Page 1 of 4

Watter kaliber vir langafstand skiet.

Posted: Mon Jan 09, 2017 4:50 pm
by joe rocket
Watter kaliber sal julle manne kies om 1600yards en verder te skiet. Sal julle n 338, 3nul of 7mm bou. Sê ook die kaliber dop afgenek na tipe koeel wat julle sal gebruik. Hier moet ons die swaarste koeel met hoogste bc kies asook somchem kruit wat sal werk.

Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.

Posted: Mon Jan 09, 2017 4:59 pm
by Geno
Ek sou iets soos die 7mm Assegaai as minimum vat.
.338Lapua afgenek na 7mm en bietjie ge-ackley. Jan Nel hier op die forum se breinkind.
180gr JLK sal my koeel van keuse wees.

Die .375 Snipetac, 416 Barrett ens is ook goeie keuses, maar dryfkostes is baie hoog vir hulle. Maar, as man Formule-1 wil ry, moet jy die Ferrari kan koop en onderhou....

Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.

Posted: Mon Jan 09, 2017 7:31 pm
by PierrieT
My keuse sou die .408 CheyTac wees. Dis 'n monster van 'n kaliber vir lang afstand!

https://www.youtube.com/watch?v=t5m_vBSAFoA

Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.

Posted: Mon Jan 09, 2017 11:27 pm
by Capt. Yoda
Met die kruit wat ons nou het verseker n 7mm Saum en as ons iets kry of gehad het wat n bq groter dop mooi vol kry en n groot koel bq aan jaag n 7mm LRH.
180gr JLK of Berger Hybrid , daai 195EOL Berger in die LRH

Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.

Posted: Tue Jan 10, 2017 12:47 am
by joe rocket
Kaptein ek het n gatjeuk om n 7mm-300wsm of wm te bou, die asegaai is ook bo aan die lys, maar die 338 Umfezi en 300 norma magnum pla ook n bietjie. ;)

Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.

Posted: Tue Jan 10, 2017 5:33 am
by Heinz Petersen
300 Tombi
8x57 PMC doppe
27' Krieger loop 1-14
RSA enkel skoot aksie
Scope??

Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.

Posted: Tue Jan 10, 2017 7:08 am
by Hein (Haan)
Oom Heinz sal die 300 Tombi genoeg perde he om 1600 yd en verder te skiet.
Ek ken hom nie goed nie.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.

Posted: Tue Jan 10, 2017 7:24 am
by JPS
300 Norma mag met huidige kruite sal seker beste werk vir 1600y

Vir ELR oor 1600y sal Die 375 Cheytec my keuse wees hy word gesien as selfs beter as die 408 CT.

Ek persoonlik is baie gelukkig met my 388Lm met sy 30" Krieger loop en die 250gn scenars. Oor twee weke (hopenlik is daar lekker upgrade met kruit vir hom dan gaan ek bietjie kyk of ek die 300gn kan laat sing. As dit werk het ek nie die 375 CT nodig nie en sal ek gemaklik tot op my maks afstand van 2000y kan gaan.

Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.

Posted: Tue Jan 10, 2017 7:41 am
by Smitstertjies
JPS wrote:300 Norma mag met huidige kruite sal seker beste werk vir 1600y

Vir ELR oor 1600y sal Die 375 Cheytec my keuse wees hy word gesien as selfs beter as die 408 CT.

Ek persoonlik is baie gelukkig met my 388Lm met sy 30" Krieger loop en die 250gn scenars. Oor twee weke (hopenlik is daar lekker upgrade met kruit vir hom dan gaan ek bietjie kyk of ek die 300gn kan laat sing. As dit werk het ek nie die 375 CT nodig nie en sal ek gemaklik tot op my maks afstand van 2000y kan gaan.
Weet jy iets van nuwe dryfmiddel?

Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.

Posted: Tue Jan 10, 2017 7:51 am
by Heinz Petersen
Hein (Haan) wrote:Oom Heinz sal die 300 Tombi genoeg perde he om 1600 yd en verder te skiet.
Ek ken hom nie goed nie.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Met my 300 Tombi kry ek gereeld 3" groeperings op 1000m. Ek het al n plaat op 1250m raak geskiet. So, ja, ek reken die Tombie sal 1400m kan haal. Weet nie van verder nie.
Hoeveel manne hier op die forum skiet gereeld 1600y en van die manne praat van 2000y :):

Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.

Posted: Tue Jan 10, 2017 7:56 am
by swc-tr
Met my 300 Tombi kry ek gereeld 3" groeperings op 1000m.
Heinz, jy moet jouself aan die Protea F-klas keurders voorstel, hulle soek heelwat skuts van sulke formaat......... >:D

Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.

Posted: Tue Jan 10, 2017 8:25 am
by Pinkes
joe rocket wrote:Watter kaliber sal julle manne kies om 1600yards en verder te skiet. Sal julle n 338, 3nul of 7mm bou. Sê ook die kaliber dop afgenek na tipe koeel wat julle sal gebruik. Hier moet ons die swaarste koeel met hoogste bc kies asook somchem kruit wat sal werk.

More Joe

Ek dink jou vraag is bietjie moeiliker as dit,want jy sal met enigiets vanaf 7mm en groter regkom. Ek skiet daardie afstande so nou en dan en ek het 2 probleme.

Eerstens-Transonic/subsonic. Wat ek daarmee bedoel is dat as jy 'n caliber skiet wat vir die argument op 1600m transonic gaan dan raak die res bietjie onvoorspelbaar. Die punt kan as hy deur transonic gaan onstabiel raak en dit maak wat verder gebeur moeilik. Jou App kan se jy moet 73moa stel maar as jy uiteindelik op target kom moes jy 80moa gestel het. Dis die rede hoekom baie manne maar notas van hul oefensessie maak. So kyk na die caliber wat die minste die problem vir jou gaan gee en koop ordentlike punte soos Bergers vir die speeletjie!

En tweedens- Sorg dat jy afdraand kan skiet,want as jy op n gelyk oppervlak le dan slaan daar stof voor teiken uit en jy dink jy kort nog so 2moa maar jy kan nie rerig sien hoe ver voor die teiken die stof geslaan het nie... Hierdie het my al baie patrone gekos. >:D

Die 2 problem wat ek het is nie noodwendig ander manne se problem nie maar ek wil dit maar net noem. ++>:

So om jou 'n antw op jou vraag te gee:(baie goeie punte soos bergers en jkl ens sal ek aanbeveel agv hul meer voorspelbaar is vir subsonic verstellings volgens jou App).

7mmRM met n 180gr Hybrid.1:9 twist
300wm met 'n 215gr Hybrid.1:10
338Lapua met verkieslik 300gr punt as die kruit beter was.

Die opsies wat ek hier gee is gewere wat maklik van die winkelrak af beskikbaar is.Maar kyk maar vir iets met n 26'' loop ten minste. Ek skiet self 'n 300wm en gaan hopelik my 7SAUM binnekort ook kan toets op die afstande.

Daar is n youtube channel van MARK and SAM after work. Die man skiet 2000y+ gereeld met sy 7RM en 300WM met groot sukses.


Jou 7/300wm is 'n goeie keuse.7LRM en JPS se 300Norma voorstel sal ek ook wil gebruik as jy iets sou bou.Hoor by die manne waste spoed kry het met die kombinasies en lees dit in jou App in om te sien watter een sal die speeletjie
die maklikste aanpak.

Hoop ek het gehelp en nie verder deurmekaar gemaak nie. Groete
P

FYI-Onthou jy gaan 'n scope kort met baie interne verstelling!!!!!!!! ;D

Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.

Posted: Tue Jan 10, 2017 10:26 am
by Eugene
Pinkes slaan die spyker op sy kop. 1600y lê nie hier nie en daar is 'n fris verskil tussen 1000y en 1600y. Jou grootste struikelblok gaan wees hoe om jou skote te kan sien op daai afstand. Selfs met die beste/duurste teleskope op die mark, kan jy nie in swak toestande maklik tussen raak en mis onderskei nie. Ons het al op 'n myl geskiet en daar was omtrent 10 hits gecall gewees tussen 15 skuts en toe ons vorentoe ry, was daar net 5 merke op die gong....

So ek sal voorstel dat terwyl jy wag vir daai Super Sniper geweer se lisensie, moet jy jou plan vir 'n kamera sisteem agtermekaar kry, anders gaan jy jouself baie frustreer en baie doppe maak. Dit bly lekker om 50 skote te gooi op 'n myl en al skiet jy net een raak, voel jy vir 'n ruk soos Chris Kyle. Maar as jy niks kan leer uit jou 49 misskote nie, het jy nie eintlik veel bereik nie, behalwe om die geweerwinkel te laat glimlag....

Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.

Posted: Tue Jan 10, 2017 1:48 pm
by joe rocket
Baie dankie vir julle wyse raad en veral vir Pinkes, jy verstaan die besigheid. Wat dink julle van n Jeffrey 404 dop afgenek na 7mm sal lekker werk met ons kruit. 195gr Hornady ELD sal maklik 2800 V/sek loop. En ja ai dan is daar nog die 7mm 300.

Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.

Posted: Tue Jan 10, 2017 4:13 pm
by Gerhardu
joe rocket wrote:Baie dankie vir julle wyse raad en veral vir Pinkes, jy verstaan die besigheid. Wat dink julle van n Jeffrey 404 dop afgenek na 7mm sal lekker werk met ons kruit. 195gr Hornady ELD sal maklik 2800 V/sek loop. En ja ai dan is daar nog die 7mm 300.
Joe hulle noem dit n .28 Nosler.

Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.

Posted: Tue Jan 10, 2017 4:20 pm
by joe rocket
Ek weer gehoor hulle noem dit die 7mm Jedi, maar dis seker die man wat die kaliber ontwerp het??

Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.

Posted: Tue Jan 10, 2017 4:21 pm
by Capt. Yoda
Ek hou baie van die LRH ontwerp, 7mm LRH en 30LRH maar die manne wat voel sy dop kan nooit te groot nie.. ....
300 Werewolf, 230gr Berger teen 3500fps

Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.

Posted: Tue Jan 10, 2017 4:34 pm
by Gerhardu
joe rocket wrote:Ek weer gehoor hulle noem dit die 7mm Jedi, maar dis seker die man wat die kaliber ontwerp het??
So ver as wat ek weet het Nosler hom ontwerp. Hulle het die 26Nosler en 30Nosler ook ontwerp.

Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.

Posted: Tue Jan 10, 2017 4:36 pm
by Gerhardu
Capt. Oblivious wrote:Ek hou baie van die LRH ontwerp, 7mm LRH en 30LRH maar die manne wat voel sy dop kan nooit te groot nie.. ....
300 Werewolf, 230gr Berger teen 3500fps
Jy weet wat gaan gebeur as jy besluit om n 7mmLRH ek gaan saam jou ene bou. Maar daai 300 Werewolf is spuls!

Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.

Posted: Tue Jan 10, 2017 5:10 pm
by Pinkes
Ja 28 Nosler of die 7LRM met 195 sal darem 'n dodelike combo wees.!!!

Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.

Posted: Tue Jan 10, 2017 5:37 pm
by Capt. Yoda
Gerhardu wrote:
Capt. Oblivious wrote:Ek hou baie van die LRH ontwerp, 7mm LRH en 30LRH maar die manne wat voel sy dop kan nooit te groot nie.. ....
300 Werewolf, 230gr Berger teen 3500fps
Jy weet wat gaan gebeur as jy besluit om n 7mmLRH ek gaan saam jou ene bou. Maar daai 300 Werewolf is spuls!

Ek gaan binne die volgende paar maande my WM na na ChrisJ toe vat om te verander of een van Oom Herme se aksies koop en vol custom gaan so soek solank n lang aksie CZ.

Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.

Posted: Thu Jan 12, 2017 9:10 am
by Sangoma (IAN)
So iets kan werk.... :o ++>: ++>: ++>:

Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.

Posted: Thu Jan 12, 2017 9:18 am
by Geno
Daar is nou 'n regte .222-50!

Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.

Posted: Thu Jan 12, 2017 9:27 am
by Apie
Geno wrote:Daar is nou 'n regte .222-50!
Met daai skouers voer hy soos n droom uit die magasyn.....

Sent from my D5803 using Tapatalk

Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.

Posted: Thu Jan 12, 2017 9:57 am
by Wouter Roets
joe rocket wrote:Baie dankie vir julle wyse raad en veral vir Pinkes, jy verstaan die besigheid. Wat dink julle van n Jeffrey 404 dop afgenek na 7mm sal lekker werk met ons kruit. 195gr Hornady ELD sal maklik 2800 V/sek loop. En ja ai dan is daar nog die 7mm 300.
Joe

Praat jy van n rondte wat op die vollengte 404 Jeffrey dop gebasseer is of n verkorte weergawe? Al die WSM ontwerpe sowel as die Rem SA Ultra mags en Rem Ultra Mags is op die 404 Doppe geskoei. So ook die meeste van die Dakota ontwerpe. Hierdie is maar die meer bekendes onder die kalibers, maar soos reeds genoem is daar n magdom ander ontwerpe.

Jy vra oor rondtes wat met ons beskikbare poeiers sal werk. Kom ons definieer dit en se jy wil n rondte he wat jou gekose koeel met die poeier n vullings persentasie van ten minste 95% gee. Jy wil ook nog sonies op 1600 yards wees wat die idiaal is maar soos reeds gese kan dit met oefening en praktiese obsevasie oorkom word.

As ons na poeiers kyk dan kan ons die rondtes vat wat tot en met S385 goed sal doen, maar die meeste van hulle gaan jy sukkel om n koeel geskiet te kry wat nog sonies is by 1600 yards. Om in laasgenoemde te voldoen sal jy na rondtes moet kyk wat sal kan werk met B12,7. Hier sal jy n dopkapasiteit nodig he van ten minste 130gr plus en hierdie rontes gaan swaar wees op lope in die kleiner kalibers.

Ek sal na die eerste groep rondtes kyk en daar is n hele klomp beskikbaar in elke kaliber. Soos reeds gese in die PM sal ek jou vir dae kan besig hou met die opsies. In kort kan ek vir jou die volgende voorstel en ek sal nie na groter dopkapasiteite kyk nie. In 7mm sal dit n 284 Sheshane of 7mm Rem SA Ultra Mag wees. In 308 sal dit n 300 WSM wees en in 338 sal dit n 330 Dakota wees. Groter rondtes val uit die bus met ons poeiers, nie dat ek se hulle kan nie werk nie, maar ek gee jou net basies die idiaal vir die verskillende kalibers of naby aan dit.

Sterkte met die besluit.

Groetnis
Wout