Page 1 of 1

1/8 Click Value on Nikon Telescope

Posted: Sat Nov 19, 2016 1:58 pm
by pietbak
Ek wil hoor by die slim manne of die berekening reg gedoen is om die "click" waarde van die "Windage and Elevation adjustment" te stel?

Re: 1/8 Click Value on Nikon Telescope

Posted: Sat Nov 19, 2016 4:49 pm
by dehacked
Dink met die verskil tussen 100 yards en meter het jy ekstra 4mm op 1moa. Jy sal seker hier by 300m dit moet begin in faktor indien jy nie reeds het nie.

Re: 1/8 Click Value on Nikon Telescope

Posted: Sat Nov 19, 2016 5:59 pm
by pietbak
Nou weer na hom gekyk. Dis heel verkeerd. My formule het nie deur getrek nie.

Re: 1/8 Click Value on Nikon Telescope

Posted: Sat Nov 19, 2016 6:53 pm
by tripodmvr
1/8 kliek = 3,175mm op 100 jaarts = 3,472mm op 100m. Dit beteken 7,3 klieks op 100m vir 25,4mm (1 duim) verplasing.

Jy met net seker maak of die 1/8 kliek in duime of MOA gegee word.

Re: 1/8 Click Value on Nikon Telescope

Posted: Sat Nov 19, 2016 8:39 pm
by pietbak
tripodmvr wrote:1/8 kliek = 3,175mm op 100 jaarts = 3,472mm op 100m. Dit beteken 7,3 klieks op 100m vir 25,4mm (1 duim) verplasing.

Jy met net seker maak of die 1/8 kliek in duime of MOA gegee word.
Dit is 1/8 moa. :-[

Re: 1/8 Click Value on Nikon Telescope

Posted: Sat Nov 19, 2016 10:15 pm
by pietbak
So op 100m is dit nie 8 Clicks nie maar net 7. Baie interesant. Ek het die tabel nou so aangepas met die regte syfers. Dankie vir die hulp.

Re: 1/8 Click Value on Nikon Telescope

Posted: Sun Nov 20, 2016 2:29 am
by Nico Harris
Skiet skiet skiet. Daai somme beteken niks sonder oefening nie- en oefening moet ondervindig raak en dan kort jy nog bietjie luck ook.. dis in elkgeval tot op 500yds..want tot daar is dit maklik...


Groete...

Re: 1/8 Click Value on Nikon Telescope

Posted: Sun Nov 20, 2016 5:52 am
by tripodmvr
1/8MOA = 3,325mm op 100 jaarts = 3,636mm op 100m.

My boonste data was met 1/8 duim gedoen.

100m = 6,99 = 7 klieks per duim

Re: 1/8 Click Value on Nikon Telescope

Posted: Sun Nov 20, 2016 6:43 am
by Ultralight
pietbak wrote:Ek wil hoor by die slim manne of die berekening reg gedoen is om die "click" waarde van die "Windage and Elevation adjustment" te stel?
Pietbak,
Ons is deesdae mos nêrens meer sonder 'n foon nie. Ek gebruik die outjie wat baie mooi werk :
Accuscope Standard (MAHALA) of
Accuscope Premium (R10, 73) vir 1/8'' click scopes
Dis op Playstore
Doen presies wat jy wil hê.
Vind dit is die vinnigste manier om scope te zero vir enige afstand, sy dit meters of jaart wees...
Beste groete,
Ultralight
tripodmvr wrote:1/8MOA = 3,325mm op 100 jaarts = 3,636mm op 100m.

My boonste data was met 1/8 duim gedoen.

100m = 6,99 = 7 klieks per duim
pietbak wrote:
tripodmvr wrote:1/8 kliek = 3,175mm op 100 jaarts = 3,472mm op 100m. Dit beteken 7,3 klieks op 100m vir 25,4mm (1 duim) verplasing.

Jy met net seker maak of die 1/8 kliek in duime of MOA gegee word.
Dit is 1/8 moa. :-[

Sent from my SM-P905 using Tapatalk

Re: 1/8 Click Value on Nikon Telescope

Posted: Sun Nov 20, 2016 6:49 am
by pietbak
Nico Harris wrote:Skiet skiet skiet. Daai somme beteken niks sonder oefening nie- en oefening moet ondervindig raak en dan kort jy nog bietjie luck ook.. dis in elkgeval tot op 500yds..want tot daar is dit maklik...


Groete...
Dag Nico. Ja ek stem. Oefen, oefen. Ek is stadig besig om die afstand te rek en dit begin 'n groot verskil maak hoe langer afstande ek skiet. So ek wil graag die admin uitsorteer dan weet ek dit is die skut en nie die "tools" nie.

tripodmvr wrote:
1/8MOA = 3,325mm op 100 jaarts = 3,636mm op 100m.

My boonste data was met 1/8 duim gedoen.

100m = 6,99 = 7 klieks per duim

Dankie Oom, het hom so.

Re: 1/8 Click Value on Nikon Telescope

Posted: Mon Nov 21, 2016 2:20 pm
by pietbak
EK hoop hy is nou reg Oom Tripod?