Page 1 of 2

1ste BwB

Posted: Tue Nov 15, 2016 11:33 am
by Malan123
Het hierdie jaar my 1ste blou wildebeest geskiet in die Kwazulu-Natal Midlands. Tikka T3 in 300 win mag. Het hierdie ou bul op so 150m geskiet bo op 'n bergie. Het vroeg oggend die trop begin bekruip en toe plek ingeneem aan die voet van die berg - kwaai opdraend geskiet.

Was 'n pragtige oggend en die bule het so 10m gestap voor hy omval

Re: 1ste BwB

Posted: Tue Nov 15, 2016 11:54 am
by ruaanb
Netjies!

Re: 1ste BwB

Posted: Tue Nov 15, 2016 11:56 am
by tripodmvr
Mooi vel en horings - jy hulle gemeet?

Re: 1ste BwB

Posted: Tue Nov 15, 2016 11:56 am
by Tikka_25-06
Baie mooi bul en baie geluk!

Sent from my EVA-L19 using Tapatalk

Re: 1ste BwB

Posted: Tue Nov 15, 2016 12:41 pm
by Frederik
Mooi bul baie geluk. My eerste bloubees geskiet in 1995 toe was hulle nie so gewild soos nou nie maar met huidige pryse is hy nou die goedkoopste groot bok wat mens kan jag en goeie waarde vir die geld.

Re: 1ste BwB

Posted: Tue Nov 15, 2016 12:53 pm
by Malan123
Dit was 'n besonderse mooi vel. Horings was netso onder 29 duim en karkas gewig was 92kg

Re: 1ste BwB

Posted: Tue Nov 15, 2016 12:55 pm
by Malan123
Frederik dit is net soos jy daar se. Dit raak deesdae onbekostigbaar om te gaan jag. Met bwb kom mens nog redelik goedkoop weg en die vleis was regtig baie lekker

Re: 1ste BwB

Posted: Tue Nov 15, 2016 12:58 pm
by Stephan86
Dit is regtig 'n baie mooi daai, baie geluk.

Re: 1ste BwB

Posted: Tue Nov 15, 2016 1:00 pm
by alecjohnson
Pragtig!!!

Besondere mooi foto daai!

Re: 1ste BwB

Posted: Tue Nov 15, 2016 1:06 pm
by Carl
Prag trofee en dit klink ook na 'n lekker jag.

Re: 1ste BwB

Posted: Tue Nov 15, 2016 2:12 pm
by Konrad308
Baie geluk.

Sent from my SM-G930F using Tapatalk

Re: 1ste BwB

Posted: Tue Nov 15, 2016 2:32 pm
by Chevvy SS
Mooi man!

Re: 1ste BwB

Posted: Tue Nov 15, 2016 3:04 pm
by Boesman10
Mooi ene. Wat se koel en koel gewig het jy gebruik. My geliefste wildsvleis is Blouwildebees.

Re: 1ste BwB

Posted: Tue Nov 15, 2016 4:11 pm
by Edu
Baie geluk!

Lyk of dit kon koud wees ;D

Re: 1ste BwB

Posted: Tue Nov 15, 2016 4:43 pm
by Malan123
Dankie Menere. Hierdie was met 180 grein Sierra gamekings geskiet. Ek het intussen oorgeskakel na Nosler BT toe. Toe ons daar aankom was dit so 4 gewees, maar bietjie vroeer op die pad het my bakkie -6 gewys, so ja dit was nogal koel.

Re: 1ste BwB

Posted: Tue Nov 15, 2016 4:57 pm
by 6.5/284Norma
Mooi bees Malan!

Re: 1ste BwB

Posted: Tue Nov 15, 2016 5:04 pm
by Malan123
Dankie Oom Johan. Ek het klaar vir ons so paar gebook vir volgende seisoen. Intussen moet 'n man maar na fotos sit en kyk.

Re: 1ste BwB

Posted: Tue Nov 15, 2016 7:22 pm
by 6.5/284Norma
Malan123 wrote:Dankie Oom Johan. Ek het klaar vir ons so paar gebook vir volgende seisoen. Intussen moet 'n man maar na fotos sit en kyk.
Regso, ons sal maar op papierbeeste oefen!

Re: 1ste BwB

Posted: Wed Nov 16, 2016 5:37 am
by honda2
Lekker man. Daai BWB het n pragtige skof.

Re: 1ste BwB

Posted: Wed Nov 16, 2016 6:07 am
by neef
mooi een Malan geluk

Re: 1ste BwB

Posted: Wed Nov 16, 2016 7:00 am
by win270
Knap gedaan!! Baie goeie skootplasing as ek so na die foto kyk. Mens hoor van so baie jagters wat die plaas moes platloop na die eerste skoot op 'n BWB.

Re: 1ste BwB

Posted: Thu Nov 17, 2016 6:10 am
by Ben Remington
Baie mooi blouwbees...baie geluk.

Re: 1ste BwB

Posted: Thu Nov 17, 2016 6:21 am
by Ashley
Baie geluk met daai 1shot kill!
As ek jou ammo pouch op jou kolf so kyk was jy gereed om oorlog teen daai bwb te maak >:D

Mooi geskiet!

Re: 1ste BwB

Posted: Thu Nov 17, 2016 8:14 am
by Malan123
Hulle noem hom nie verniet die arm man se buffel nie. Dankie Menere. Ek moet bieg dat die 2de een wat ek geskiet het 2 skote nodig gehad het. Die 1ste een was hoog in die nek, maar het werwels gemis. Het hom toe na so 30 min gekry en mooi agter die blad geskiet. Toe is ek dankbaar vir die baie patrone :)

Re: 1ste BwB

Posted: Thu Nov 17, 2016 4:53 pm
by theedge
Baie mooi bul en baie geluk