Page 1 of 1
Check die kalant
Posted: Sun Jul 31, 2011 2:13 pm
by Wiehan111
[img width=360 height=480]
http://i1184.photobucket.com/albums/z32 ... CN0288.jpg[/img]
Laas Sondag toe hoor ons die skape is onrustig , gaan kyk toe wat gaan aan en vang die wetter toe by hul.
Groete
Re: Check die kalant
Posted: Sun Jul 31, 2011 2:15 pm
by Wiehan111
Weet nie of het hy gedink hy gaan met 'n lam weg stap nie

Re: Check die kalant
Posted: Sun Jul 31, 2011 2:29 pm
by Kalahari
Wiehan111
Help bietjie vir my. Muishond op steriods of wat se ding is die
Watter wereld kom hy voor?
Kalahari
Re: Check die kalant
Posted: Sun Jul 31, 2011 2:52 pm
by Lamtjop
Wiehan.
Volgens my boek is daai n witstertmuishond en hul kan tot 4,5kg swaar word. Weet nie vanwaar jy is nie ,maar boek s? hul kom in die noord ooste van die rsa voor. By my is n lam gevang naby standhoudende water wat soos n kat se vang gelyk het. Stel toe kamera en neem toe n watermuishond( kommetjiegatmuishond) af wat daar kom eet. Of hy hom gevang het of net geaas het weet ek nie, maar ek het al sy skedel gesien en sy tande is net so groot soos my jack russels sin. Die witstertmuishond is groter as die watermuishond so hy behoort heel maklik n lam te kan vang.
Groete Tjops
Re: Check die kalant
Posted: Sun Jul 31, 2011 2:57 pm
by 222
Lam tjoppie
Dis hy daai Witstertmuishond. Hy sal hulle vang as hulle nog klein is, hier noem die boere hulle vleimuishond. Hy stink so snaakse stank partykeer maar ek dink dit hang maar af waar hy bly.
Hulle is nogal vollop hier in sekere gedeeltes
Re: Check die kalant
Posted: Sun Jul 31, 2011 3:02 pm
by Wiehan111
Volgens my boek beskrywing se hy dat hulle donker grys van kleur is, met 'n donkerder maag en 'n wit stertpunt. So dis definitied hy daai.
Groete
Re: Check die kalant
Posted: Sun Jul 31, 2011 3:07 pm
by Kalahari
Dankie manne
Nou weet ek ok dat mens sulke groot muishonne kry. By my in die Nam kalahari is net die klein gewone stink muishond.
Re: Check die kalant
Posted: Sun Jul 31, 2011 7:27 pm
by James Wilson
Lamtjop wrote:
Wiehan.
Volgens my boek is daai n witstertmuishond en hul kan tot 4,5kg swaar word. Weet nie vanwaar jy is nie ,maar boek s? hul kom in die noord ooste van die rsa voor. By my is n lam gevang naby standhoudende water wat soos n kat se vang gelyk het. Stel toe kamera en neem toe n watermuishond( kommetjiegatmuishond) af wat daar kom eet.
my oorlede pa het my altyd vertel van kommetjiesgatmuishond, hy het altyd vertel van hoe groot hulle kan word. ek het al van sy stories vergeet.
wiehan dankie dat jy die foto geplaas het.
Re: Check die kalant
Posted: Sun Jul 31, 2011 8:06 pm
by Gerhard
ek sien hulle redelik gereeld in Bronkies se area en ook een in Ermelo omgewing gekry...
Dat hy n lam sal vang wonder ek...
Rotte muise en voels beslus.
Glo ook hy sal aas op n karkas.
Re: Check die kalant
Posted: Sun Jul 31, 2011 8:29 pm
by 222
Gerhard
Hy sal nie uit sy pad gaan om n lam of skaap te vang nie. Ek en my buurman het hulle al gekry waar hulle naby skaap is weet net nie wat hy gaan maak as hy pasgebore lammers kry nie. Draai-jakkals selfde as hy eers bederf is, is dit n ander storie.
Ek dink hy sal ook eerder gaan vir kuiken/eier tipe van kos. Sal hulle ook nou op my checklys sit van goete wat ek sien in die aand. Gedog dit gaan n stil week wees maar daar is paar manne wat se skaap nou lam en hulle het bietjie pyne. Sal deurgee as ek hulle in die week sien.
Re: Check die kalant
Posted: Thu Aug 11, 2011 11:37 am
by PITSMIT
aaklige kalant

ek sien hom
en kyk daai muishond ding by hom

Re: Check die kalant
Posted: Thu Aug 11, 2011 11:55 am
by foxripper
Ek ken dit ook glad nie maar ek moet se, ek sal my vrek geskrik het as ek op daai ding moes afloop.
Soos Kalahari se, n muishond op steriods..

Re: Check die kalant
Posted: Thu Aug 11, 2011 12:01 pm
by Hunter xxx
Dit lyk soos jou jag hond

Slaap hy of is hy net moeg.
Ek sal hom seker ook maar siek as hy by skaap loop.
Hunterxxx