Page 1 of 2

Ongelooflik hoe taai diere is.

Posted: Thu Nov 17, 2016 9:51 am
by DWB
Ek was bevoorreg om laas naweek te gaan vlakvarke jag in Pongola.

Hulle het darem nou reen gekry en dit lyk heelwat beter.

Het 'n paar keer varke gekry, maar hulle is of te skugter of te klein gewees.

Ons het skielik op hierdie beer en sy tjommies afgekom.

Ek het net die gids uit die pad geskuif en geskiet.

Gewapen met die 404 Jeffery en Aimpoint Micro en 400gr Barnes TSX is dit darem 'n lekker kombinasie vir vinnig skiet.

Ek het die beer so raps te vêr agter geskiet, maar ek dink hy het probeer wegvlieg toe ek skiet.

Hy is darem vinnig genoeg dood.

Die vark het nie 10m gemaak van waar hy was nie.

Toe ek by hom kom toe sien ek die moewiese gat op sy heup.

Dog eers hoe de hel het ek nou geskiet toe ek sien dis 'n ou wond.

Die snye is presies reghoekig, so ek vermoed hy het in 'n draad vasgesit.

Was darem 'n mooi vark.

https://dl.dropboxusercontent.com/u/65759801/Nov%202016/VV4.jpg

https://dl.dropboxusercontent.com/u/65759801/Nov%202016/VV5.jpg

https://dl.dropboxusercontent.com/u/65759801/Nov%202016/VV3.jpg

https://dl.dropboxusercontent.com/u/65759801/Nov%202016/VV2.jpg

https://dl.dropboxusercontent.com/u/65759801/Nov%202016/VV6.jpg

https://dl.dropboxusercontent.com/u/65759801/Nov%202016/Vlakvark%201.jpg

Re: Ongelooflik hoe taai diere is.

Posted: Thu Nov 17, 2016 9:58 am
by Rooster1089
Baie mooi vark daai, geluk!

Re: Ongelooflik hoe taai diere is.

Posted: Thu Nov 17, 2016 10:45 am
by alecjohnson
wow! dis ongelooflik!

Re: Ongelooflik hoe taai diere is.

Posted: Thu Nov 17, 2016 10:47 am
by DWB
Dankie julle.

Re: Ongelooflik hoe taai diere is.

Posted: Thu Nov 17, 2016 10:48 am
by Chris Roux
Geluk! Dit bly darem lekker om die varke so om te rol.

Re: Ongelooflik hoe taai diere is.

Posted: Thu Nov 17, 2016 10:53 am
by DWB
Chris Roux wrote:Geluk! Dit bly darem lekker om die varke so om te rol.
Net so Chris, dis hoekom ons Saterdag weer gaan :)

Re: Ongelooflik hoe taai diere is.

Posted: Thu Nov 17, 2016 11:27 am
by swc-tr
DWB wrote: Gewapen met die 404 Jeffery en Aimpoint Micro en 400gr Barnes TSX is dit darem 'n lekker kombinasie vir vinnig skiet.

Ek het die beer so raps te vêr agter geskiet, maar ek dink hy het probeer wegvlieg toe ek skiet.

Hy is darem vinnig genoeg dood.
Baie geluk met die mooi vark.
Daar is egter 'n goeie les hier vir ons almal, skootplasing (selfs met 'n "olifant-geweer") is baie meer belangrik as die kaliber en selfs die koeel.

Re: Ongelooflik hoe taai diere is.

Posted: Thu Nov 17, 2016 11:28 am
by DWB
Dit is absoluut so.

Daar is nie 'n kaliber vir 'n swak skoot nie.

Die volgende een het darem met QA skoot van net voor die boud in en onder die oorkanste oog uit nog voor sy die grond getref het die lewe verlaat.

Re: Ongelooflik hoe taai diere is.

Posted: Thu Nov 17, 2016 11:38 am
by Frederik
Geluk Deon hoop jy kan weer mooi fotos opsit na die naweek.

Re: Ongelooflik hoe taai diere is.

Posted: Thu Nov 17, 2016 11:40 am
by DWB
Dankie Mater

Re: Ongelooflik hoe taai diere is.

Posted: Thu Nov 17, 2016 11:43 am
by ruaanb
Geluk man!

Re: Ongelooflik hoe taai diere is.

Posted: Thu Nov 17, 2016 12:06 pm
by Edu
Lekker wielneuse! Baie geluk!

Re: Ongelooflik hoe taai diere is.

Posted: Thu Nov 17, 2016 12:24 pm
by Konrad308
Dis sommer n mooi vark daai!

Sent from my SM-G930F using Tapatalk

Re: Ongelooflik hoe taai diere is.

Posted: Thu Nov 17, 2016 12:26 pm
by DWB
Dankie julle!

Gelukkig laat my demografie my nie toe om 'n gulde lid te word nie, anders sou hulle my seker nou moes skors :P :P (Ek spot net!!!!!)

Re: Ongelooflik hoe taai diere is.

Posted: Thu Nov 17, 2016 12:33 pm
by Frederik
Deon daai skeur het ek al van te vorentoe gesien en dit was deur koeels. Lyk of vlakvark vel taai is maar as hy skeur, skeur hy mooi.

Re: Ongelooflik hoe taai diere is.

Posted: Thu Nov 17, 2016 1:42 pm
by FHM
Baie geluk DWB! ;)

Daai wielnesue is taai mater - die gesegde moes eintlik gegaan het "so taai soos n vlakvark"
Het al gesien hoe n kar voor my daai vark stamp dat hy oopbars en hy staan op en hardloop draad toe en is deur met sy binnegoed wat agterhom aansleep! Het self met n 4x4 oor n vark gery - hoor hoe rol ek hom onder die bakkie - stop en kyk in tru-spieel en sien varkie skud hom af en spaander bos toe. Om net 2 voorbeelde te noem.

Re: Ongelooflik hoe taai diere is.

Posted: Thu Nov 17, 2016 1:52 pm
by DWB
Dis rof!

Re: Ongelooflik hoe taai diere is.

Posted: Fri Nov 18, 2016 12:58 am
by koos 2
Baie geluk

Re: Ongelooflik hoe taai diere is.

Posted: Fri Nov 18, 2016 6:37 am
by LongWolf
Baie mooi, geluk.

Ek dink ons almal stem oor skoot plaasing, veral op die spesies wat berug is vir taai wees.

Re: Ongelooflik hoe taai diere is.

Posted: Fri Nov 18, 2016 7:38 am
by Frederik
Hoe is Skootplasing ter spake hier as jy op die oomblik is om die sneller te breek en die dier beweeg? Ons jag mos nie op papier wat stilstaan nie. Dit is ongelukkig iets wat altyd gaan gebeur en deel van die sport niemand wil onnodig slegte skote skiet op lewende wild nie. Soos die gesegde sé as jy nog nie gekwes het nie het jy nog nie genoeg gejag nie.

Re: Ongelooflik hoe taai diere is.

Posted: Fri Nov 18, 2016 8:20 am
by DWB
Dankie manne,

Julle verstaan sekerlik dat ek nie die vark aspris te vêr agter geskiet het nie.

Daai vark het nie 10m gevorder van waar hy was nie en ek was onmiddelik reg met 'n opvolg skoot al was dit nie nodig nie.

Die hele draad gaan eintlik oor die besering wat die vark gehad het en hoe hy nogsteeds oorleef het, nie oor my nie.

Re: Ongelooflik hoe taai diere is.

Posted: Fri Nov 18, 2016 8:35 am
by Boersonderroer
Baie geluk, baie mooi vark. Ek het erens 'n foto van 'n springbok gesien waar 'n koeelwond gesond geword het op die bokant van sy rug waar hy die vorige seisoen gewond is. Dink as dit 'n mens was het hy van infeksie gedooi.

Re: Ongelooflik hoe taai diere is.

Posted: Fri Nov 18, 2016 10:49 am
by Born2Late
More ouens. Net n vraag vir interresantheid. Sal so n groot wond die kwaliteit van die vleis beinvloed. Die wond lyk nie septies nie maar die ligaam vervaardig mos maar nuwe selle om die gat toe te maak.
Netjiese ot. Baie geluk.
Groete.

Re: Ongelooflik hoe taai diere is.

Posted: Fri Nov 18, 2016 10:57 am
by Frederik
Goeie vraag, ek is self skrikerig om dier te eet wat siek of selfs gekwes was en vir paar dae eers rond geloop het voor hy van kant gemaak is. Behalwe dat dier nie gesond was nie kan ek nie sien dat die vleis ook nie taai gaan wees nie.

Re: Ongelooflik hoe taai diere is.

Posted: Fri Nov 18, 2016 11:04 am
by DWB
Hi Telaatgeboore,

Snaaks genoeg, al kon ek sien dis ñ ou wond, en hy geensins ñ reuk gehad het nie, het ek maar die vark vir die werkers gelos. Hulle het my darem nie die fooi vir die vark gevra nie. Hy sou my R2000 gekos het weens sy tande!

Maar met die res van die karkas was niks snaaks