Page 1 of 1

Otters

Posted: Mon Aug 03, 2009 6:25 pm
by Avibus
Dags?

Ek het so tussendeur verneem dat otters ook 'n groot probleem is vir skaapboere. Die otters vang die lammers dan sleep hulle kuile toe en as jy nie gereeld by die kuile kom nie, vind jy nooit die karkasse nie.Hoe 'n groot probleem is otters.

Die ou manne wat destyds betrokke was by Oranje Jag het my vertel dat otters gereeld hulle honde se neuse, veral windhonde se neuse afskeur dat die hond uitgesit moet word. Verder noem hulle dat daar geen hond is wat 'n otter kan doodbyt nie aangesien sy vel sos los is dat daar waar hy gebyt word, hy hom uitwurm en die hond dan goed seermaak. Ek is ges? dat as jy hom in 'n yster vang van kom hy los met sy los vel.

Die naweek 'n interessante ding gehoor. 'n Vrou het langs die lagoon by Hermanus gaan stap met haar labrador. 'n Otter met twee kleintjies word toe opgemerk en die labrador storm toe die otter. Op haar beurt lok die otter toe die hond in die water in, byt hom aan sy neus en versuip hom.

Kommentaar asb

Re: Otters

Posted: Mon Aug 03, 2009 8:38 pm
by Freddie101
Hier by my (Tarkastad ooskaap) het ek hulle nog net eenmaal self gesien. As ek reg is is dit die cape clawless otter volgens wat ek nageslaan het na ek hulle gesien het. Maar sien gereeld die spore en hulle het nog nooit by my skade gemaak nie so ek pla hulle nie en hulle nie vir my nie. Daar is egter nou en dan mense wat se hulle het veeverliese agv hulle. Dit is maar sover my kennis strek
Freddie

Re: Otters

Posted: Tue Jan 19, 2010 6:35 pm
by tobie
ek het otters(boer langs spruit) en het al hulle spoore gesien tussen lamer ooie deur loop maar nooit iets gevang nie,n bul wind hond byt hom dood,maar n killertrap kan hy oop maak.as jy modder op hom kry weet maar dit was 1
Tobie

Re: Otters

Posted: Wed Jan 20, 2010 11:47 am
by Stephan
Hi

Ons het ook nog nooit skaap verloor a.g.v n otter nie,So ons los hul in vrede want hul pla nie, net al gehoor die manne praat van dat hul hoenders ook al verloor het. verder dink ek eet hul maar krappe,vis voeltjies en dalk eende. Hul eet definitief n klomp krappe want dit word duidelik in hul mis gesien. Honde kan egter n otter dood byt mits hul hom op droee grond of baie vlak water kry, die otter versuip n hond in diep water daar is hy n hond se baas.

Groete

Re: Otters

Posted: Sat Feb 27, 2010 9:18 pm
by Biker
AVIBUS

Hier by my sluit die otters wel lammers by hul dieet in Hulle is oppertunisties en sal nie noodwendig hulle teiken nie.

November 2009 het skoonseun een tussen die ooie met lammers gesien, nadat die skaap weggehardloop het,  hetdie otter vasgesteek en aan iets begin eet. Hy skiet hom toe en daar gekom ,le die otter toe by n' lam pas gevang.

Dit was n' ou wyfie met omtrent niks tande nie, maar spekvet. Die lande was so 1km van n' kloof af.

Ek het ook so 5 verloor oor al die jare van otters

Wil n' foto insluit maar moet nog uitvind hoe? Kry nie die foto oor vanaf my pictures nie. Kan iemand help?

BIKER

Re: Otters

Posted: Sat Feb 27, 2010 10:17 pm
by Francois Marais
Oom Biker

Gaan kyk hier

http://jaracal.com/http://jaracal.com/phpbb//viewtopic.php?t=9

Hein gee volledige beskrywing van hoe om fotos te plaas, dit klink , en lyk, BAIE moeiliker as wat dit is.

Mooi loop
Francois

Re: Otters

Posted: Sun Feb 28, 2010 12:30 pm
by Biker
AVIBUS

Hier is die foto van die otter wat bo-op die lam geskiet is


Image

Re: Otters

Posted: Tue Mar 09, 2010 7:57 am
by Avibus
Hi Biker

Dis 'n fris otter, daai. Die ratel en die otter het baie in gemeen waar dit kom by vasbeslotenheid. So terloops die man van jou wat die otter vashou lyk darem baie soos Oom Thabo. Werk hy dan nou vir jou noudat hy die stuur van die land oorgegee het?

Groetnis

Re: Otters

Posted: Wed Mar 10, 2010 8:25 pm
by Biker
AVIBUS

Ja sy het amper niks tande gehad nie, maar spekvet![quote="Avibus"]


lyk darem baie soos Oom Thabo. 

Eintlik nie vir my nie maar vir skoonseun.

Is jy n falkenier?

Groete BIKER

Re: Otters

Posted: Wed Mar 17, 2010 8:20 pm
by GREYHOUND
Naand se
Gestraand by ou gaan jag wat weer elke aand 2 tot 3 lammers verloor, lammers word sommer op die rug gebyt en gelos, ander word amper heeltemal opgevreet kop en al. Na n lang geroep niks nie, ry toe n draai en kry toe jakkals maar hy kom weg in mielieland. Ry toe weer waar ooie lam en tel n oog op, toe ons nader ry sien ek dis n groot otter sommer daar tussen die ooie.
Wel ek kan julle net een ding se so otter is nie n jakkals nie, die windhonde het hul hande vol gehad, hy vrek nie sommer nie, hy is so taai soos kan kom, het self moes inspring en hand bysit.
Anyway die naaste vlei is so 2km daarvandaan en so klein pannetjie so 1.5km, die manier wat gevang en gevreet was, is ek seker dat dit hy moes wees. 
Net so tip, as hy n hond gebyt het spuit sommer dadelik antibiotika, hy het n "cocktail" in daai bek van hom wat oornag in n ergere infeksie ontaard.
Groete Greyhound