Page 1 of 2

Hilux 2.5 vs Amarok

Posted: Sun Jul 31, 2011 10:54 pm
by Penkop
Goeienaand Vriende,

Ek's opsoek na 'n bakkie wat lig is op brandstof en betroubaar is.

Want:

Ek ry so 130km teerpad per dag en met die pragtige instandgehoude paaie :P waarop ek ry, het ek al vellings gebuig, moet so elke 2 maande wielsporing en balansering doen ens ens. Punt van die storie is my arme kar word gaar gery.

Ek oorweeg dit nou om 'n enkelkajuit of "kajuit en 'n half" (supercab, kingcab) te koop vir werk toe en terug ry elke dag.

Aanvanklik het ek gedink die Hilux 2.5 turbo diesel, maar nou het VW 'n enkelkajuit Amarok op die mark met hul 2L TDI enjin wat 90kw lewer, hulle reken ook jy sal so 6.7L/100km diesel gebruik, wat nogal indrukwekkend is.

Ek gaan nie die bakkie gebruik om mee harde werk te verrig nie, (daarvoor het ek 'n kanniedood Hilux 2.7!) hier en daar gaan ek iets laai, maar 95% van die tyd gaan die bakkie sonder vrag teen 120km p/h rustig op 'n gaar teerpad ry.

Brandstof verbruik is vir my baie belangrik.

Kan iemand vir my 'n baie akurate idee gee hoeveel km die Hilux per liter lewer?

Wat is julle gevoel oor die 2 bakkies?

Eintlik wens ek Toyota wil 'n "Supercab" maak met deure wat agte toe oopmaak soos Ford of daai nuwe Nissan Navara's...

Julle hulp, raad en opinies sal hoog op prys gestel word.

Re: Hilux 2.5 vs Amarok

Posted: Mon Aug 01, 2011 6:07 pm
by Penkop
Skuus ouens,

Ek moes van beter geweet het om 'n klomp jakkals jagters oor VW bakkies uit te vra...

Ek moes maar net by Hilux gebly het en stil gebly het oor ander bakkies...

Ek verstaan nou dat: "Stil bly is ook 'n antwoord" of hoe?

Re: Hilux 2.5 vs Amarok

Posted: Mon Aug 01, 2011 6:27 pm
by Beretta
Penkop
Jy kan bly wees jy het nie raad oor n Landrover gevra nie want dan sou jy die "standaard" hond antwoord gekry het ;D ;D ;D
Groete
Beretta

Re: Hilux 2.5 vs Amarok

Posted: Mon Aug 01, 2011 6:57 pm
by 300Winmag
;D Ek ry 'n VW 2.0 TDi Tiguan. Daai motor is 'n wenner. My ave. in die stad is 7.2 l per 100km.
Ek het 15km per lt op die oop pad teen 140kph ave gekry. Amper van JHB tot in PE met een tank diesel
gery. As dit nie vir die stop en go s was nou sou ek dit seker kon doen.

Hy kan nie 'n skiet stoel vat nie maar wel 'n bwb of rooibok of 2 en hy ry soos 'n droom.

Re: Hilux 2.5 vs Amarok

Posted: Mon Aug 01, 2011 7:15 pm
by junglejulian
penkop!
jy kan maar geus na die amarok kyk.n vriend van my wat net hilux ry en rerig van voertuie weet het sopas terug gekom van n week lange 4*4 roete wat saam met SAREL VAN DER MERWE in KOSI BAAI .HY het net lof vir die bakkie.hy was baie skepties oor die kein enjin wat agv n turbo so aangejaag word maar hul het geen moelikheid gehad nie.hy het die roete n jaar of 2 terug ook gedoen met die TRITON

Re: Hilux 2.5 vs Amarok

Posted: Mon Aug 01, 2011 7:26 pm
by blaser
turbos op v/w hou nie vir ewig nie en kos tot R20000 om te vervang volgens my is die amarok puik maar vrek duur as daar fout kom

Re: Hilux 2.5 vs Amarok

Posted: Mon Aug 01, 2011 8:02 pm
by Skolla
Penkop wrote: Ek's opsoek na 'n bakkie wat lig is op brandstof en betroubaar is.
Aanvanklik het ek gedink die Hilux 2.5 turbo diesel, maar nou het VW 'n enkelkajuit Amarok op die mark met hul 2L TDI enjin wat 90kw lewer, hulle reken ook jy sal so 6.7L/100km diesel gebruik, wat nogal indrukwekkend is.
Wat is julle gevoel oor die 2 bakkies?
Die manne wat hier by ons die Amarok gekoop het kry nie daai diesel verbruik nie want hulle ry nie 100 nie. Meer as 100 het hulle dieselfde verbruik as die Hilux, volgens hulle. Rygemak glo uitstekend.
My opinie, jy moet n goeie verskoning h? om nie die Hilux te kies nie. Byges? ek weet nie wat die prysverskil is nie.
By ons voer hulle die Hilux Smart Cab in en dan maak die agter deure ook oop.

Skolla

Re: Hilux 2.5 vs Amarok

Posted: Mon Aug 01, 2011 8:36 pm
by 300Winmag
remington wrote: turbos op v/w hou nie vir ewig nie en kos tot R20000 om te vervang volgens my is die amarok puik maar vrek duur as daar fout kom
En die Turbos op al die ander diesel enjins hou vir ewig en as hulle breek word hulle verniet reg gemaak ...

Re: Hilux 2.5 vs Amarok

Posted: Mon Aug 01, 2011 9:15 pm
by Penkop
Remington, 300Winmag,

Ek laaik dit as die ouens mekaar so garra op die forum!

Beretta,

Ek koop eerder 'n DBV pavement special vir goeie geselskap voordat ek 'n kans met 'n Landy vat...!

Ek sal nog moet mooi kyk hoeveel gaan dienste en onderhoud op die onderskeie bakkies kos, maar dit wil tog lyk of die VW se koop prys so bietjie goedkoper (nie veel nie) as die Hilux gaan wees.

Hilux SRX = R227k
Amarok= R205k (dan moet dif lock, lugreeling en radio bykom). Ek skat so ~R15k ekstra?

Skolla,

Die Hilux met die extra half kajuit kom net in die 3L D4D enjin en kos R341k in SA...
Vir R30k meer kan ek die 4x4 Dubbelkajuit 3L D4D koop!

Het jy dalk 'n foto van so 'n "Smart Cab" wat jy kan opsit?

Dankie vir die terugvoer!

Re: Hilux 2.5 vs Amarok

Posted: Mon Aug 01, 2011 9:37 pm
by Rfourie
Baie eenvoudig, volg die massas! Maak soos almal se, moenie vir jouself besluit nie, volg die skape! Koop die Toyota. Ten minste is jy dan soos elke tweede ou, of n Leupold of n Toyota! Lekker maklik om vriende te maak en almal hou van jou!

Die Spanspeler het nog altyd verder gekom as die individu, ten minste het die individu uitgestaan! Op die einde is Jaracal mos een groot span, moet nie die manne drop nie, koop die Toyota!

Re: Hilux 2.5 vs Amarok

Posted: Mon Aug 01, 2011 9:55 pm
by erx
Hi SMK

Ek het in 2008 'n uit die boks Toyota 3.0D4D gekoop. tot op hede staan hy amper op 70000km, so ek ry nie ver, slegs om die pot.Mens kry die 2.5D4D, maar hy is nie intercooled nie.
90% van die kilos is in die stad gery en my voet is maar orals swaar. Ek kry op die slegste 9.8 km/l. Kry met stads ry tot 10.5 km/l!! Oop pad al 10.9 km/l gekry!
Tot dusver geen probleme met die meneer gehad, moet net se, hy is nie gebou vir sonder vrag op grondpad, sy gat is veels te lig en dis 1.2.3 dan sien jy jou gat as jy hom nie kan handle nie! :o :o
Toy het nou onlangs ook hom in cab +1/2 uitgebring.
Dit se seker nie baie, maar hierdie is die enigste nuwe diesel(common rail) wat f@kol rook met startup en koud kry wat ek al gesien het, selfs die nuwe FORDodge en die Amatrok gooi maar 'n lekker Diesel rokie. Ek het dalk nou begin deur dit te se! :P :angel: :P

Groete
erx

Re: Hilux 2.5 vs Amarok

Posted: Mon Aug 01, 2011 10:09 pm
by boeta
Penkop

Ek ry n 2.5 hilux maar ek dink dis n dut want hy is d@nners swaar kry nie meer as 7.8 nie,maar sal
nie ontslae raak van hom nie.Werk leker met hom en hy is so sterk soos n bees.Hier is ouens wat 10 + kry met
hulle sin.

Vir die werk wat jy met hom wil doen sal ek die Amarok vat.

Boeta

Re: Hilux 2.5 vs Amarok

Posted: Mon Aug 01, 2011 11:04 pm
by Penkop
sMK,

Tenminste borg Toyota die Vrystaat!

Dankie Boeta, ek sal dit nie kan bekostig om net 7.8km/L te kry nie.

Ekt iewers op die web gelees hul praat van 9.6L/100km vd Hilux. Maar vir my doeleindes is dit ok effe aan die swaar kant.

Re: Hilux 2.5 vs Amarok

Posted: Tue Aug 02, 2011 7:41 am
by james 303
Dit is waar wat jy se 300 die tiguan ry baie lekker in is goed op die sous my swaer werk vir volksvagen hy ry elke dag n ander model huistoe hy het self nou vir hom die tiguan gekoop was al een of twee keer by die huis met die amarok ek het vetroue met baie van die germans se goed maar vir my is daai bakkie los op die pad nog n nice kar is die taureg net bietjie duur en is ongelukkig nie n bakkie nie

Re: Hilux 2.5 vs Amarok

Posted: Tue Aug 02, 2011 8:01 am
by Dawid
Nou verstaan ek nie lekker nie..... Wat het die topic met die vuurwapenwet uit te waai??

Is dit nie veronderstel om daar by die soekhoekie waar ek my koolstoof gesoek het te wees nie of is julle manne bang om daar saam die NISSAN en LANDY manne te gesels.... :laugh: :laugh: :laugh:

Re: Hilux 2.5 vs Amarok

Posted: Tue Aug 02, 2011 8:17 am
by boeta
Penkop

Sorry ek moes ook by gese het die bakkie het n tjip in want hy is darm net te gevrek as jy
in 3 liter nissan gewood is en dan ry ek hom ook laat hy pis

Boeta

Re: Hilux 2.5 vs Amarok

Posted: Tue Aug 02, 2011 10:45 am
by james 303
Ja nee dit is snaaks

Re: Hilux 2.5 vs Amarok

Posted: Tue Aug 02, 2011 8:16 pm
by Penkop
Het vandag die Nissan Navara Kingcab vir 'n toetsrit geneem...

Daai bakkie trek nogal lekker!

Re: Hilux 2.5 vs Amarok

Posted: Tue Aug 02, 2011 9:38 pm
by Gerrit Visser
Hier by ons is daar 9 Toy's en een Amarok op die plaas. Op die langpad doen die Amarok goed, maar as die wind van voor of van die kant waai val sy diesel naald soos my 308 veral as die spoed van 130 op gaan. Dan is diesel verbruik dieselfde as die D4D's. Die Amarok se bande raak ook nou klaar na 40 000km en ek hoor daardie 17" bande kos R15000+ om op te sit. Ek het so pas my 2.5 D4D DC 4x4 verkoop [95 000 km].  Sy swakste was 8.5km/l . Net 2 keer was sy diesel verbruik onder 9km/l . Die beste 13.3km/l en gem. 10.2km/l. Moet s? my 2.5 was nie so vinnig soos 'n 3l nie maar ek is darem die trotse eienaar van 'n paar spoedkaartjies van bo 143km/h.
Of die Amarok 'n werk bakkie is sal ons nog moet sien [nog nooit 'n vrag gedra of gesleep nie]. Die van julle wat altwee wil h? wag tot Oktober die nuwe Toyota is 'n baster tussen die Isuzu [enjinkap], Amarok [voor en ligte]  en die Toyota [kap en bak]. Hoop net hulle spuit die Toyota nog 2 lae verf by net om sy bakwerk 2x sterker te maak.
Om alles te kroon koop ek toe weer 'n Toyota {Ek hou nie van loop nie en ek wil ook nie met my bakkie trou nie}

G GERT

Re: Hilux 2.5 vs Amarok

Posted: Tue Aug 02, 2011 11:37 pm
by Penkop
Baie dankie vir die volledige uiteensetting Gerrit, dit gee my baie goeie idee van dieselverbruik.

Eerlikwaar kan ek nie sien hoe 'n 2L enjin met 2 turbo's baie lank sal hou as hy harde werk moet verrig nie??
Vir 'n werks bakkie dink ek die Toyotas is koning.
Ek sou ook nie (nognie..) die VW te veel vertrou op 'n rowwe 4x4 toer nie, maar miskien bewys die VW my verkeerd..?

Dawid:

Ek sien nou eers wat jy bedoel!! Ek was oortuig ek het hierdie gesprek onder "algemeen" geplaas en sien nou eers by watter "algemeen" ek dit werklik geplaas het....

Re: Hilux 2.5 vs Amarok

Posted: Wed Aug 03, 2011 6:35 am
by 2.1
Vir werk Toyota.
Vir rond ry Amarok.

Toyota het hul self al bewys met Hilux, VW is te nuut in die mark.
Groete

Re: Hilux 2.5 vs Amarok

Posted: Wed Aug 03, 2011 7:16 am
by Hugov
Image

Hier is n kiekie van die Toyoya king cab
Cheers H

Re: Hilux 2.5 vs Amarok

Posted: Wed Aug 17, 2011 3:46 pm
by Gerrit Visser
Die wielleboek LEISURE WHEELS het 'n artikel THE BOUBLE CAB DERBY gedoen in hul Nonember 2010 uitgawe. As daar iemand is wat my dalk kan help om die uitgawe te bekom, sal ek bly wees. Wil lyk of toets tog reg was oor die Amarok [swaarste op diesel as hy moes werk].

G Gert

Re: Hilux 2.5 vs Amarok

Posted: Wed Aug 17, 2011 3:57 pm
by henried

Re: Hilux 2.5 vs Amarok

Posted: Wed Aug 17, 2011 7:20 pm
by 300Winmag
Penkop wrote:
Eerlikwaar kan ek nie sien hoe 'n 2L enjin met 2 turbo's baie lank sal hou as hy harde werk moet verrig nie??
Hy het net een turbo.