie hul voete sleep met hul papiere)...

Re: More is D-dag

Posted: Thu Feb 23, 2017 11:32 pm
by finch
Vandag sms ontvang wat se lisensie is goedgekeur.

Moet se ek het verwag dat dit gaan langer vat. Was nog net 26 van die 90 toelaatbare werskdae.

Re: More is D-dag

Posted: Fri Feb 24, 2017 6:30 am
by tripodmvr
Lyk my hulle het geskrik vir die boek wat jy saamgestel het. Baie geluk.

Re: More is D-dag

Posted: Fri Feb 24, 2017 8:11 am
by finch
Dankie Oom 3poot. Dit was mos immers my plan van die begin af...

Re: More is D-dag

Posted: Fri Feb 24, 2017 8:20 am
by Chris Swart
tripodmvr wrote:Lyk my hulle het geskrik vir die boek wat jy saamgestel het. Baie geluk.
Ek dink hulle was nie lus om so baie te lees nie, toe keur hulle maar net die ding goed, uit vrees dat hy 'n dikker boek saam met sy apel gaan stuur. :laugh: