Page 1 of 1

Soek klein flits

Posted: Fri Nov 18, 2016 8:56 am
by Arnold
Ek kyk tans na die Olight S mini Baton.
Enige ander voorstelle in die klas?

500 lumen
CR123 battery

Hierdie is sommer n "gebruik vir alles" flits maar ek hou baie van die klein flitsie alhoewel ek dink iets groter wat meer plek in die hand opneem dalk beter kan werk?

Re: Soek klein flits

Posted: Fri Nov 18, 2016 9:02 am
by Carl
Nitecor se reeks. Ek het een nou al so 2 jaar geen probleem nie. En hulle is baie stewig, vat houe en werk.

Re: Soek klein flits

Posted: Fri Nov 18, 2016 9:24 am
by Supacow
Wat is die voordeel van daai CR123 battery wat peperduur is teenoor AA? As iets nie met n D of AA battery werk koop ek hom nie want om die battery te vervang is amper n nuwe toestel se prys.

Re: Soek klein flits

Posted: Fri Nov 18, 2016 9:31 am
by Ranger
If you're ok with a bigger torch, order a P60 host and then choose a module to go with it.

Something like these:

http://customlites.com/category.sc;jses ... egoryId=32

http://customlites.com/product.sc?produ ... egoryId=26

Re: Soek klein flits

Posted: Fri Nov 18, 2016 9:43 am
by Willeboer
Eh het n Nitecore P10 en MH 26, sal dit vir geen ander flits ruil nie. Goeie waarde vir geld

Re: Soek klein flits

Posted: Fri Nov 18, 2016 10:20 am
by Carl
Supacow wrote:Wat is die voordeel van daai CR123 battery wat peperduur is teenoor AA? As iets nie met n D of AA battery werk koop ek hom nie want om die battery te vervang is amper n nuwe toestel se prys.
http://flashlight.nitecore.com/product/srt7
Ek het so flits, sy battery is duur ja maar dit loop herlaai en werk nou vir die 2 jaar al. AA se mAh is nie genoeg nie.

Re: Soek klein flits

Posted: Fri Nov 18, 2016 3:03 pm
by Chevvy SS

Re: Soek klein flits

Posted: Fri Nov 18, 2016 3:11 pm
by LoopSoosStroop
Ek het 'n Nitecore MT21A.

Hy werk met twee AA batterye, en is lekker lig en handig, gly maklik in broek sak in omdat hy so dun is.

Ek verkies AA baterye want as mens 'n herlaaibare battery het is die ding altyd pap as jy hom wil gebruik. Ek gooi so 'n pakkie spaar geseelde Duracells in al my karre se cubby hole, dan het ek altyd vars krag.

En hy is baie goed geprys.

http://nitecoresa.co.za/home/flashlight ... 60-lumens/

Re: Soek klein flits

Posted: Fri Nov 18, 2016 3:21 pm
by Supacow
Stroop my en jou ervaring van n herlaaibare pappery stem nogal ooreen

Re: Soek klein flits

Posted: Sat Nov 19, 2016 4:02 pm
by Boersonderroer
Ek het hierdie een en hy werk soos 'n bom

http://torchguy.com/products/crelant-vampire-v6cs

Re: Soek klein flits

Posted: Sat Nov 19, 2016 4:41 pm
by Giepie
Ek het 'n Nitecore CR6 en is BAIE tevrede. Battery is herlaaibaar, maar hou baie lank. Soos met enige iets moet jy net sorg dat dit gereed is. Ek herlaai die battery ten minste elke 2 maande en dit nog nie pap gekry nie. Met die beurtkrag in die aande draai ek dit om dat dit teen die dak skyn en dit maak lig vir die hele kamer, lees selfs boek. Die rooi lig werk ook lekker, veral as jy nie nagblind wil word nie. Ek het dit nog min op volsterkte gebruik, meeste van die tyd op 2 of 3.

Re: Soek klein flits

Posted: Mon Nov 21, 2016 6:12 am
by Plaashaas
My kriteria vir n EDC flits is:
1. Rechargeable battery/e, verkieslik standaard AA en via USB. Dus kan mens vol spaar batterye hou en met die USB kan mens basies enige plek charge.
2. Klein, dun en lig. Mens kan hom dan in die mond vas byt as jy altwee hande nodig het.
3. Tail clicker switch - gemaklik as jy net een hand het, bv. pistool in ander hand.
4. As dit n kwaliteit LED en lens is, is 400 lumens meer as genoeg.
5. Olight, nightcore, Fenix, LED Lenser is almal goed
6. Prys. Goedkoper is in die geval beter - jy gaan jou EDC flits verloor een of ander tyd.