Page 1 of 1

Case tumbler motortjie

Posted: Mon Dec 19, 2016 12:21 pm
by Viking
Jis Manne,

Ek soek ernstig na 'n 1/40 hp AC motortjie om my Midway case tumbler weer te laat loop. Karkas is so te sê nuut.

Myne het "uit gebrand"....warm geraak en toe slaan die vlamme uit - kon lelike skade veroorsaak het as die garage afgebrand het!!

Enige raad (binne perke vir die grapgatte) sal waardeer word...ek is maar broos oor die verlies!

Re: Case tumbler motortjie

Posted: Mon Dec 19, 2016 12:33 pm
by alecjohnson

Re: Case tumbler motortjie

Posted: Mon Dec 19, 2016 1:07 pm
by Viking
Alec

Dankie vir jou hulp...ek gaan dit eers kan bepaal as ek die motortjie uit gehaal het.

Mounting is 4 stud vs die een wat net 2 stud is en Anti Clockwise hardloop.

Re: Case tumbler motortjie

Posted: Mon Dec 19, 2016 1:35 pm
by JTM
Probeer dalk eers daai motortjie uithaal en foto plaas dat ons kan vergelyk met plaaslik beskikbaar is.

Ek gebruik 'n verkoelings fan motor vir myne. Kan dalk vir jou ook werk.

Re: Case tumbler motortjie

Posted: Mon Dec 19, 2016 1:52 pm
by Viking
Dankie Jannie - ek sal hom strip sodra ek tyd kry...maar gaan dalk eers tussen kersfees en nuwe jaar wees

Re: Case tumbler motortjie

Posted: Mon Dec 19, 2016 3:06 pm
by alecjohnson
Ja kyk oom, ek sou se laat ons sien en as ons nie ac kry nie is dit ie moeilik om 12v DC te laat werk vir jou nie, en mag dalk goedkoper wees.

Re: Case tumbler motortjie

Posted: Tue Dec 20, 2016 9:02 pm
by wlm
Dirk
Die Amerikaners is nogal gesteld op diens. Dit is min moeite om hulle per epos te kontak met jou probleem en dalk verras hulle jou met n nuwe motor.

Re: Case tumbler motortjie

Posted: Wed Dec 21, 2016 8:52 am
by Viking
Willem,

Dankie vir die bemoediging - ek is van geaardheid 'n positiewe mens, maar die keer het die Amerikaners my gedrop!!

Ek het nog net "automated mails" terug gekry, maar die "aliens" skitter in hul afwesigheid...is tjoepstil!!!

Re: Case tumbler motortjie

Posted: Mon Jan 09, 2017 1:46 pm
by Viking
Willem,

Daai Amerikaners is as af...hulle is deesdae net 'n internet retailer wat nie buite die VSA verskeep nie. So my opsies is beperk en nou raak dit 'n soektog!!

So lyk die probleem:
Case tumbler motor.jpg

Re: Case tumbler motortjie

Posted: Mon Jan 09, 2017 2:02 pm
by tripodmvr
Cobus Cobb het met 'n 12V "wiper motor" vir hom 'n tumbler prakseer. Kan dit nie dalk werk nie?

Re: Case tumbler motortjie

Posted: Mon Jan 09, 2017 2:08 pm
by Cobus(Cobb)
Nee, wiper motor sal nie hier werk nie.
Jy soek 'n klein squirrel-cage, soos 'n aircon verkoeler motor....hulle is nog onder R300 as ek raai.
Pvdw is die baas op daai gebied, dalk lees hy hierso

Cheers

Re: Case tumbler motortjie

Posted: Mon Jan 09, 2017 3:15 pm
by Jacques van Eeden
Ek het my tumbler se motortjie vervang met 'n "extractor fan" se motortjie soos wat jy in die badkamer se dak insit.

Re: Case tumbler motortjie

Posted: Mon Jan 09, 2017 3:22 pm
by Rudie
Hier is wat ek op die tumblers gebruik. Die fan word gebruik op die evaporator in koel en vrieskamers. Een van die blades word met 10.5mm boorpunt geboor
op die punt en dan word 'n M10 bout gebruik om die blade van balans af te gooi. Enige lokale verkoelings firma in die area sal kan help andersins laat weet my dan help ek.
20170109_151837.jpg
Sent from my SM-G920F using Tapatalk

Re: Case tumbler motortjie

Posted: Mon Jan 09, 2017 3:37 pm
by Cobus(Cobb)
Rudie wrote:Hier is wat ek op die tumblers gebruik. Die fan word gebruik op die evaporator in koel en vrieskamers. Een van die blades word met 10.5mm boorpunt geboor
op die punt en dan word 'n M10 bout gebruik om die blade van balans af te gooi. Enige lokale verkoelings firma in die area sal kan help andersins laat weet my dan help ek.
20170109_151837.jpg
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Die is presies wat ek van praat ja, my droë tumbler werk ook op hom.

Cheers

Re: Case tumbler motortjie

Posted: Mon Jan 09, 2017 3:58 pm
by PWV
Hoekom sal 'n "wiper" motortjie nie werk nie. Die bottel draai op twee sulke rollers waarvan een deur die motor aangedryf word. Werk 100%.

Dirk, die konstruksie van jou tuimelaar mag dalk verskil sodat hy nie sal werk nie??

Re: Case tumbler motortjie

Posted: Mon Jan 09, 2017 6:58 pm
by fjoubert
Ek het n ou wasmasjien motor wat ek wil probeer. Waar koop ek n bottel wat kan werk? Jammer as ek hijack

Sent from my SM-G610F using Tapatalk

Re: Case tumbler motortjie

Posted: Mon Jan 09, 2017 9:05 pm
by PWV
Dit is 'n plastiek bottel waarin die pasta, wat werktuigkundiges gebruik om hul hande skoon te kry, kom. Lekker dik plastiek. Weet nie van 'n plek wat die bottels verkoop nie.

Re: Case tumbler motortjie

Posted: Mon Jan 09, 2017 9:31 pm
by Cobus(Cobb)
Gaan wasmasjien motor se RPM nie te veel wees nie??

Re: Case tumbler motortjie

Posted: Mon Jan 09, 2017 9:49 pm
by junglejulian
oom Pieter Hul Praat van n droe tumbler wat met Okkerneut Media werk.daarvoor werk die stadige rpm van die wipermotor nie.

Die Extractor motor soos in Rudie se post werk baie goed.Hul kom in 16W en 25W motors.Altwee loop teen selfde rpm die 25W is net onnodig swaar.

Re: Case tumbler motortjie

Posted: Tue Jan 10, 2017 7:54 am
by Viking
PWV wrote:Hoekom sal 'n "wiper" motortjie nie werk nie.

Dirk, die konstruksie van jou tuimelaar mag dalk verskil sodat hy nie sal werk nie??
PWV,

Om enige twyfel uit te klaar...so lyk die case tumbler!

'n Wiper motor sal nie pas nie en is te stadig.

Dis reeds 'n uitdaging om die evaporator motor aan te heg sonder om die bak vol nuwe gate te boor!
Case tumbler.jpg

Re: Case tumbler motortjie

Posted: Tue Jan 10, 2017 8:02 am
by blaser
dis logies n wiper motor sal nie werk nie sy spoed is te stadig en die 12 volt is ook n probleem

Re: Case tumbler motortjie

Posted: Tue Jan 10, 2017 8:35 am
by PWV
Jammer, ek het die kat aan die stert beetgehad.

Re: Case tumbler motortjie

Posted: Wed Jan 11, 2017 6:39 pm
by fjoubert
Ja die wasmasjien motor is te vinnig om direk te koppel, sal gears moet gebruik om spoed af te bring

Sent from my SM-G610F using Tapatalk

Re: Case tumbler motortjie

Posted: Fri Jan 13, 2017 11:28 am
by Viking
Dankie al die manne vir julle raad en ondersteuning.

Rudie se verwysing na "evaporator" het my tor terug gesit op die prop...toe ek in die garage krap het ek een!!

My tumbler loop al met die eerste klomp doppe!!