Oranje "stink horn" tipe paddastoel
Posted: Fri Dec 16, 2016 9:14 pm
Daar is in 'n mens se lewe sulke onbenullighede wat mens waarneem, maar wat tog lewenslank 'n indruk op jou maak of jou bybly.
Een so 'n insident in my jong dae was waar ek in die veld gesit het en kyk hoe 'n slinkse hottentotsgot te werk gaan om termiete uit hul gate te lok en op te vreet. Hy nogal sukses gehad en het daardie termiete met ywer gevreet.
'n Ander geleentheid was waar ek in die Kruger Wildtuin aan 'n projek gewerk het. In ons omswerwinge het ons eendag op 'n klein voêl en 'n slang bymekaar afgekom. Die voêl het om een of ander rede nie vir die slang gevlug nie, terwyl die slang sy aandag op die voêl gehad het, maar dit nie aangeval het nie. Na 'n ruk het die voel 'n eier gelê en toe kom die slang en vreet die eier op.
Vandag het ek iets in die wereld van die fungi raakgeloop wat ek nog nooit vantevore self waargeneem het nie. Hierdie het oornag in die gras by my huis verskyn en ek het dit raakgesien toe ek oppad was om die gras te sny. Dit het 'n roomwit skag en die helder rooi/oranje kleur en trek 'n groot klomp brommers met die reuk wat dit afgee. Dis kompleet die reuk van 'n hond se maag wat gegaan het nadat hy die vorige dag 'n vrot stuk vleis gevreet het.