Page 1 of 2

Jou trofee fotos.

Posted: Tue Aug 02, 2011 12:35 pm
by Hugo
Ek vind dit semi onstellend dat so baie mense op die forum net nie 'n veer omgee oor hul fotos wat hul neem nie. Het mense dan nie meer trots op die bokke wat hulle jag nie?

Gras in die pad, sommer op die slagvloer, agter op die bakkie, helfte van die bok nie eers in die foto nie, le op die bokke, nee jong manne, ek weet mens kannie altyd die beste fotos neem nie mar mens kan darem probeer.

En die ou verskoning "daar was nie tyd gewees nie" dan wil ek my eie met klippe gooi so kwaad maak dit my, want daars altyd tyd, dit vat 5 min om 10 fotos te neem nie 2 ure nie.

Anyway ekt nou klaar gal gebraak.

Re: Jou trofee fotos.

Posted: Tue Aug 02, 2011 12:45 pm
by DWB
Hugo wrote: dan wil ek my eie met klippe gooi so kwaad maak dit my
Pasop net dat dit nie terugspat nie  ;D

Re: Jou trofee fotos.

Posted: Tue Aug 02, 2011 12:48 pm
by Hugo
Ek sal like om paar hier te sit van die fotos wat sleg geneem is, mar eks bang die manne neem aanstoot en wil my beet kry met paar plat hande.

Re: Jou trofee fotos.

Posted: Tue Aug 02, 2011 12:55 pm
by Frikkiedbr
Hello Hugo,

Daar sal 'n paar manne saam jou staan moenie worry nie :police:
Dit sal interessant wees sit die fotos op asseblief ;D

Re: Jou trofee fotos.

Posted: Tue Aug 02, 2011 1:02 pm
by Jagtersdok
Hugo wrote: eks bang die manne neem aanstoot en wil my beet kry met paar plat hande.
En jy is juis so klein en fyn ;D ;D

Re: Jou trofee fotos.

Posted: Tue Aug 02, 2011 1:05 pm
by Hugo
Mar ek is erg vinnig.

Re: Jou trofee fotos.

Posted: Tue Aug 02, 2011 1:06 pm
by henried
Ek stem saam met jou Hugo.

Op n ander forum het n ou ses ottertjies gekraam toe ek n opmerking van die slag pale maak wat hy afgeneem het.

Re: Jou trofee fotos.

Posted: Tue Aug 02, 2011 1:12 pm
by Hugo
Ek wou nou fotos plaas mar ek is nie lus vir 'n oor en weer modder gooiery nie, ek hoop net in die toekoms sal die manne dalk beter fotos neem van hul prooi.

Re: Jou trofee fotos.

Posted: Tue Aug 02, 2011 1:16 pm
by Gerhard
Hugo,

In plaas daarvan om te kla oor trofee fotos.

Hoekom sit jy nie vir die manne n kort lys bymekaar waarna hulle moet kyk voordat hulle fotos neem nie?

Dan weet die manne mos waarna gekyk moet word....

Re: Jou trofee fotos.

Posted: Tue Aug 02, 2011 1:20 pm
by Hugo
Ok almal kan tips gee ek gan net 1 gee.

1. Tel tog om hemelsnaam die bok regop dat hy mooi le, nie op sy sy nie, dit lyk of die arme ding uit gemoor is en 'n crime scene foto word geneem.

ok manne gooi jul tips.

Re: Jou trofee fotos.

Posted: Tue Aug 02, 2011 1:23 pm
by Jagtersdok
As die bok groot genoeg is en nie mooi wil l? nie, laat Sipho mooi agter die bok l? weg kruip en hom ondersteun.  Nou kan jy verder van die bok af sit en die horings baie groter laat lyk as wat hulle werklik is ;D

Re: Jou trofee fotos.

Posted: Tue Aug 02, 2011 1:25 pm
by PRIVATE RYAN
Moenies:

bloed, pensmis en longweefsel (dankie Matfield en Fourie)
swak skote (steek dit weg)
Bakkies, kragdrade en flappe in agtergrond
Los die foto's by die slagpale (dan is dit te laat)
Voet op trofee  (jy het mos klaar geskreeu DAKAKHY)

Moets:

SMILE
Son agter kamera man
Haal hoed af
Sit die dier in kniel posisie
Fotograaf l? op maag en neem op
Kry "blou lug" agter horings

Perfekte foto moet lyk of die dier
nog lewe.

Dis hoe ek daarvan hou.

Re: Jou trofee fotos.

Posted: Tue Aug 02, 2011 1:28 pm
by Hugo
PRIVATE RYAN wrote: Moenies:

bloed, pensmis en longweefsel (dankie Matfield en Fourie)
swak skote (steek dit weg)
Bakkies, kragdrade en flappe in agtergrond
Los die foto's by die slagpale (dan is dit te laat)
Voet op trofee  (jy het mos klaar geskreeu DAKAKHY)

LOS DIE BOK SE HORINGS UIT, BALANSEER DIT OF HOU AAN SY NEK VEL VAS, EN BLY WEG AGTER DIE HORINGS.

Re: Jou trofee fotos.

Posted: Tue Aug 02, 2011 1:30 pm
by PRIVATE RYAN
DONT'S

[img width=417 height=480]http://i234.photobucket.com/albums/ee27 ... zebra1.jpg[/img]

As jy nou alle jagters 'n swak naam wil
gee, dan sit jy so ie op Twitter

Re: Jou trofee fotos.

Posted: Tue Aug 02, 2011 1:34 pm
by Beretta
Private Ryan
Ja kyk sy camos ;D ;D ;D
Beretta

Re: Jou trofee fotos.

Posted: Tue Aug 02, 2011 1:46 pm
by Hugo
Eks bang een van julel klap my, Wyka is baie braaf, hys nie eers bang vir MATFIELD nie,

Re: Jou trofee fotos.

Posted: Tue Aug 02, 2011 1:49 pm
by Hugo
Kyk die swak foto

Kamera man se skaduwee is in die pad, hy staan en neem die foto, gras voor die bok se gesig, jagter het hoed op en kan amper nie herken word nie, en hy hou die horings vas.

[img width=560 height=332]http://i1142.photobucket.com/albums/n61 ... AG0641.jpg[/img]

Re: Jou trofee fotos.

Posted: Tue Aug 02, 2011 2:11 pm
by PRIVATE RYAN
Don't

[img width=327 height=480]http://i234.photobucket.com/albums/ee27 ... 881_n1.jpg[/img]

Do

[img width=560 height=420]http://i234.photobucket.com/albums/ee27 ... 937_n1.jpg[/img]

Wysheid kom met tyd

Re: Jou trofee fotos.

Posted: Tue Aug 02, 2011 2:15 pm
by Hugo
Don't

[img width=380 height=480]http://a5.sphotos.ak.fbcdn.net/hphotos- ... _369_n.jpg[/img]

Do

[img width=560 height=373]http://a8.sphotos.ak.fbcdn.net/photos-a ... 243565.jpg[/img]

Boogjag bring die beste in mens uit.

Re: Jou trofee fotos.

Posted: Tue Aug 02, 2011 2:17 pm
by PRIVATE RYAN
Brutal photoshop om bloed
weg te steek in foto 2.

Tel darem seker iets?

Re: Jou trofee fotos.

Posted: Tue Aug 02, 2011 2:20 pm
by Hugo
Now you see da fence

[img width=560 height=420]http://a4.sphotos.ak.fbcdn.net/hphotos- ... 3768_n.jpg[/img]

No you dont

[img width=560 height=420]http://a1.sphotos.ak.fbcdn.net/hphotos- ... 9238_n.jpg[/img]

Re: Jou trofee fotos.

Posted: Tue Aug 02, 2011 2:21 pm
by PRIVATE RYAN
Het julle op Powder se plaas gaan jag?

Re: Jou trofee fotos.

Posted: Tue Aug 02, 2011 2:22 pm
by Beretta
Hugo
Hoe lank het hy in die voerkraal gestaan of was dit in die boer se tuin gewees ek ken ook iemand wat die boer se troetel bwb geskiet het. ;D ;D ;D
Beretta

Re: Jou trofee fotos.

Posted: Tue Aug 02, 2011 2:24 pm
by Hugo
dis darem op so 800ha op Carolina, en daars orals beeskampe, maar gee hekke nie, so die goed loop waar hulel wil, enigste oordetlike plek was daar om foto te neem en toe sien ek die heining eers na die tyd.

Re: Jou trofee fotos.

Posted: Tue Aug 02, 2011 3:25 pm
by DWB
Hel, ek soek ook so heining wat jy sommer net aan en af kan sit