Page 1 of 1

Koedoe skedel monterings?

Posted: Mon Aug 01, 2011 12:29 pm
by DWB
Hallo Manne,

Is daar van julle wat kudu skedel monterings het?

Ek het 'n ou stel horings en montering van my skoonpa af gekry wat sy pa jare terug gedoen het.

Nou die een het sommer 'n bout reg deur die voorkop gehad wat agter aan die plank vasbout. Dit lyk nie te goed nie.

Ek sal graag dit wil oordoen vir my skoonpa vir die dag wanneer hy weer terug is in die land, dink daar is sentimentele waarde aan.

Sal graag wil sien hoe lyk julle sin, want die kudu het nou nie die mooiste van skedels nie, so wil sien as ek effens moet sny ens...

So laai asseblief jul fotos op.

Mooi dag!

Re: Koedoe skedel monterings?

Posted: Mon Aug 01, 2011 3:20 pm
by Spanner
Ek het self 'n ou skedelmontering wat my pa gemaak het van my eerste koedoe - ek dink ek was 16 jaar our gewees.  Ek sal fotos opsit sodra ek weer kan.  Ek onthou my pa het die skedel van agter af aan die hout vasgesit met 'n bout wat hy in die skedelbeen ingeboor het en die bout met Pratley-Putty vasgesit het.  Dit werk goed en dit lyk gaaf.

Re: Koedoe skedel monterings?

Posted: Mon Aug 01, 2011 3:31 pm
by DWB
Dankie Spanner,

Het netnou die goed gemeet, 'n volle 54duim!!!

Maar dit vil vir my lyk dat die uitgesnyde skedel been beter lyk as die vol skedel.

Daai Kudu se tande komplimenteer nie sy horings nie :)

[img width=560 height=420]http://i52.tinypic.com/20f3n9s.jpg[/img]

Re: Koedoe skedel monterings?

Posted: Mon Aug 01, 2011 6:42 pm
by Spanner
Hier is die horings van voor
[img width=560 height=420]http://i776.photobucket.com/albums/yy50 ... orings.jpg[/img]

"n Gat is in die dik kopbeen van agteraf geboor en die bout se kop is stewig vasgesit met Pratley-Putty.  Die bout kom dan agter die hout vas met 'n moer.  Werk maklik en is effektief.
[img width=560 height=420]http://i776.photobucket.com/albums/yy50 ... d/Bout.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i776.photobucket.com/albums/yy50 ... /Agter.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i776.photobucket.com/albums/yy50 ... d/Voor.jpg[/img]

Re: Koedoe skedel monterings?

Posted: Tue Aug 02, 2011 9:10 am
by DWB
Dankie Spanner,

Dit het my al 'n baie goeie idee gegee.

Die skedel wat ek het se tande is nog op en dit is die ding wat alles versier.