Gisteraand se gelukkie
Posted: Fri Dec 30, 2016 8:41 am
Kon gisteraand se lekker weer net nie so laat verbygaan nie. Bietjie gaan roep en vining het ek n jong teef gepiets. Baie lank gewag om te kyk of sy n maat het maar die jakkalse antwoord net in die verte. Het my staanplek verander dat ek min of meer in die area is waar hulle geantwoord het. Na omtrent n half uur was die oe opgetel. Die reun het met n gallop ingedraf met n teef kort op sy hake. Het vining die reun geskiet en toe die teef in die hardloop geklap. Was duidelik dat sy wou nie gaan staan omrede sy sommer laat loop het. Gelukkig was dit lekker naby skote. Na lang tyd van stilte het ek hulle gaan optel. Daar waar die reun moes wees le net n groot plas bloed en het skuim bubbeltjies in wat my se dat ek hom sleg deur die longe geskiet het. Ek glo dat die ou dit nie sal maak nie maar nogsteeds wil mens hulle op die bakkie he. Kan ook nie verstaan dat ek nie weer sy oe opgetel het terwyl hy weggeglip het nie maar nou ja. Hier is die 2 tewe wat wel bakkie gery het