Page 1 of 1

Plaaswerk

Posted: Sun Nov 13, 2016 4:40 pm
by Roxette
Ek soek werk!
Plaaswerk asb

1. Ek kan n verkeerde perd opsaal
2. Baie hooi op my vurk laai
3. Ou koeie uit die sloot haal
4. Katte skiet
5. Kan met die hele sak patats vorendag kom
6. Wingerdgriep kry
7. Wrangvrugte pluk
8. Versigtig op eiers loop
9. Goed balke saag
10. Twak verkoop
11. Appels swaai
12. Wys waar David die wortels begrawe het
13. Perels voor die swyne werp
14. Met ander se kalwers ploeg
15. Saam met die hoenders slaap
16 Bul by die horings pak
17. En vir wolf skaapwagter maak

Dankie ;D ;D

Re: Plaaswerk

Posted: Sun Nov 13, 2016 5:05 pm
by Flip Nel
;D ;D ;D ;D ;D

Re: Plaaswerk

Posted: Sun Nov 13, 2016 5:20 pm
by Heinz Petersen
Lyk my jy is wilder as die wildtuin. :)

Re: Plaaswerk

Posted: Sun Nov 13, 2016 5:46 pm
by joe rocket
Heinz Petersen wrote:Lyk my jy is wilder as die wildtuin. :)

Nes hoe jy WAS toe jy nog jonk was. ++>:

Re: Plaaswerk

Posted: Sun Nov 13, 2016 7:58 pm
by Gawie(13mm)
joe rocket wrote:
Heinz Petersen wrote:Lyk my jy is wilder as die wildtuin. :)

Nes hoe jy WAS toe jy nog jonk was. ++>:
SĂȘ jy die oom is oud?

Re: Plaaswerk

Posted: Sun Nov 13, 2016 8:33 pm
by joe rocket
Ja maar nog nie so oud soos oom PW nie. >:+