Page 1 of 2

Maak jy jou vuurwapen 'onwetend' 'n verbode vuurwapen?

Posted: Sat Jul 30, 2011 4:09 pm
by Biltongjagter
Hierdie onderstaande wet en sy talle byvoegings, kan maak dat 'n man onwetend jou vuurwapens 'Verbode vuurwapens' maak, met al die nare gevolge wat daarop jou kan tref.

Lees hieronder en sien hoe maklik dit kan / (dalk kan) gebeur - afhangende of die genoemde dele, veral die dele in die talle byvoegings, wel finaal in die wet opgeneem is as deel daarvan.

Vuurwapen Wet 60 van 2000 -
Seksie 4 - Verbode vuurwapens -

> Art.1(f)(iii) waarvan die looplengte verander is sonder die skriftelike toestemming van die Registrateur;

Dan hierdie skuiwergat mbt looplengte verandering in die wet -

> (2) By die toepassing van subartikel (1) (f) (iii), is die toevallige verandering van die lengte van die loop van 'n vuurwapen deur 'n wapensmid in die gewone loop van die wapensmid se werk wat nie ten doel het die verandering van die lengte van die loop van daardie vuurwapen nie, moet nie geag word 'n verandering soos beoog in daardie subartikel te wees nie.

Then according to the Amendment Bill dated 24 February 2006 of the same Section 4 -

> Art.1(g)  a device attached to the muzzle of a firearm to muffle the report.

INDIEN hierdie laaste artikel wel so opgeneem is in die wet, is talle van ons kniediep in die warm water wat wetsoortreding betref met ons puik knaldempers en tromp remme wat ons so links en regs aankoop en gebruik op ons geweer lope !!!!!!!

Is daar enige ware kenners van hierdie wet, in sy algehele omvang (alle byvoegings ingesluit), teenwoordig op hierdie forum  wat ons as jagters kan help in hierdie verband sodat ons binne die perke van die wet kan bly wat ons vuurwapens betref?

Groete,
Koos.

Re: Maak jy jou vuurwapen 'onwetend' 'n verbode vuurwapen?

Posted: Sat Jul 30, 2011 5:27 pm
by Hein M.
Biltongjagter wrote: Hierdie onderstaande wet en sy talle byvoegings, kan maak dat 'n man onwetend jou vuurwapens 'Verbode vuurwapens' maak, met al die nare gevolge wat daarop jou kan tref.

Lees hieronder en sien hoe maklik dit kan / (dalk kan) gebeur - afhangende of die genoemde dele, veral die dele in die talle byvoegings, wel finaal in die wet opgeneem is as deel daarvan.

Vuurwapen Wet 60 van 2000 -
Seksie 4 - Verbode vuurwapens -

> Art.1(f)(iii) waarvan die looplengte verander is sonder die skriftelike toestemming van die Registrateur;

Dan hierdie skuiwergat mbt looplengte verandering in die wet -

> (2) By die toepassing van subartikel (1) (f) (iii), is die toevallige verandering van die lengte van die loop van 'n vuurwapen deur 'n wapensmid in die gewone loop van die wapensmid se werk wat nie ten doel het die verandering van die lengte van die loop van daardie vuurwapen nie, moet nie geag word 'n verandering soos beoog in daardie subartikel te wees nie.

Then according to the Amendment Bill dated 24 February 2006 of the same Section 4 -

> Art.1(g)  a device attached to the muzzle of a firearm to muffle the report.

INDIEN hierdie laaste artikel wel so opgeneem is in die wet, is talle van ons kniediep in die warm water wat wetsoortreding betref met ons puik knaldempers en tromp remme wat ons so links en regs aankoop en gebruik op ons geweer lope !!!!!!!

Is daar enige ware kenners van hierdie wet, in sy algehele omvang (alle byvoegings ingesluit), teenwoordig op hierdie forum  wat ons as jagters kan help in hierdie verband sodat ons binne die perke van die wet kan bly wat ons vuurwapens betref?

Groete,
Koos.
Interessante feite!

Ek wonder nou hoe my .22 se knaldemper die wet raak.  Die oorskuif-tipe wat geen modifikasies aan die loop tot gevolg het nie.  Art.1(g)  a device attached to the muzzle of a firearm to muffle the report.

Moet ek nou vir CFR 'n skrywe rig? 

Groetnis!

Hein

Re: Maak jy jou vuurwapen 'onwetend' 'n verbode vuurwapen?

Posted: Sat Jul 30, 2011 5:33 pm
by Monrique (SJ)
Nogal interessant!!!

Groetnis

Re: Maak jy jou vuurwapen 'onwetend' 'n verbode vuurwapen?

Posted: Sat Jul 30, 2011 6:02 pm
by Jagtersdok
Dit is regtig belaglik.
So wie het die afmetings van die wapens geinspekteur?
Niemand het na my wapens gekyk toe ek aansoek gedoen het nie

Re: Maak jy jou vuurwapen 'onwetend' 'n verbode vuurwapen?

Posted: Sat Jul 30, 2011 6:05 pm
by Wismit
As jy `n KD opsit verander jy tog nie aan die lengte van die loop nie? Jy sny mos net skroefdraad.

w.s

Re: Maak jy jou vuurwapen 'onwetend' 'n verbode vuurwapen?

Posted: Sat Jul 30, 2011 6:39 pm
by Beretta
Jagtersdok
Jy is heeltemaal reg sover my kennis strek het dit alles te doen met die ballistiese merke tydens n kriminele odersoek.Maar daar is ander eienskappe wat ook onthou moet word soos die kamer, slagpen ens wat sy eie unieke merke los.
Groete
Beretta

Re: Maak jy jou vuurwapen 'onwetend' 'n verbode vuurwapen?

Posted: Sat Jul 30, 2011 8:01 pm
by Biltongjagter
Nog verdere verwarring tov Art.1(g) in Seksie 4 - Verbode vuurwapens -

>Amendment of section 4 of Act 60 of 2000, as amended by section 2 of Act 43 of 2003 - 19/05/2006 -
3. Section 4 of the principal Act is hereby amended?
(a) by the addition to subsection (1) of the following paragraph:
??(g) a device designed to be attached to the barrel of a firearm in order to
muffle the report.??; and
(b) by the insertion after subsection (1) of the following subsection:
??(1A) Despite subsection (1), the Registrar may authorise the
possession of a device contemplated in subsection (1)(g) on application
in the prescribed manner and subject to such conditions as the Registrar
may determine.??.

Hieruit wil dit blyk dat vuurwapen eienaars mo?t aansoek doen by die Registrateur op die voorgeskrewe manier om 'n klank dempingstoestel (K/d of tromp rem) te mag gebruik.  ???

Of ons nou dink hierdie wet is belaglik of nie, dit is so deurmekaar dat enige vuurwapen eienaar kan te enige tyd vasgevat word vir een of ander wetsoortreding waarvan hy/sy nie eers naastenby 'n kans het om van bewus te wees nie.

Daarom, weereens, is hierdie van uiterste belang vir alle vuurwapen eienaars:
Is daar enige ware kenners van hierdie wet, in sy algehele omvang (alle byvoegings ingesluit), teenwoordig op hierdie forum  wat ons as jagters kan help in hierdie verband sodat ons binne die perke van die wet kan bly wat ons vuurwapens betref?
Ons het professionele regshulp nodig !!!!!!!!!

Re: Maak jy jou vuurwapen 'onwetend' 'n verbode vuurwapen?

Posted: Sun Jul 31, 2011 4:22 pm
by spekieries
Help my asb. reg

Indien daar beslag gel? word op 'n wapen na 'n kriminele oortreding word die projektiel wat herwin is eers na die tyd getoets teen die projektiel wat gevuur word uit die wapen. Dus al word die wapen na lisensiering verander bestaan daar nie vooraf kontroles om te bepaal of dit dieselfde wapen was nie.

Groete

Re: Maak jy jou vuurwapen 'onwetend' 'n verbode vuurwapen?

Posted: Sun Jul 31, 2011 4:59 pm
by Hein M.
spekieries wrote: Help my asb. reg

Indien daar beslag gel? word op 'n wapen na 'n kriminele oortreding word die projektiel wat herwin is eers na die tyd getoets teen die projektiel wat gevuur word uit die wapen. Dus al word die wapen na lisensiering verander bestaan daar nie vooraf kontroles om te bepaal of dit dieselfde wapen was nie.

Groete
Is so ja.

Ek gebruik net hael in geval so-iets ter sprake kom ;)

Re: Maak jy jou vuurwapen 'onwetend' 'n verbode vuurwapen?

Posted: Sun Jul 31, 2011 5:02 pm
by Beretta
HeinM
Onthou net die doppie ook moet hom nie los nie ;D

Re: Maak jy jou vuurwapen 'onwetend' 'n verbode vuurwapen?

Posted: Sun Jul 31, 2011 10:31 pm
by Penkop
Klink vir asof hierdie wet ge"copy" en ge"paste" is van 'n ander land af... want lyk my nie ons 'wetstoepassers' weet eens wat dit beteken of hoe om dit toe te pas nie.......???????

Re: Maak jy jou vuurwapen 'onwetend' 'n verbode vuurwapen?

Posted: Mon Aug 01, 2011 9:17 am
by PITSMIT
Manne

los n slapende hond.  moenie krap waar dit nie jeuk nie.  die assholes by cfr soek die tipe van goed.  los die post dat hy n stille dood sterf asb.  kom ons maak dit nie vir onsself warm nie

Re: Maak jy jou vuurwapen 'onwetend' 'n verbode vuurwapen?

Posted: Mon Aug 01, 2011 10:12 am
by Jagtersdok
Ek stem 100% saam Pitsmit

Re: Maak jy jou vuurwapen 'onwetend' 'n verbode vuurwapen?

Posted: Mon Aug 01, 2011 10:54 am
by Christo Els
Ek sekondeer

Re: Maak jy jou vuurwapen 'onwetend' 'n verbode vuurwapen?

Posted: Mon Aug 01, 2011 11:06 am
by Louis Kriel
Christo Els wrote: Ek sekondeer
As dit 'n boedelgeweer is en hy is nog mooit gelisensieer nie, maak dit mos in elk geval nie saak nie. :o

Re: Maak jy jou vuurwapen 'onwetend' 'n verbode vuurwapen?

Posted: Mon Aug 01, 2011 3:05 pm
by Biltongjagter
Pitsmit skryf:
Manne

los n slapende hond.  moenie krap waar dit nie jeuk nie.  die assholes by cfr soek die tipe van goed.  los die post dat hy n stille dood sterf asb.  kom ons maak dit nie vir onsself warm nie
Neels stem 100% saam met Pitsmit. Christo Els sekondeer.

As jy jou o? toe maak en oor 'n baie besige pad stap, beteken dit nie dat omdat jy nie meer die karre sien aankom nie, dat hulle nie meer daar is nie  :o

Nee manne, dieselfde slapende hond gaan jou vat wanneer jy dit die minste verwag.

Dit is waar die noodsaaklikheid inkom om iets te doen aan die saak en die slapende hond sodoende onskadelik te maak voordat hy jou kan vat waar jy nie gevat wil wees nie.

Plasings op hierdie forum soos  hierdie en ook hierdie jongstes waar iets voorgestel word en iets daadwerkliks gedoen word, is wat van ons verwag word by die aanskoue van so 'n swak wet wat ons al ons dae gee.

Bravo Fanie!!!

Groete,
Koos.

Re: Maak jy jou vuurwapen 'onwetend' 'n verbode vuurwapen?

Posted: Mon Aug 01, 2011 4:10 pm
by Jagtersdok
Dit is dalk wel so, maar gaan plaas die goed onder die regte manne se aandag wat besig is met die hofsake, dit is die plekkke waar die dinge bespreek moet word, nie hier wat daar deur almal gelees word, jy nou die sogenaamde wet aanhaal en een parate blixem dit uitverband gaan ruk en padblokade opstel en almal wil toesluit omdat die stukkie van die wet nie uitgeklaar is of hy dit nou so interpriteer. Dink wat jy s? en waar jy dit s?, presies soos die fotos met die camo's.
Al wat ek s? moenie krap waar dit nie jeuk nie. Gaan vind by die regte mense uit en maak die besware op die regte plekke. Want op die stadium weet niemand wat die wet regtig behels, watter wysigings werklik daar is en wat als geimplimenteer word. Nou met die topic wat jy hier begin het en praat van onwettige wapens is dit soos om rooilig aan te sit.
Ek het 'n regsgeleerde genader oor die saak, 'n man wat erg lief is vir gewere en hy sal verder na dit kyk, maar hier is wat hy tot dusver ges? het.

Daar sal sekerlik beswaar gemaak kam word teen die huidige definiesie ? soos jy hom daar aangedui het ? want dan sal ?n gunsmith nie eers ?n loop met ?n duim kan verkort om hom te sportise nie... ? klink nie asof dit die bedoeling van die wetgewer sou gewees het om funksionele en/of estetiese aanpassings te verhoed nie ? maar sekerlik om te keer dat wapens omgebou word in ander wapens (en vir ander doele) sonder die SAPD se medewete.



Kom ons kyk maar hoe loop die gebeure en watter besware word gehandhaaf

Re: Maak jy jou vuurwapen 'onwetend' 'n verbode vuurwapen?

Posted: Mon Aug 01, 2011 4:39 pm
by Frikkie Coetzee
Die nuutste weergawe van die Wet op die SAPS se webtuiste dui nie die wysiging aan nie Dit wil dus voorkom of knal dempers nog wettig is.

Frikkie

Re: Maak jy jou vuurwapen 'onwetend' 'n verbode vuurwapen?

Posted: Mon Aug 01, 2011 6:14 pm
by Biltongjagter
Dit is dalk wel so, maar gaan plaas die goed onder die regte manne se aandag wat besig is met die hofsake, dit is die plekkke waar die dinge bespreek moet word, nie hier wat daar deur almal gelees word, jy nou die sogenaamde wet aanhaal en een parate blixem dit uitverband gaan ruk en padblokade opstel en almal wil toesluit omdat die stukkie van die wet nie uitgeklaar is of hy dit nou so interpriteer. Dink wat jy s? en waar jy dit s?, .....
Neels, met alle respek ges?, jou volstruistaktiek, toe o? oor die besige pad stap of slapende honde nie steur nie, is beslis nie die manier van doen nie!
Ook nie om 'sorry, ek het nie geweet nie' te pleit die dag as die paw-paw die spreekwoordelike 'fan strike' nie.

Die onus rus op ek en jy en elke volgende vuurwapen eienaar om hierdie wet reg en in plek te kry of heeltemal te laat skrap. D?t sodat iets prakties en werkbaar daargestel kan word in die plek daarvan.

Ons is die ouens wat aan die pen gaan ry, of ek of wie ookal die wet in al sy chaos hier neerskryf of elders waar die hofsake geveg word, is dit steeds ons wat die ouens gaan wees wat aan die kortste ent gaan trek as ons nie opstaan vir ons regte nie.

Die regte manne se aandag is die vuurwapen eienaars, die ouens wie die wet probeer beheer en reguleer.
Daarom glo ek is daar nie 'n beter plek as juis hier, waar 'n groot konsentrasie vuurwapen eienaars saamgetrek is, om die wet te bespreek nie - gebreke en al!

Groete,
Koos.

Re: Maak jy jou vuurwapen 'onwetend' 'n verbode vuurwapen?

Posted: Mon Aug 01, 2011 8:43 pm
by Gerrit Visser
Om die wapenwet en die agter die wapenwet aan te vat is om teen donderweer te poep. Toe ons van ou ID's na nuwe barcode ID's oorgegaan het het 80% binne 4 jaar nuwe ID's besit[45 000 000]. So ook van ou bestuurs lisensies na die groen bestuurs lisensies sonder veel probleme. Hoe moeilik kan dit nou wees om  wapen lisensies te vernuwe? Die punt is die regering wil nie hulle samewerking gee nie. Hulle maak dinge so moeilik as moontlik en probeer wapen eienaars ontmoedig.

Enige van julle kan gerus vir julle DFO gaan vra watter kleur die buiteblad van die wapenwetboek is en kyk of hy weet. Die meeste sal opspring, die boek probeer soek en uitvind dat die meeste stasies nie eers so 'n boek het nie.
Dit is nie 'n geval van nie die slapende hond wakker maak nie, maar meer 'n geval van 'n dooie hond CPR gee.

G GERT

Re: Maak jy jou vuurwapen 'onwetend' 'n verbode vuurwapen?

Posted: Mon Aug 01, 2011 9:04 pm
by Biltongjagter
Hoe moeilik kan dit nou wees om  wapen lisensies te vernuwe? Die punt is die regering wil nie hulle samewerking gee nie. Hulle maak dinge so moeilik as moontlik en probeer wapen eienaars ontmoedig.
Presies!

En in die proses wil of probeer hulle jou as wapen eienaar ontneem van jou grondwetlike regte.

Die vraag is dus: Gaan ons dit toelaat?

Dit is waarom ons op ons regte moet staan en die wat agter die wet sit daaroor aan te vat.

Re: Maak jy jou vuurwapen 'onwetend' 'n verbode vuurwapen?

Posted: Tue Aug 02, 2011 10:52 am
by Biltongjagter
Die nuutste weergawe van die Wet op die SAPS se webtuiste dui nie die wysiging aan nie Dit wil dus voorkom of knal dempers nog wettig is.

Frikkie
Frikkie, die wet soos oorspronklik geskryf word nie oorgeskryf agv wysigings wat aangebring word nie.
Oorspronklike dokument bly net so onveranderd.
Wysigings aan die wet is aparte dokumente wat saamgelees/ingelees moet word met die oorspronklike geskrewe wetsdokument.

Groete,
Koos.

Re: Maak jy jou vuurwapen 'onwetend' 'n verbode vuurwapen?

Posted: Tue Aug 02, 2011 12:21 pm
by Frikkie Coetzee
Ek weet dit maar jy sal sien dat op die elektroniese weergawes word die veranderinge wel op aangebring of minstens na verwys.

Het iemand die nommer van die wysigings wet dan trek ek die Staatskoerant.

Frikkie

Re: Maak jy jou vuurwapen 'onwetend' 'n verbode vuurwapen?

Posted: Tue Aug 02, 2011 2:46 pm
by PITSMIT
Ek stem nogsteeds saam met dok neels en gert ook. Dis nie volstruis taktiek nie. Ek het nog nooit gehoor dat enige iemand in die moielikheid gekom het oor n kd nie. Ons SA jagters klub het ook nog niks aan ons genoem dat dit onwettig is nie. Almal skiet met kd's en ek is 100% seker die manne by CFR weet dat almal met dit skiet want ek wed almal dat tot van daai manne skiet met kd's. Dis onnodig dat ons baklei onder mekaar oor die topic. Op die letter is dit seker nie heeltemal reg nie maar niemand kla of kom in die moeilikheid nie. So ek se weer los die topic want dok neels is reg. Almal lees die forum tot die polisie het afdelings wat die goed dophou so los dit dan krap jy nie n halfdooie leeu se bal nie.            My 2c weer

Re: Maak jy jou vuurwapen 'onwetend' 'n verbode vuurwapen?

Posted: Wed Aug 03, 2011 8:36 pm
by Biltongjagter
Ek was gister in Carolina (klein dorpie met blanke DFO en staf) wat as een van die top presterende stasies mbt vuurwapen lisensies, ens. aangewys is in SAPD graderings.

DFO daar s? dat daar geen sprake van wetstoepassing is van enige aard mbt VWet 60 van 2000 en al sy wysigings op hierdie stadium nie, maar dat dit gaan volg een of ander tyd, is glo 'n feit.

S?, maak maar daarvan wat wie ookal wil, my raad is egter: bly binne die bepalings van die wet, wysigings en al.

Ons probleem is die korrekte interpretering van die spul chaos wat tans heers, veral die ongrondwetlike aspekte. Dit is waaroor my bekommernis op di? stadium gaan.

Frikkie, het jy enige idee wie hierdie elektroniese weergawes van die VWet so pragtig byhou soos jy beweer?

Groete,
Koos.