Page 1 of 1

375H&H en S365?

Posted: Sun Jan 01, 2017 9:29 pm
by vbd
Ek wil weet of ek S365 op die 375 kan gebruik? Ek skiet tans 270gr peregrine bushmasters met S335.

Ek wil nie spoed jaag nie, enige iets rondom 2450-2550 is vir my reg.

Re: 375H&H en S365?

Posted: Sun Jan 01, 2017 10:09 pm
by Giepie
Ek het nou nie my data by my nie, so probeer maar onthou. Ek gebruik op daardie koeƫls S355 of S341. In my geweer werk dit die beste. Ek het al S365 probeer, maar dan is dopvulling geneid om oorvol te raak. Akkuraatste ladings was met S355, met S341 kortkop tweede. S365 het weens die gekompresde lasdings te veel gewissel in spoed.

Re: 375H&H en S365?

Posted: Mon Jan 02, 2017 2:18 pm
by vbd
Ek sal bietjie probeer, my geweer gee net vinnig druk met 335. Met 60gr S335 is die primer al heel plat geslaan, het nie spoedlesings nie. My ou ladings was 60gr 335 met 300gr pmp/hornady/woodleigh ronde neuse.

Dis hoekom ek wonder of ek nie dalk met 365 sal regkom nie?

Re: 375H&H en S365?

Posted: Mon Jan 02, 2017 2:25 pm
by tripodmvr
Toets albei. S365 werk met die 270-300 greiners. Ligter projektiele is S355 die antwoord.

Re: 375H&H en S365?

Posted: Mon Jan 02, 2017 4:43 pm
by M98mauser
Kan se met n 270 gr Barnes TSX punt werk S365 vir my perfek,lekker vol dop skiet mooi.

Re: 375H&H en S365?

Posted: Mon Jan 02, 2017 6:07 pm
by JVT172
Skiet ook S355 in my 375H&H

Re: 375H&H en S365?

Posted: Wed Jan 04, 2017 8:30 am
by ZKK
Ek het wel S365 in my geweer gelaai met 300gr koeels.
Ek moes wel beweeg na n effense laer node want soos reeds gese, was die dopvulling hier rondom 110% om by 2600 ft/s uit te kom.
So as ek reg kan onthou hardloop my 300gr nou so rapsie oor die 2500 ft/s.