Page 1 of 1

FUTURAMA online store

Posted: Mon Nov 14, 2016 1:38 pm
by Tienie
Het enige kommentaar oor hulle diens.

Ek wil n Hawke teleskoop bestel maar die kaap is bietjie ver van my af om my geld/of scope te gaan soek.......

Re: FUTURAMA online store

Posted: Mon Nov 14, 2016 1:59 pm
by ruaanb
Bestel direk by Suburban wat die agente is.

Re: FUTURAMA online store

Posted: Mon Nov 14, 2016 2:01 pm
by joe rocket
Gaan koop die Hawke bytes Surburban Guns hulle is die agente.

Re: FUTURAMA online store

Posted: Mon Nov 14, 2016 2:04 pm
by DriesdlR
Hulle diens is puik!!

Re: FUTURAMA online store

Posted: Mon Nov 14, 2016 3:53 pm
by Tienie
Dankie almal

Re: FUTURAMA online store

Posted: Mon Nov 14, 2016 6:31 pm
by tripodmvr
Ek het onlangs deur Futurama gekoop. Maandag bestel en betaal en Dinsdagmiddag per koerier ontvang. Koerierkoste = R69.

Re: FUTURAMA online store

Posted: Tue Nov 15, 2016 10:45 pm
by theedge
Dankie

Re: FUTURAMA online store

Posted: Thu Jan 27, 2022 8:03 pm
by OosKaapJagter
Hoe ervaar julle hulle diens deesdae?

Ek kort 'n stel visiere vir 'n 1911A1. Al die bekende manne het nie wat ek kort nie. My pistool vereis spesifiek die visiere met die voorste "staked in" tipe en nog meer spesifiek die met die ou ".055 inch tenon".

Futurama is die enigste plek wat dit adverteer behalwe vir Dave Sheer, maar Dave Sheer het nie voorraad nie. Die probleem wat ek ervaar is dat Futurama se webtuiste voorsiening maak daarvoor dat jy kan vra of hulle voorraad het. Ek het dit probeer, maar geen terugvoer gekry nie. Plan B was om hulle te kontak op "Contact us" en weereens het ek geen terugvoer daarop gekry nie. By beide opsies moes ek my e-pos verskaf. Ek is huiwerig om besigheid te probeer doen met iemand wat nie reageer op boodskappe nie; so iets is gewoonlik erger as geld reeds oorbetaal is! Ek kan hulle seker skakel, maar met aanlyn besighede doen ek slegs besigheid as daar goeie terugvoer oor hulle diens is.

My voorste optiese vesel visier vlieg seker nou nog iewers na my laaste skietsessie. Ek moes noodgedwonge self 'n nuwe een maak wat diensbaar is met optiese vesel pennetjie en al. Dit werk, maar is nie so netjies soos wat ek dit graag sou wou hĂȘ nie.

Re: FUTURAMA online store

Posted: Thu Jan 27, 2022 8:47 pm
by finch
Ek het al windbuks pellets by hul fisiese winkel hier langs die mall gekoop. Ook bietjie gesels oor my pcp en hulle het nie geskroom om my te verwys na n ander winkel wat my dalk kan help omdat hulle my nie kan help nie. Seker nie helemal van toepassing nie maar hul het ook redelik baie hydroponics stelsels te koop. Hul mark lyk vir my na mense met 'groen vingers' vir rekreasie...

Re: FUTURAMA online store

Posted: Mon Apr 22, 2024 7:41 am
by Chris (vdB)
Het onlangs by Futurama gekoop, hul diens was uitstekend. Mooi so Michael!