Page 1 of 1

De Deur

Posted: Thu Dec 01, 2016 8:18 pm
by twinhunter
Naand Lede,ek wil net graag navrae doen of enige een van julle al met Hotshots in De Deur besigheid gedoen het. 'n Vriend van my wil graag 'n geweer by hulle koop maar is bietjie skrikkerig. Enige hulp sal waardeer word.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: De Deur

Posted: Thu Dec 01, 2016 9:43 pm
by PWV
As ek nou weer van hulle hoor, sal dit die tweede keer wees. Waar is hulle?

Re: De Deur

Posted: Fri Dec 02, 2016 6:09 am
by neef
jammer maar ek het ook nog nie van hulle gehoor nie, maar ken nie elke klyn geweer handelaar nie

Re: De Deur

Posted: Fri Dec 02, 2016 6:31 am
by tripodmvr
Dit is al wat ek kon opspoor deur Google.

https://www.google.co.za/url?sa=t&rct=j ... RMVjyOmFPg

Re: De Deur

Posted: Fri Dec 02, 2016 7:57 am
by Rem700
Ek het 'n geweer by hulle gekoop.
Dit is nie jou tipiese wapen winkel nie - hulle verkoop wapens meer as 'n "sideline"
Hulle het kort afstand skietbane agter in die plot meestal vir pistool, semi's en haelgeweer.
Baie netjiese geboue - hulle doen opleiding ook daar.

Sal ek weer met hulle besigheid doen? - ek twyfel. Dalk is ek net te vining vir hulle
Ek glo wel nie hulle is 'n klomp skelms nie.

Jy kan my pm as jy vrae het.