Page 1 of 1
Trail cam - email of mms
Posted: Tue Dec 20, 2016 3:23 pm
by Pieter 300wm
Middag manne
Ek kom vra bietjie raad. Wat gaan die beste en goedkoopste manier wees om die foto's na my toe te stuur? Mms of emails?
Groete Pieter
Re: Trail cam - email of mms
Posted: Tue Dec 20, 2016 3:36 pm
by henried
MMS is so 80c/photo.
Die winkel wat die email TC verkoop moet jou ook wys hoe om die email te maak werk.
Die SpyPoint TC can jy per jaat betaal dan laai hy dit na hulle site, hier is manne op die forum wat dit gebruik, vir my was dit te duur.
Na watter maak kyk jy?
Re: Trail cam - email of mms
Posted: Tue Dec 20, 2016 3:43 pm
by Stephan86
As jy nog nie 'n kamera gekoop het nie oorweeg RikRhino. Hul kameras stuur die foto na 'n server, jy kan dan op jou rekenaar of foon na die fotos kyk wanneer jy wil. Die fotos wat na die server gestuur word is baie "compressed" om dit kleiner te maak dus goedkoper, maar die hoë kwaliteit fotos is steeds op die kamera as jy dit benodig. Ons kamera neem so 300 fotos n maand en dit kos ons so R100 se data wat ons op die sim van die kamera laai.
Re: Trail cam - email of mms
Posted: Tue Dec 20, 2016 3:46 pm
by henried
stephan86 wrote:As jy nog nie 'n kamera gekoop het nie oorweeg RikRhino. Hul kameras stuur die foto na 'n server, jy kan dan op jou rekenaar of foon na die fotos kyk wanneer jy wil. Die fotos wat na die server gestuur word is baie "compressed" om dit kleiner te maak dus goedkoper, maar die hoë kwaliteit fotos is steeds op die kamera as jy dit benodig. Ons kamera neem so 300 fotos n maand en dit kos ons so R100 se data wat ons op die sim van die kamera laai.
Ek stem, beste speelding wat daar is...
Toe ek hom getoets het het dit op so 6c/foto uit gewerk.
Re: Trail cam - email of mms
Posted: Wed Dec 21, 2016 11:42 am
by Pieter 300wm
Ek het 'n TC by 'veld en vlei goeters' gekoop nou wil ek maar net weet by die manne wat al ken, wat gan gaan die beste wees bedoelend goedkoopste?. Mms of email.
Re: Trail cam - email of mms
Posted: Wed Dec 21, 2016 11:45 am
by henried
MMS is duur, email werk nie.
Toe ek toetse gedoen het vir 'n boer kon ek nie die email maak werk nie. Die winkles self kon dit nie eers maak werk nie.