Page 1 of 1
Leica CRF 2000 B
Posted: Mon Nov 28, 2016 7:15 am
by gbvl
Will graag uitvind of iemand al een van hierdie toets bestuur het. Hoe sou dit bv vergelyk met n Sig Kilo 2000?
Sien daar is nog maar baie min itv reviews op Youtube ens.
Re: Leica CRF 2000 B
Posted: Mon Nov 28, 2016 4:14 pm
by Dawie
Ek het een gekoop so week of wat gelede, nog net een oggend gou saamgevat om bees mee te skiet met my Creedmoor. Noggie vreeslik getoets nie, maar as jy kyk na Dollar prys kry jy in Rand baie meer Dollar waarde met die Leica. Ter verduideliking....die Sig is baie baie goedkoper in Dollar maar in RSA is hulle net effe goedkoper.
Performance gewys sal ek die topic dophou.
Re: Leica CRF 2000 B
Posted: Mon Nov 28, 2016 7:25 pm
by HJVisagie
Het ook dit oorweeg, het die Sig gekoop. Leica het meer features maar ek hou meer van die Sig. Hy doen alles wat ek wil he. En die lense is goed! Mikpunt ronde kol is bietjie groot maar het al bietjie gespeel met hom en eks tevrede. Is dit n Leica? Nee, is hy beter as die 1600B ? JA. Hoe vergelyk hy met 2000B? Nie sleg nie. Ek het R8500 betaal by SO in Stellenbosch. As jy baie met die features soos die ballistic drop gaan speel koop die Leica. Ek het my drop tabelle en Strelok. Ek soek net die range. Dit gee hy vir jou in line of sight en Angle modified range. Meer as goed genoeg vir my. Hy voel en lyk ook vir my beter as die Leica. Maar Leica bly maar die Rolls Royce van rangefinders maak nie saak met wie jy praat nie. Ek moes kies. Nie n dag spyt oor die sig nie.
HJ Visagie
Sent from my iPad using Tapatalk
Re: Leica CRF 2000 B
Posted: Tue Nov 29, 2016 5:23 am
by Dawie
Ek het vir my Leica 2000b....... R9994 betaal by Stellenbosch S&O.
Re: Leica CRF 2000 B
Posted: Tue Nov 29, 2016 11:59 am
by Stefan764
Ek moet nog die 2000 toets maar die 1600 en Sig vergelyk baie goed met mekaar tot op 1000 meter op n springbok (in ons toets identiese resultate gekry.
Die Sig is n puik RF. Leica ook, ek sou die een wat die beste geprys is vat, jy gaan n springbok baie verder range as wat jy hom kan raakskiet
Re: Leica CRF 2000 B
Posted: Tue Nov 29, 2016 12:00 pm
by Geno
Stefan764 wrote: jy gaan n springbok baie verder range as wat jy hom kan raakskiet
Ken jy vir Peet Blom?
Re: Leica CRF 2000 B
Posted: Tue Nov 29, 2016 12:03 pm
by Stefan764
Haha ja maar did mos nou nie Peet wat die vraag hier gevra het nie Slimjan
Re: Leica CRF 2000 B
Posted: Tue Nov 29, 2016 12:13 pm
by Supacow
gbvl ek vra plegtig omversoning vir my medeforumlede wat jou skietvernuf so onderskat

Re: Leica CRF 2000 B
Posted: Tue Nov 29, 2016 1:17 pm
by Capt. Yoda
Google bq Sig Kilo 2400
Re: Leica CRF 2000 B
Posted: Tue Nov 29, 2016 2:29 pm
by gbvl
Dankie vir al die terugvoer.
Vandag so bietjie die Kilo 2000 gevat en gevoel in die winkel. Sal bietjie na die Leica ook gaan kyk.
Blameer niemand wat my skiet vernuf onderskat nie en in hierdie geval is dit wel waar dat ek nie naby sover kan skiet of raakskiet as wat enige van die twee kan range nie .
Lyk my die tegnologie betrokke is soos meeste ander waar teen die tyd dat jy gekoop het daar klaar iets beter op die mark is. Nie geweet die Kilo 2400 is klaar uit nie.