Page 1 of 1

Eerste Blesbokke vir Pa en Seun

Posted: Wed Dec 07, 2016 3:25 pm
by Copper
Die afgelope winter kon ek my swaer, Pierre, en sy seun Dian saamvat op n jag om hul eerste bokke te skiet.
Was werklik n besonder lekker trippie, aangesien ek my klong en my pa saam met gehad het, en kon drie generasies saam jag. Die oukerel raak so effe oud, maar op 73 skiet sy 264 mag nog nie mis nie.
Hy het jare ge-oes in Namibie ('67-90 -en als op die voete tydens n 14 dae vakansie), en ek dink dit was in 1987/88 erens wat hy sy 1000ste koedoe geskiet het.

Terug by die die twee - elkeen het n blesbok gekry, hul ontgroening deurgemaak, en sommer op die koop toe, geleer slag en veiswerk.
Die jaggogga het gebyt, en toe ons terugkom, het Pierre sommer met sy Bevoegdheid begin. Dalk sy ons binnekort weer loop jag, maar dieslag met sy eie roer.

My klong het self n mooi blesbok geskiet (18"), en ek moes maar tevrede wees met n ou ooi en jongerige takbokram.

Re: Eerste Blesbokke vir Pa en Seun

Posted: Wed Dec 07, 2016 3:27 pm
by Copper
1

Re: Eerste Blesbokke vir Pa en Seun

Posted: Wed Dec 07, 2016 3:28 pm
by Copper
3 generasies saam in die veld

Re: Eerste Blesbokke vir Pa en Seun

Posted: Wed Dec 07, 2016 3:28 pm
by Copper
Laastes

Re: Eerste Blesbokke vir Pa en Seun

Posted: Wed Dec 07, 2016 3:35 pm
by Kubus
Geluk aan almal, veral jou seun.
Om saam jou pa en jou seun te jag, moet n ervaring wees wat jou altyd sal bybly.
Nogmaals baie geluk aan die jongman.

Re: Eerste Blesbokke vir Pa en Seun

Posted: Wed Dec 07, 2016 3:43 pm
by Ashley
Baie geluk Copper!
3 Generasies saam is rerig iets spesiaal. Geluk aan die jong man ook!

Re: Eerste Blesbokke vir Pa en Seun

Posted: Wed Dec 07, 2016 4:14 pm
by FHM
Julle ou ysters!
Baie geluk!!! ;)

Re: Eerste Blesbokke vir Pa en Seun

Posted: Wed Dec 07, 2016 4:17 pm
by partner
Baie geluk en dankie vir die deel.

Re: Eerste Blesbokke vir Pa en Seun

Posted: Wed Dec 07, 2016 6:10 pm
by koos 2
Baie geluk

Re: Eerste Blesbokke vir Pa en Seun

Posted: Wed Dec 07, 2016 6:23 pm
by Pvdw
Daai is tyd wat geld nie kan koop nie!!

Re: Eerste Blesbokke vir Pa en Seun

Posted: Thu Dec 08, 2016 6:43 am
by LongWolf
Is darm maar lekker, geluk julle.

Re: Eerste Blesbokke vir Pa en Seun

Posted: Thu Dec 08, 2016 7:14 am
by PietWessie
Hoe se die engelsman? "Priceless" Baie mooi!

Re: Eerste Blesbokke vir Pa en Seun

Posted: Thu Dec 08, 2016 7:18 am
by win270
Groot herinneringe gebou, baie geluk aan al drie die geslagte!!

Re: Eerste Blesbokke vir Pa en Seun

Posted: Thu Dec 08, 2016 9:59 am
by Boesman10
Dit is vir my 'n ongelooflike ondervinding om mense te vat om hulle eerste bok te skiet. Die angs en vreugde so alles in een as daai bok eers le is iets wat jy lank net met daardie persoon kan deel. Geluk aan jou deur nuwe mense aan jag bekend te stel en geluk aan die nuwe jagters.

Re: Eerste Blesbokke vir Pa en Seun

Posted: Thu Dec 08, 2016 10:23 am
by ruaanb
Daai blesbok van Copper se seun is nogal 'n RW ook!

Re: Eerste Blesbokke vir Pa en Seun

Posted: Thu Dec 08, 2016 10:29 am
by Ashley
Nou gaan die nuwe jagters ook Jaracalers word!

Re: Eerste Blesbokke vir Pa en Seun

Posted: Thu Dec 08, 2016 2:56 pm
by Jonnas
Gooi da pa n Bells en baie geluk aan die jong man !!!

Re: Eerste Blesbokke vir Pa en Seun

Posted: Thu Dec 08, 2016 3:10 pm
by Dolf014
Baie geluk manne. Familie jag is regtig n voorreg.
Copper waar in die wereld het jy daai takbok geskiet?

Re: Eerste Blesbokke vir Pa en Seun

Posted: Thu Dec 08, 2016 5:08 pm
by Roxette
Wat n voorreg! Lyk dit was baie pret en geluk aan jou seun!!

Re: Eerste Blesbokke vir Pa en Seun

Posted: Fri Dec 09, 2016 2:33 pm
by Copper
Dolf014, was in Hoggsback gewees.
Daar was n werklik mooi trofee hoog in die berg waaragter ek aan was, maar gly toe op ys (was -6 grade op daardie stadium), en my knie knak onder my in. (Het al 5 operasies op die bleddie ding gehad). Sukkel toe berg-af, en kry toe darem die outjie. Sal maar die jaar die ander een loop soek.

Re: Eerste Blesbokke vir Pa en Seun

Posted: Sun Dec 11, 2016 12:29 am
by Tikka_25-06
Baie geluk. Mooi Ram!

Sent from my EVA-L19 using Tapatalk