Page 1 of 1

Lisensie hernuwing Annex A form

Posted: Tue Nov 29, 2016 7:40 am
by JTM
As iemand my dalk kan help, sal ek dit waardeer.

Ek is op soek na die Annexure A form, "Annexure to Renewal of Firearm license...". Ek kry dit nie op SAPS se webblad nie en die afskrif wat ek het is gedeeltelik reeds deur Brackenfell SAPS voltooi met hulle details. Ek help my Pa met sy hernuwings en hy moet by Bellville SAPS inhandig.

Julle kan dit vir my epos na jwelman3(at)gmail.com

Baie dankie

Re: Lisensie hernuwing Annex A form

Posted: Tue Nov 29, 2016 7:43 am
by DWB
Die een oor die kluis?

Re: Lisensie hernuwing Annex A form

Posted: Tue Nov 29, 2016 7:55 am
by JTM
Dit is die een juis oor die vuurwapen en waaronder jy moet motifeer. Dit is die een wat ek het wat gedeeltelik voltooi is. Ek soek net 'n skoon een asb.
Annex A opgemerk.pdf

Re: Lisensie hernuwing Annex A form

Posted: Tue Nov 29, 2016 8:05 am
by Toyrsi
Ek ken nie daai vorm nie. Gebruik altyd die 1 SAPS 518(a).
Hoop dit help

Re: Lisensie hernuwing Annex A form

Posted: Tue Nov 29, 2016 8:25 am
by JTM
Dit is 'n byvoeging tot 518a en word deur ons DFOs vereis.

Re: Lisensie hernuwing Annex A form

Posted: Tue Nov 29, 2016 8:38 am
by Pappabeer
Het jy Adobe photoshop JTM? Maak hom net weer skoon daarmee

Re: Lisensie hernuwing Annex A form

Posted: Tue Nov 29, 2016 8:40 am
by PWV

Re: Lisensie hernuwing Annex A form

Posted: Tue Nov 29, 2016 8:50 am
by JTM
Dankie Oom Pieter. Dis hy daai.

Re: Lisensie hernuwing Annex A form

Posted: Tue Nov 29, 2016 9:51 am
by tripodmvr
Hulle sit met al jou inligting op rekenaar en dan moet jy nog hierdie magdom vorms invul. Eintlik behoort daar net op rekenaar 'n blokkie te wees wat wys dat jy wil hernu en een vorm met jou handtekening op behoort voldoende bewys te wees dat jy aansoek gedoen het. Hoeveel f&*(_ vingerafdrukke is nodig om te bewys dat dit ek is wat aansoek doen.

Re: Lisensie hernuwing Annex A form

Posted: Tue Nov 29, 2016 3:08 pm
by PWV
Driepoot, dis maar hulle manier om ons nederig te hou!!

Re: Lisensie hernuwing Annex A form

Posted: Tue Nov 29, 2016 3:55 pm
by Eugene
Stuur my jou e-pos adres, dan stuur ek vir jou een in Word formaat.

Re: Lisensie hernuwing Annex A form

Posted: Tue Nov 29, 2016 4:33 pm
by alecjohnson
tripodmvr wrote:Hulle sit met al jou inligting op rekenaar en dan moet jy nog hierdie magdom vorms invul. Eintlik behoort daar net op rekenaar 'n blokkie te wees wat wys dat jy wil hernu en een vorm met jou handtekening op behoort voldoende bewys te wees dat jy aansoek gedoen het. Hoeveel f&*(_ vingerafdrukke is nodig om te bewys dat dit ek is wat aansoek doen.

Ek voel 100% dieselfde, maar diis soos poep teen donderweer, ons gaan nie daar verby kom nie, kyk net hoe maklik gaan dit by motor lisensie en ID met die elektroniese vinger afdrukke....