Page 1 of 2
Hekke word af gebreuk
Posted: Sun Nov 27, 2016 6:09 pm
by rikus
Goeie middag
Ek soek hulp asb
Daar is n paar boere wat baie moeilikheid heid met 2 manne wat hulle hekke oop los en af breuk
Lang storie kort daar loop n pad deur hulle grond em hekke en langs die hek is daar n motorhek ook
nou is daar 2 manne wat ni deur die motorhek wil ry ni want hulle wil he die boere moet die hekke weg vat en draad al kant van pad gespan he vir hulle gemak.
Nou los hulle die hekke oop dan moet die boere die hekke weer gan toe maak dan gan dit weer goed so vir n dag of 2 nou breuk hulle die hekke af en sit dit op die motorhek neer
Die polisie was al meer as een keer in kennis gesel hulle se nou net hulle kan niks doen nie
Wat kan n mens in so geval doen want die boere raak nou vat vol
Ek sal dit wadeer as iemand vir ons n plan het (ons het planne maaaaar julle weet )
Re: Hekke word af gebreuk
Posted: Sun Nov 27, 2016 6:14 pm
by musgrave270
Sit trailcam op en kry registrasie nommers. En neem aan hul weet nie wie dit is nie
Re: Hekke word af gebreuk
Posted: Sun Nov 27, 2016 6:28 pm
by rikus
Hulle weet wie dit is en dit al af geneem
Re: Hekke word af gebreuk
Posted: Sun Nov 27, 2016 6:33 pm
by tripodmvr
As dit kwaadwillige saakbeskadiging is dan moet die polisie optree.
Re: Hekke word af gebreuk
Posted: Sun Nov 27, 2016 6:36 pm
by rikus
Ek voel ook so maar die polisie se hulle kan niks doen ek weet ni of hulle bang is ni
Re: Hekke word af gebreuk
Posted: Sun Nov 27, 2016 6:39 pm
by Diesel Dog
As dit n geproklameerde pad is neem dit saak met die SDR op,dit is hulle eiendom wat beskadig word en hulle kan n saak van moedswillige saak beskadiging by die polisie aanhangig maak.
DD
Re: Hekke word af gebreuk
Posted: Sun Nov 27, 2016 6:47 pm
by rikus
Die sdr wil nie betrokke raak ni hulle se dit is ons probleem
Re: Hekke word af gebreuk
Posted: Sun Nov 27, 2016 7:06 pm
by Hein M.
rikus wrote:Ek voel ook so maar die polisie se hulle kan niks doen ek weet ni of hulle bang is ni
As jy 'n klag lê (en jy mag) en dan 'n verklaring aflê (soos die wet dit vereis), moet die saak deur die SAPD opgevolg en ondersoek word. Punt.
Moenie dat die polisiemanne julle bollie vertel nie. As hulle weier om dit te doen, word hulle vervolg.

Diefstal en saakbeskadiging is misdade, wat de hel
Sterkte!
Re: Hekke word af gebreuk
Posted: Sun Nov 27, 2016 8:05 pm
by dorsland
Watter distrik is dit in? Hier in die Karoo was ook onlangs soortgelyke gevalle waar motorfietsryers slotte geknip het.
Re: Hekke word af gebreuk
Posted: Sun Nov 27, 2016 8:53 pm
by rikus
Dit is waar maar die polisie se hulle kani die mense toe sluit ni
lus om hulle tegan verkla
hulle is moer sleg
dit is in die noordkaap die arme boere is al raadop
maar hier gan groot kk kom hulle oorweeg dit om die wet in eie hande teneem
en dit is wat daardie 2 manne wil he want dan kan daar mos weer gese word julle boere
Re: Hekke word af gebreuk
Posted: Sun Nov 27, 2016 10:09 pm
by Geno
'n Paar spikes onder die hekke om hulle bande te sny sal nogal help om hulle te oortuig om eerder die motorhek te gebruik glo ek...
Re: Hekke word af gebreuk
Posted: Mon Nov 28, 2016 6:05 am
by Frikkie Coetzee
Ricus
Gaan kry julle afskrif van die Pad Ordinansie vir die NK. In meeste provinsies is die ooplos van n hek n misdryf. Gewapen met dit asook tye en name van SAPD lede wat weier om te help, gaan sien die stasie bevelvoerder. Sou hy weier gaan sien die Area Kommisaris.
Bewys is soms moeilik. Kry jou ducks in n ry.
Na gelang van die omstandighede kan jy ook oorweeg om n prokureur te gaan sien.
Re: Hekke word af gebreuk
Posted: Mon Nov 28, 2016 6:23 am
by LongWolf
Frikkie Coetzee wrote:Ricus
Gaan kry julle afskrif van die Pad Ordinansie vir die NK. In meeste provinsies is die ooplos van n hek n misdryf. Gewapen met dit asook tye en name van SAPD lede wat weier om te help, gaan sien die stasie bevelvoerder. Sou hy weier gaan sien die Area Kommisaris.
Bewys is soms moeilik. Kry jou ducks in n ry.
Na gelang van die omstandighede kan jy ook oorweeg om n prokureur te gaan sien.
En neem somer die gesprekke op jou selfoon op.
Re: Hekke word af gebreuk
Posted: Mon Nov 28, 2016 8:38 am
by Boesman10
Elektrifiseer die hek en zap hulle
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Hekke word af gebreuk
Posted: Mon Nov 28, 2016 8:47 am
by Supacow
Spuit eerder die hekke met Doom
Re: Hekke word af gebreuk
Posted: Mon Nov 28, 2016 9:03 am
by Hein M.
'n Paar groot slagysters op strategiese pekke sal ook die jop doen... AS niks anders werk nie

Re: Hekke word af gebreuk
Posted: Mon Nov 28, 2016 11:37 am
by rikus
Geno
ander boere gebruik ook die hekke om met lorries daar deur tery so dit gani so lekker werk ni het ook daar aan gedink
om die hek doom tespuit (ek het n baie beter gif dit sal vir altyd donker bly )
Frikkie
danki vir jou draad ek sal dit saam met die ander boere bespreek
baie dankie vir almal se raad
ek hoop ni om julle weer tepla oor die hek geveg nie
Lekker dag en n geseende kersfees vir julle
Re: Hekke word af gebreuk
Posted: Mon Nov 28, 2016 1:25 pm
by Bernhardt
Sit n paar getriggerde donderbuise daar en as hul peuter aan hek dan trigger hul dit. Hul sal hul gatte afskrik en nie weer aan hek peuter nie
Re: Hekke word af gebreuk
Posted: Mon Nov 28, 2016 6:06 pm
by PWV
Rikus, ek dink Frikkie Coetzee het die beste raad vir jou. Dan is jou pad ook skoon. Niemand kan maak en breek soos hulle wil nie!
Re: Hekke word af gebreuk
Posted: Mon Nov 28, 2016 6:23 pm
by rikus
PWV
Ja ek dink ook so
Hulle het dit vandag weer by die polisie n draai gan maak (die polisieman wat die saak hanteer het jy het nie sy werk gedoen nie hulle het dit toe hoer op gevat) so nou sal ons maar moet sien wat gebeur daar is intotaal van 7 hekke af gebreuk en die wat dit gedoen het hulle is nogal windgat daaroor maar die wiel draai
Re: Hekke word af gebreuk
Posted: Mon Nov 28, 2016 9:59 pm
by PWV
'n Alternatief is om 'n paar van hierdie manne te huur.

Re: Hekke word af gebreuk
Posted: Tue Nov 29, 2016 6:50 am
by pagelbrent
rikus wrote:Goeie middag
Ek soek hulp asb
Daar is n paar boere wat baie moeilikheid heid met 2 manne wat hulle hekke oop los en af breuk
Lang storie kort daar loop n pad deur hulle grond em hekke en langs die hek is daar n motorhek ook
nou is daar 2 manne wat ni deur die motorhek wil ry ni want hulle wil he die boere moet die hekke weg vat en draad al kant van pad gespan he vir hulle gemak.
Nou los hulle die hekke oop dan moet die boere die hekke weer gan toe maak dan gan dit weer goed so vir n dag of 2 nou breuk hulle die hekke af en sit dit op die motorhek neer
Die polisie was al meer as een keer in kennis gesel hulle se nou net hulle kan niks doen nie
Wat kan n mens in so geval doen want die boere raak nou vat vol
Ek sal dit wadeer as iemand vir ons n plan het (ons het planne maaaaar julle weet )
Laat val perongeluk n paar spykers voor die hek as jy weet hulle gaan die volgendes wees om daar te ry.
Sent from my LG-H850 using Tapatalk
Re: Hekke word af gebreuk
Posted: Tue Nov 29, 2016 10:03 am
by Tienie
ry na sy plaashek en ruk hom ook af soos hy met joune maak.............................
Re: Hekke word af gebreuk
Posted: Tue Nov 29, 2016 11:46 am
by wlm
Manne ek het eers gepost en toe weer uitgevee maar ek gaan tog iets voorstel. As jy lid van jou plaaslike boere vereniging is kan jy maklik hulp kry. Kry al die inligting soos voorgestel deur Frikkie Coetzee. Sit dit op skrif en gee dit deur vir jopu streek se veilgheidskomitee-lid. Hy kan dit aan die provinsiale veiligheidskomitee stuur en die saak sal gou-gou aandag kry.
Re: Hekke word af gebreuk
Posted: Tue Nov 29, 2016 12:32 pm
by Eugene
wlm wrote:Manne ek het eers gepost en toe weer uitgevee maar ek gaan tog iets voorstel. As jy lid van jou plaaslike boere vereniging is kan jy maklik hulp kry. Kry al die inligting soos voorgestel deur Frikkie Coetzee. Sit dit op skrif en gee dit deur vir jopu streek se veilgheidskomitee-lid. Hy kan dit aan die provinsiale veiligheidskomitee stuur en die saak sal gou-gou aandag kry.
Hierdie en Frikkie se raad is die beste manier om die saak aan te spreek. As jy die reg in eie hande neem, is jy niks beter as hulle nie en gaan jy makliker slae kry as hulle.... Doen die ding reg, al is dit die langer, moeiliker pad.