Page 1 of 1
Austen geweer kluis
Posted: Wed Aug 03, 2011 4:31 pm
by 2.1
Dagse
Wil graag weet of iemand al al 'n Austen geweer kluis gehoor het, en wat is julle opinies?
Dit is 'n kluis wat deur Mutual safes verkoop word in SA.
Groete
Re: Austen geweer kluis
Posted: Wed Aug 03, 2011 4:44 pm
by martinf
Niks fout met die kluise nie maar kluise is maar duur. Die post was laas week erens op gesit en die pryse lyk heel goed. Kontak miskien vir die man.
"Pryse soos belowe.
Alles is splinter nuwe kluise baie mooi afgewerk, ek het fotos geneem met my sel maar weet nie hoe om te plaas vanaf sel nie. Hulle kan ook n kluis binne pasmaak en aflewering in Potch is 1-2 weke na bestelling
4Handgun safe 350x200x145 R540.00
20Rifle safe 1500x750x550 R5500.00
8rifle safe 1500x600x400 R3300.00
5Rifle safe 1500x350x350 R2900.00
3Rifle safe 1225x350x250 R2100
Laptop safe 450x450x150 R900.00
Blok"
Re: Austen geweer kluis
Posted: Wed Aug 03, 2011 5:04 pm
by baboonstalker
Een van my kluise is 'n Austen en hy is baie stewig gebou. Die Austen is ingerig vir 3 gewere en het heelwat rakke vir handwapens, amunusie en ander waardevolle items.
Die kluis sluit met 'n sleutel en het 3 x 25mm staal penne wat sluit met die draai van 'n hefboom.
Re: Austen geweer kluis
Posted: Wed Aug 03, 2011 5:34 pm
by Christiaan
Hallo,
Ek het ook n Austen 8 geweer kluis en hou baie van hom. Dis weereens n geval van hulle is bietjie duurder, maar in my opinie kry jy waarvoor jy betaal (kwaliteit). Dit word ingevoer deur Mutual Safes. Die kluis is aan die binnekant met mat uit gele en het 4 rakke. As jy in Pta bly, hulle skou kamer is in Silverton. Sal later probeer n photo opsit.
Groete,
Christiaan
Re: Austen geweer kluis
Posted: Wed Aug 03, 2011 6:22 pm
by blaser
christiaan
is jy seker hulle voer die kluise in
Re: Austen geweer kluis
Posted: Wed Aug 03, 2011 7:09 pm
by 2.1
Ek het ook al na die kluise gaan kyk en hou daarvan. Daar is net een ding wat ek nie van hou nie, en hoop dit os verkeerd. Dit is dat hulle in China gebou word.
Aan die ander kant is ek dalk verniet bekommerd maar het groot geword "Made in China" is nie goed nie.
Groete
Re: Austen geweer kluis
Posted: Wed Aug 03, 2011 7:20 pm
by blaser
stem saam made in china dan moet hulle goed koop wees en nie duurder nie
Re: Austen geweer kluis
Posted: Wed Aug 03, 2011 7:32 pm
by Beretta
Remington
Ja jy kry nie sleutels by jy kry n can opener saam

Beretta
Re: Austen geweer kluis
Posted: Wed Aug 03, 2011 7:58 pm
by Christiaan
Hi almal,
My buurman werk by hulle. Sal more hom gou bel en dan die feite gee.
Christiaan
Re: Austen geweer kluis
Posted: Thu Aug 04, 2011 3:55 pm
by Christiaan
Hallo julle,
OK hier is wat my buurman met my gedeel het. Die MK en RHS reekse word in SA vervaardig. Die MG en JQ reekse word ingevoer.
Hy weet die JQ reekse kom van China af en hy dink die MG kom van Korea af.
Hier is die sakel na hulle webwerf toe:
http://www.mutual.co.za/index.php?page=safes7
Dit pla my nogal dat my kluis (reeks no: JQ140KC) van China af kom, maar ek was by hulle skou kamer en die afwerking en kwaliteit volgens my is baie beter as die wat hulle hier bou.
2.1,
As jy een soek en op die model besluit het pm my. Dan kan ek kyk om miskien vir jou so bietjie korting te onderhandel as jy sou belangstel. My buurman skuld my een.
Groete,
Christiaan
Re: Austen geweer kluis
Posted: Thu Aug 04, 2011 6:08 pm
by 2.1
Ek kyk tans na n MG5174K kluis wat dan van Korea af kom. Dit is n 5 geweer kluis met klein kluis binne in. Dit is baie nekies en voldoen tog aan SABS standaarde vir wat dit mag werd wees. Soos ek verstaan is daar ook geen waarborg nie. Dit is nou nie vir inbreek nie, maar as n slot of handvatsel of iets breek. Die enigste rede hoekom ek navrae doen oor waarborg is oor dit van daai deel van die wereld afkomstig is.
Groete
Re: Austen geweer kluis
Posted: Thu Aug 04, 2011 7:36 pm
by JPS
2.1
In terme van die CPA moet daar ten minste 'n 6 maande waarborg op enige item wat verkoop word gegee word.Dit is vir defektiewe produkte en waar die item nie misbruik en verander is nie. So jy sal ten minste 6 maande waarborg moet kry.
Groete
JP
Re: Austen geweer kluis
Posted: Thu Aug 04, 2011 7:58 pm
by 2.1
JPS wrote:
2.1
In terme van die CPA moet daar ten minste 'n 6 maande waarborg op enige item wat verkoop word gegee word.Dit is vir defektiewe produkte en waar die item nie misbruik en verander is nie. So jy sal ten minste 6 maande waarborg moet kry.
Groete
JP
Dit is seker beter as niks maar in terme van kluis leeftyd is dit nie veel nie.
Moet by se dat dit maar nog my eerste keuse is, en waarskynlik een koop. Wou
maar net weet wat die jaracal mense van die kluise se.