Knaldemper Toets
Posted: Sun Dec 11, 2016 10:54 am
Klomp jare gelede toe ek die .308 koop het ook 'n knaldemper gekoop. Dit was by S&O in Stellenbosch en ek het dit sommer daar by die geweersmid gekoop. Die demper het nie eintlik 'n fabrikaat naam nie. Hy is van metaal en redelik swaar.
So 2 jaar gelede opgradeer ek na die AimZonic knaldemper en was baie gelukkig. So 5 maande gelede besluit ek om die AimZonic vir die eerste keer skoon te maak en sit hom in die Layman Ultra Sonic skoonmaker. Daarna het die probleeme begin.
http://i677.photobucket.com/albums/vv134/boesman10/Silencers_zpsfgpbksc6.jpg
Staal knaldemper (1) op links en AimZonic (2) op regs (met 'n neoprene kous). Die probleem was dat ek nie meer kon groepeer soos vantevore. Punt was nog steeds die Impala 130 grein en lading presies dieselfde. Het gereken dat ek fout maak met herlaai. Het gereken daar is iets fout met die geweer. Het gereken ek maak fout met hoe ek skiet. Verlede week grawe ek toe die ou knaldemper uit en gaan baan toe. Die resultate was interessant.
http://i677.photobucket.com/albums/vv134/boesman10/Silencer%20Test%203_zpsicxw4wde.jpg
Die twee skote onder links was my eerste twee "fouling" skote van die skoon loop. Daarna sal ek skiet met demper (1), hom afskroef en demper (2) aansit en dan met hom skiet. Na hierdie eerste teiken reken ek dat ak miskien fout maak.
http://i677.photobucket.com/albums/vv134/boesman10/Silencer%20Test%202_zpscx7tzy5q.jpg
Ek skroef to weer demper (1) aan en skiet twee skote. Toe skroef ek demper (2) aan en skiet drie skote.
http://i677.photobucket.com/albums/vv134/boesman10/Silencer%20Test%201_zpsf3frdlo1.jpg
Net om seker te maak vir 'n derde keer skroef ek demper (1) aan en daarna demper (2). Het glad nie 'n verduideliking oor hoekom daai AimZonic so sleg groepeer nie maar baie dankbaar dat daar niks fout is met my herlaai of met die geweer nie.