Page 1 of 2

my 1ste behoorlike ekskursie

Posted: Sat Dec 17, 2016 3:16 pm
by ruaanb
Ek kuier tans hier in Lutzville by my goeie vriend Marco vir n beplande langafstand skiet sessie.

Gister middag het my begaafde vriend sommer gou gou n muzzle brake vir my 300wsm gemaak. Kyk n brake raas maar as hy reg is vat hy ongelooflik baie recoil weg. Sommer ook gou gou lading verfyn want ek moes aanpassings maak.

Vanoggend vroeg vertrek ons na Marco hulle se privaat plekkie om te gaan lood gooi.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20161217/88d722a10587f48a6e7d7948b44091cc.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20161217/ecb01d36729c092deb7f19d2b092f01e.jpg

Re: my 1ste behoorlike ekskursie

Posted: Sat Dec 17, 2016 3:22 pm
by ruaanb
Na gewere almal mooi gezero is begin ons ernstig skiet.
op 200m en 378m sien ek die wsm en eliminator loop mooi saam en sing die gong elke slag 1ste keer.
skuif toe na 608m gong en hier skiet ek toe ietwat hoog en bo oor.
Ek speel rond met die drop en kry hom toe reg.
Ek skiet toe twee puik skote op 608m op die gong. dit is die boonste skote.
Ek stel toe weer bietjie aan die drop en skiet toe die laer skoot.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20161217/60081dbeaeca8dc19a0b76fbe461c3df.jpg

Re: my 1ste behoorlike ekskursie

Posted: Sat Dec 17, 2016 3:26 pm
by ruaanb
Ek skuif toe na die 831m gong en kry op hom n 1st round hit.
Die windjie begin toe met sy streke terwyl ek aan le op die 900m gong.
1ste skoot mis maar 2de skoot raak.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20161217/efb4afdcedb9cbbfebad155eee83f852.jpg

Re: my 1ste behoorlike ekskursie

Posted: Sat Dec 17, 2016 3:27 pm
by ruaanb
Dis dan toe ook waar die Eliminator in kombinasie met die lading sy limiet bereik. Ek probeer toe op die 1250m gong met holdover met behulp van die reticle funksie in Strelok.
Dit was net net kort na 3 skote maar helaas kon ek nie nie meer kompenseer nie want dan is gong nie meer in scope nie.

Re: my 1ste behoorlike ekskursie

Posted: Sat Dec 17, 2016 3:39 pm
by ruaanb
Die Eliminator het my verbaas en het elke gong selfs die een op 1250m sonder sukkel gerange.

Ek het sommer vir die lekkerte n skoot of 2 met Marco se 6. 5 creedmore gevat en die gonge gelui met die beste n 1st round hit op 831m.

Ek het ook bietjie met die 222 gespeel en die beste was n 1st round hit op 422m. Was baie tevrede want die windjie het sommer lekker begin stoot.

Dit was regtig n besonderse ervaring vir my so hopelik kan ek meer gereeld tyd kry daarvoor.

Baie dankie my maat Marco vir n besonderse naweek en vriendskap.

Nou gaan ons braai!

Re: my 1ste behoorlike ekskursie

Posted: Sat Dec 17, 2016 3:44 pm
by ruaanb
oja my mater het hom vererg en die groepie op 1000m geskiet.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20161217/12bc991fd4d374bf6613109ca7950b2c.jpg

Daarna het hy die gong op 1250m laat lui asof daar nie einde is nie.

Re: my 1ste behoorlike ekskursie

Posted: Sat Dec 17, 2016 4:40 pm
by PWV
Wat het jy ge-eet of gedrink om so te skiet? >:+

Re: my 1ste behoorlike ekskursie

Posted: Sat Dec 17, 2016 5:03 pm
by Heinz Petersen
PWV wrote:Wat het jy ge-eet of gedrink om so te skiet? >:+
Dit is seker die vars lug daar. Nou gaan ons hom nie meer op Durbanville se baan sien nie. As jy eers daai bel afstande skiet wil jy nie meer 300m, 400m en 500m skiet nie.
Hy lyk ook sommer so windgat. :)

Re: my 1ste behoorlike ekskursie

Posted: Sat Dec 17, 2016 5:13 pm
by Gian_dP
Mooi geskiet Ruaan en Marco!

Re: my 1ste behoorlike ekskursie

Posted: Sat Dec 17, 2016 5:17 pm
by ruaanb
PWV wrote:Wat het jy ge-eet of gedrink om so te skiet? >:+
N muzzle brake en olof bergh oom.....werk mooi vir die recoil en bewe!

Re: my 1ste behoorlike ekskursie

Posted: Sat Dec 17, 2016 5:18 pm
by ruaanb
Heinz Petersen wrote:
PWV wrote:Wat het jy ge-eet of gedrink om so te skiet? >:+
Dit is seker die vars lug daar. Nou gaan ons hom nie meer op Durbanville se baan sien nie. As jy eers daai bel afstande skiet wil jy nie meer 300m, 400m en 500m skiet nie.
Hy lyk ook sommer so windgat. :)
nog nooit nie man moet bly oefen!

Re: my 1ste behoorlike ekskursie

Posted: Sat Dec 17, 2016 5:18 pm
by ruaanb
Gian_dP wrote:Mooi geskiet Ruaan en Marco!
Dankie!

Re: my 1ste behoorlike ekskursie

Posted: Sat Dec 17, 2016 5:55 pm
by Bierseun
Baie mooi daai !!!


Sent from my iPad using Tapatalk

Re: my 1ste behoorlike ekskursie

Posted: Sat Dec 17, 2016 6:36 pm
by Diesel Dog
ruaanb Mooi geskiet.

Ek het nou al 4 van die scopes vir skiet maters gemonteer en die manne sukkel om hom reg gekalibreer te kry as jy hom die werklike bullet drop op 700m gee dan loop hy mooi tussen 400 en 750m,maar onder 400 is hy uit.As jy met die bc speel dan kry jy hom beter maar dan raak hy weer uit vir die verder skote.

Na die naweek se long range ondervinding en jy moes weer n scope opsit sou jy die selfde tipe scope gebruik of sou jy n scope met n gekalibreerde kruisdraad en stel knoppe verkies

DD

PS is dit n optiese illusie of het daai gong op 900m n dun nek soos n hemp luis?

Re: my 1ste behoorlike ekskursie

Posted: Sat Dec 17, 2016 9:49 pm
by Andre308
Diesel Dog wrote:ruaanb Mooi geskiet.

Ek het nou al 4 van die scopes vir skiet maters gemonteer en die manne sukkel om hom reg gekalibreer te kry as jy hom die werklike bullet drop op 700m gee dan loop hy mooi tussen 400 en 750m,maar onder 400 is hy uit.As jy met die bc speel dan kry jy hom beter maar dan raak hy weer uit vir die verder skote.

Na die naweek se long range ondervinding en jy moes weer n scope opsit sou jy die selfde tipe scope gebruik of sou jy n scope met n gekalibreerde kruisdraad en stel knoppe verkies

DD

PS is dit n optiese illusie of het daai gong op 900m n dun nek soos n hemp luis?
LMGA

Jy se "hemp luis"

Re: my 1ste behoorlike ekskursie

Posted: Sat Dec 17, 2016 11:36 pm
by Nico Harris
Lyk goed Ruan. Geluk!

Re: my 1ste behoorlike ekskursie

Posted: Sun Dec 18, 2016 12:08 am
by JacquesT (Stompe)
Lekker Ruaan, nou is geen gong meer veilig nie.

Re: my 1ste behoorlike ekskursie

Posted: Sun Dec 18, 2016 3:03 am
by SakoTrippel2
Mooi gegooi Ruaan! Soos Stompe sê geen Gong is veilig! Bly die Burris bring sy kant!

Groete
Frans

Re: my 1ste behoorlike ekskursie

Posted: Sun Dec 18, 2016 8:05 am
by ruaanb
Dankie manne!

@DD - Ek het alles gedoen presies soos hulle se maar ek verander altyd net aan die drop tot ek reg is. Die bc los ek uit want hier maak ek seker ek gebruik die getoetste bc soos deur Bryan Litz.
Ook doen ek alles op die afstande soos hulle aanbeveel in yards. Paar interessante somme al gedoen maar dit is wat vir my werk.

Persoonlik dink ek die scope is yster tot op 600/700m as jy hom reg het maar daarna soek jy die 20moa rails en turrets wat kan draai etc.

Ek sal hom nie verkoop nie maar gaan in die toekoms vir my n taktiese teleskoop opsit en die een hou net vir jag.

Re: my 1ste behoorlike ekskursie

Posted: Sun Dec 18, 2016 10:03 am
by PWV
Ja, sekere mense het 'n scope in die jagveld nodig wat vir hulle aandui waar om te mik. ;)

Re: my 1ste behoorlike ekskursie

Posted: Sun Dec 18, 2016 11:06 am
by ruaanb
PWV wrote:Ja, sekere mense het 'n scope in die jagveld nodig wat vir hulle aandui waar om te mik. ;)
maar dis so lekker....mik en druk.....my broer se mos dit voel vir hom soos laser tag games.Image Image Image

Re: my 1ste behoorlike ekskursie

Posted: Mon Dec 19, 2016 9:54 am
by Marc
Baie geluk, daai kombinasie werk duidelik mooi vir jou :)

Hou ons op hoogte !

Re: my 1ste behoorlike ekskursie

Posted: Mon Dec 19, 2016 10:02 am
by Ben
Lekker Ruaan.........Is darm maar lekker as mens die gonge so hoor "Dingggg"
Lekker skiet setup wat julle daar het!

Re: my 1ste behoorlike ekskursie

Posted: Mon Dec 19, 2016 11:31 am
by joe rocket
Daai bel afstande is sommer baie lekker! Nou het die gogga jou gebyt. Gooi lood!

Re: my 1ste behoorlike ekskursie

Posted: Mon Dec 19, 2016 11:44 am
by WicusdP
Groot voorreg om toegang te hê tot sulke fasiliteite waar julle kan lang afstande gooi!!