Page 1 of 1

Magneto speed sporter

Posted: Tue Dec 06, 2016 11:28 am
by muishond
Dagsê
Kan die Magneto speed sporter aan n silencer gekoppel word?

Groete

Re: Magneto speed sporter

Posted: Tue Dec 06, 2016 11:34 am
by Arnold
Ek het gister 'n video gekyk en hulle het nee gesê, tot en met 'n 1"l oop blykbaar.

Re: Magneto speed sporter

Posted: Tue Dec 06, 2016 11:34 am
by ruaanb
Ja maar deursnit moet nie meer as 45 tot 50mm wees nie en Sensitivity Level moet op Hoogste setting wees.

Re: Magneto speed sporter

Posted: Tue Dec 06, 2016 11:36 am
by ruaanb
Arnold wrote:Ek het gister 'n video gekyk en hulle het nee gesê, tot en met 'n 1"l oop blykbaar.
Ek het die Sporter en gebruik dit op my gewere met dempers op.

Re: Magneto speed sporter

Posted: Tue Dec 06, 2016 11:40 am
by Jaktrap
Ruaan...
Het jy hom dalk al met en sonder getoets om te kyk hoe lesings vergelyk?

Re: Magneto speed sporter

Posted: Tue Dec 06, 2016 11:42 am
by ruaanb
Presies dieselfde ek kon geen verskil kry nie.

Re: Magneto speed sporter

Posted: Tue Dec 06, 2016 11:44 am
by Arnold
Dankie Ruaan, dit is nou wat lekker is dat mense hier eerstehandse kennis het!

Re: Magneto speed sporter

Posted: Tue Dec 06, 2016 11:49 am
by ruaanb
Plesier as iemand eers wil kyk of dit gaan werk op sy geweer of nie reel maar net dan maak ons plan.

Re: Magneto speed sporter

Posted: Tue Dec 06, 2016 12:26 pm
by tau
Ruaan ken sy Magnetospeed settings. My vervangings een werk baie mooi, is nog net my AR wat hy nie wil optel nie, dink die blast van flashhider is die probleem, want net na dit het ek ander gewere met en sonder knaldempers geskiet met lesings dadelik.

Re: Magneto speed sporter

Posted: Tue Dec 06, 2016 2:28 pm
by Henna308
Wie is die verspreiders van die Magnetospeed chrony's?

Re: Magneto speed sporter

Posted: Tue Dec 06, 2016 2:35 pm
by alecjohnson
Henna308 wrote:Wie is die verspreiders van die Magnetospeed chrony's?
fishers & shooters op Lichtenburg

Re: Magneto speed sporter

Posted: Tue Dec 06, 2016 2:48 pm
by ruaanb
Kaapse manne kan by VGK aan klop.

Re: Magneto speed sporter

Posted: Tue Dec 06, 2016 7:35 pm
by muishond
Dankie manne

Groete

Re: Magneto speed sporter

Posted: Wed Dec 07, 2016 12:13 pm
by kopskoot
Weet dis van die topic af, maar vir interresantheid.. my magneto tel nie n Hornady dgs op nie. Selfde setting met enige ander koeël werk klokslag, maar nie die Hornady nie. Ek neem aan dis te doen met daai vreeslike dun koper jacket

Re: Magneto speed sporter

Posted: Wed Dec 07, 2016 12:25 pm
by Chevvy SS
Het iemand dalk 'n onlangse prys hiervan?

Re: Magneto speed sporter

Posted: Wed Dec 07, 2016 12:25 pm
by alecjohnson
kopskoot wrote:Weet dis van die topic af, maar vir interresantheid.. my magneto tel nie n Hornady dgs op nie. Selfde setting met enige ander koeël werk klokslag, maar nie die Hornady nie. Ek neem aan dis te doen met daai vreeslike dun koper jacket
Watter kaliber?

Re: Magneto speed sporter

Posted: Wed Dec 07, 2016 12:42 pm
by Williel
Marlene (Fishers) het in Aug vir my R 4600-00 kwoteer.

Re: Magneto speed sporter

Posted: Wed Dec 07, 2016 1:11 pm
by ruaanb
kopskoot wrote:Weet dis van die topic af, maar vir interresantheid.. my magneto tel nie n Hornady dgs op nie. Selfde setting met enige ander koeël werk klokslag, maar nie die Hornady nie. Ek neem aan dis te doen met daai vreeslike dun koper jacket
As jy kan stel die Sensitivity Level een op maw as jy nie reeds op hoogste setting is nie.
Partykeer moet jy ook weer afkom.

Re: Magneto speed sporter

Posted: Wed Dec 07, 2016 2:57 pm
by Diesel Dog
Chevvy SS wrote:Het iemand dalk 'n onlangse prys hiervan?


Nou net by VGK bestel vir R4887.00

DD

Re: Magneto speed sporter

Posted: Wed Dec 07, 2016 4:11 pm
by ruaanb
Diesel Dog wrote:
Chevvy SS wrote:Het iemand dalk 'n onlangse prys hiervan?


Nou net by VGK bestel vir R4887.00

DD
Eina ek het R3300 betaal as ek reg onthou. Prys klim nou lelik.

Re: Magneto speed sporter

Posted: Wed Dec 07, 2016 7:20 pm
by kopskoot
alecjohnson wrote:
kopskoot wrote:Weet dis van die topic af, maar vir interresantheid.. my magneto tel nie n Hornady dgs op nie. Selfde setting met enige ander koeël werk klokslag, maar nie die Hornady nie. Ek neem aan dis te doen met daai vreeslike dun koper jacket
Watter kaliber?
470 Nitro

Re: Magneto speed sporter

Posted: Wed Dec 07, 2016 8:28 pm
by ruaanb
bly die ding ooit op die loop?

Re: Magneto speed sporter

Posted: Thu Dec 08, 2016 10:32 am
by kopskoot
Hy doen, mount hom sideways, en trek hom styf vas

Re: Magneto speed sporter

Posted: Thu Dec 08, 2016 11:07 am
by alecjohnson
kopskoot wrote:Hy doen, mount hom sideways, en trek hom styf vas
Dalk val die koeël so vinnig dat hy die voorste sensor mis :laugh: :laugh: :laugh: :laugh:



Dit is baie vreemd want hulle tel op in my 375H&H

Re: Magneto speed sporter

Posted: Thu Dec 08, 2016 11:16 am
by ruaanb
kopskoot wrote:Hy doen, mount hom sideways, en trek hom styf vas
Op watter sensitivity level?