Page 1 of 1
Anneal van groter doppe
Posted: Thu Nov 17, 2016 7:18 am
by Smitstertjies
Gou by julle slim ouens hoor.
Ek anneal my klein en medium doppe soos 260 rem, 6.5x55, 30-06 sonder enige probleme.
Die naweek het die eerste keer my 338LM doppe anneal na 3 keer se skiet.Gewone prosedure gevolg: Tempilac so 5mm onder die skouer aangewend. Doppe deur die Auto Annealer gehardloop en hy spoeg hom uit as die tempilaq smelt.
Met die 338 doppe moes ek die vlam egter so half op skouer en half op nek plaas sodat die tempilac smelt. Wanneer ek die vlam op die nek alleen plaas het die tempilac nie gesmelt nie teen die tyd wat die dop uitgespoeg word. As ek die annealer se spoed meer afdraai word die nek weer rooi warm voordat die tempilac smelt.
Die gevolg is dat die doppe pragtig anneal is van 5mm onder die skouer tot bo in die nek. Maar so 2mm van die nek bo tot teen die bek is nie anneal nie. Jy kan dit duidelik sien aan die pragtige blou streep.
Ek voel dat daar nie n probleem behoort te wees nie, aangesien 90% van die nek anneal is.
Wat dink julle?
Re: Anneal van groter doppe
Posted: Thu Nov 17, 2016 8:27 am
by PWV
Baie skuts gebruik 'n "potloodpunt" vlammetjie wat nie die hele gebied dek wat uitgegloei behoort te word nie. 'n Breër vlam, wat die nek en skouer dek, doen 'n beter job!
Re: Anneal van groter doppe
Posted: Thu Nov 17, 2016 8:35 am
by Jean Marais
Jy kan ook die hoek van die vlam effe skuins na vore toe probeer maak, sodat hy na die bek van die dop toe brand. Ek sou egter met hierdie kaliber se doppe, eerder op tyd werk as met tempilaq, agv die dikker wande van die doppe, of miskien die tempilaq nader aan die skouer opsit. Die dikker dopwande se geleiding sal stadiger wees as kleiner kalibers s'n.
Re: Anneal van groter doppe
Posted: Thu Nov 17, 2016 8:37 am
by Capt. Yoda
EK sit my "potlood" vlam presies op die skouer/nek junction en smeer dan die eerste 3 doppe tempilag so 3mm onder die skouer en ook binne in die nek, die onder die skouer is sodat ek kan kyk laat die dop onder toe nie "warem" raak nie en die in die nek is om my te wys as die dop reg is. Al 2 smelt gelyk met my kalibers wat ek voor laai, tempilaq binne in die nek werk baie beter omdat die direkte vlam veral met die groot vlamme geen impak op die tempilaq het nie. Sodra die templiaq binne in die nek smelt is jy reg
Re: Anneal van groter doppe
Posted: Thu Nov 17, 2016 9:35 am
by DawieKotze
Capt. Oblivious wrote:EK sit my "potlood" vlam presies op die skouer/nek junction en smeer dan die eerste 3 doppe tempilag so 3mm onder die skouer en ook binne in die nek, die onder die skouer is sodat ek kan kyk laat die dop onder toe nie "warem" raak nie en die in die nek is om my te wys as die dop reg is. Al 2 smelt gelyk met my kalibers wat ek voor laai, tempilaq binne in die nek werk baie beter omdat die direkte vlam veral met die groot vlamme geen impak op die tempilaq het nie. Sodra die templiaq binne in die nek smelt is jy reg
Watter tempilaq gebruik jy vir in die nek?
Re: Anneal van groter doppe
Posted: Thu Nov 17, 2016 11:05 am
by Smitstertjies
Hoor wat julle se. My vraag is eintlik. Moet ek bekommered wees oor daai 1mm tot 2 mm bo teen die bek wat nie annealed is nie? Skiet ek daai dop net so?
Re: Anneal van groter doppe
Posted: Thu Nov 17, 2016 11:43 am
by PWV
As iets nie heeltemal reg is nie, is dit mos nie reg nie!
Re: Anneal van groter doppe
Posted: Thu Nov 17, 2016 12:03 pm
by Capt. Yoda
DawieKotze wrote:Capt. Oblivious wrote:EK sit my "potlood" vlam presies op die skouer/nek junction en smeer dan die eerste 3 doppe tempilag so 3mm onder die skouer en ook binne in die nek, die onder die skouer is sodat ek kan kyk laat die dop onder toe nie "warem" raak nie en die in die nek is om my te wys as die dop reg is. Al 2 smelt gelyk met my kalibers wat ek voor laai, tempilaq binne in die nek werk baie beter omdat die direkte vlam veral met die groot vlamme geen impak op die tempilaq het nie. Sodra die templiaq binne in die nek smelt is jy reg
Watter tempilaq gebruik jy vir in die nek?
Dawie ek gebruik die 450F (wit een) buite en binne, ek het eers die 450 buite onder die skouer gesmeer en dan die 650 in die nek maar met my masjien en gas en hoe ek die vlam op die dop laat brand was die dop al tot by die gesig oor warem teen die tyd wat die 650 in die nek waterig geraak het. Het maar klomp PMP doppe op geoffer en gespeel tot ek n manier gekry het wat vir my werk.
Re: Anneal van groter doppe
Posted: Thu Nov 17, 2016 1:37 pm
by Smitstertjies
Hi Oom Pieter, julle is mos die anneal gurus. Gee my n reguit antwoord samblief Oom. Kan ek so skiet, of moet ek oor anneal?
Re: Anneal van groter doppe
Posted: Thu Nov 17, 2016 2:32 pm
by PWV
Smitstertjies wrote:Hi Oom Pieter, julle is mos die anneal gurus. Gee my n reguit antwoord samblief Oom. Kan ek so skiet, of moet ek oor anneal?
Smitstertjies, daar sal nie iets ernstigs gebeur as jy skiet nie, maar die doppe se voorpunte, soos jy sê, is nou nie uitgegloei nie. Dit beteken die nek se voorste deel is hard en die res agtertoe is sag. Die greep van die dop op die koeël (punt) gaan dus nie egalig wees nie en oor die lang duur kan barste ontwikkel.
As ek jy is, sal ek by 'n volgende uitgloeisessie sorg dat die nekke egalig uitgegloei word.
Groetnis
Re: Anneal van groter doppe
Posted: Thu Nov 17, 2016 3:36 pm
by Smitstertjies
Dankie Oom. Miskien 1 keer skiet en weer anneal
Re: Anneal van groter doppe
Posted: Thu Nov 17, 2016 9:49 pm
by Reloader270
Verskillende fabrikaat doppe anneal nie almal teen dieselfde temperatuur nie en kleiner doppe anneal baie vinniger as groter doppe. Ek toets elke fabrikaat teen sy eie spoed. Soos wat die gas ook laer word moet mens verstellings aan die vlam doen om dieselfde effek te kry.
Ek dink nie dit gaan 'n probleem wees as jy die doppe net weer deur die annealer sit met die vlammetjie slegs op die nekke nie.
Re: Anneal van groter doppe
Posted: Fri Nov 18, 2016 2:20 pm
by THOMAST
Smitstertjies, ek dink jy moet 'n groter deursnit vlam konus gebruik.
Ek het 'n paar jaar terug 'n stel aangeskaf met 3 groote koppe wat op gewong gasbottel opskroef. Werk baie lekker.
Gebruik jy een van die Gloeiman produkte?