Page 1 of 1
Skiet kamer
Posted: Thu Nov 03, 2016 2:39 pm
by Henna308
Goeie middag almal
Ek het onlangs aan 'n snaakse plan gedink vir 'n skiet kamer. Die idee is dat die kamer soos 'n knaldemper werk sodat jy met of onder 'n knaldemper kan skiet en dat die lawaai nie so erg is dat die honde en/of bure nie te ontsteld sal word nie. Die plan wat ek het is om 'n klein skiet gat te he, sê maar A3 grootte, waar deur jy gaan mik en dan bou jy klomp mure soos baffles en kan dalk ook eier houers aan die mure vasmaak om nog meer klank te absorbeer. Die loop se punt sal uit die aard van die saak binne die kamer wees en nie noodwending die skut nie.
Het iemand al so iets gebou? Of dink almal dis 'n simpel plan?
Groete
Re: Skiet kamer
Posted: Thu Nov 03, 2016 2:43 pm
by alecjohnson
Nee maar wel skiet tonnels, wat geklad word dat dit minder pla, maar jy gaan nie wegkom met klank uitskakel met eierbokse en en steen nie...
Maar dit is 'n goeie plan!
Re: Skiet kamer
Posted: Thu Nov 03, 2016 2:43 pm
by Supacow
Klink na n resep vir n ongeluk
Re: Skiet kamer
Posted: Thu Nov 03, 2016 2:48 pm
by toelie
Supacow wrote:Klink na n resep vir n ongeluk
ja nee en n man se ore sal partytjie hou indien jy wel in die koelte in die kamer sit en skiet
Re: Skiet kamer
Posted: Thu Nov 03, 2016 2:53 pm
by Rudiejacobs
Supacow wrote:Klink na n resep vir n ongeluk
Slegs as jy dit met n .270 probeer doen!
Ag ek trek net jou speen supacow!
Rudie.
Re: Skiet kamer
Posted: Thu Nov 03, 2016 2:56 pm
by alecjohnson
toelie wrote:Supacow wrote:Klink na n resep vir n ongeluk
ja nee en n man se ore sal partytjie hou indien jy wel in die koelte in die kamer sit en skiet
Dit is nie so erg nie, kyk na sie skiet tonnel by fishers & shooters dit is net 'n lang gang skote pla nie daar nie.
dit is net dat toe ek eerste keer instap kan jy hoor dat daar geskiet word as jy in die omtrek is.
Dit is baie soos om vanuit 'n toe bakkie te skiet op 'n reendag.
Re: Skiet kamer
Posted: Thu Nov 03, 2016 2:57 pm
by Henna308
Die idee is dat jy buite die kamer sit net met die tromp binne in, dan skiet jy deur x-hoeveelheid baffles deur die kamer by die anderkant uit. Jy gaan nie saam met die geweer in die kamer sit nie...
Re: Skiet kamer
Posted: Thu Nov 03, 2016 3:04 pm
by Wouter Roets
Alec
Fishers&Shooters het baie geld en aandag spandeer aan klankdemping in daai skiet tonnel. Daai is verseker nie net n tonnel nie. Ek en Ferdie het daar aan die begin geskiet net toe hy klaar gebou was en glo my daai mure het bitter mooi gepraat sonder daai dempingsmateriaal.
Groetnis
Wouter
Re: Skiet kamer
Posted: Thu Nov 03, 2016 3:09 pm
by alecjohnson
Wouter Roets wrote:Alec
Fishers&Shooters het baie geld en aandag spandeer aan klankdemping in daai skiet tonnel. Daai is verseker nie net n tonnel nie. Ek en Ferdie het daar aan die begin geskiet net toe hy klaar gebou was en glo my daai mure het bitter mooi gepraat sonder daai dempingsmateriaal.
Groetnis
Wouter
Ek verstaan daai! Dit is waarom ek gese het hy gaan nie wegkom met steen en eierbokse nie, jy het demping materiaal nodig, en dit maak dit duur, dit bly egter 'n goeie plan! Kyk net hoe goed doen hulle daar.
Re: Skiet kamer
Posted: Thu Nov 03, 2016 5:58 pm
by Parker
Ek vra myself die vraag hier, waar wil jy die skiettonnel bou? In jou erf? Op n plot of plaas? Onthou jy mag nie n vuurwapen afvuur in n beboude gebied sonder genoegsame uitvalgebied vanaf jou skietpunt. Ieman het anderdag so n regulasie geplaas.
Re: Skiet kamer
Posted: Thu Nov 03, 2016 6:49 pm
by Ashley
Parker wrote:Ek vra myself die vraag hier, waar wil jy die skiettonnel bou? In jou erf? Op n plot of plaas? Onthou jy mag nie n vuurwapen afvuur in n beboude gebied sonder genoegsame uitvalgebied vanaf jou skietpunt. Ieman het anderdag so n regulasie geplaas.
Ek dink aan presies dieselfde..
Jy praat van jou bure, so ek neem aan dis dalk n woonbuurt?
Jy kort net 1 ou wat nou en dan n "muffled" skoot hoor om n klagte te lê en die hel is los. Ek weet ook nie hoe gemaklik ek sal kan sit en tv kyk terwyl ek hoor hoe die skote in my buurman se tuin klap nie..
Dis nou gegewe dis n woonbuurt....
Die konsep kan werk, maar soos genoem gaan jy ernstige klank demper materiaal nodig hê.
Re: Skiet kamer
Posted: Thu Nov 03, 2016 9:16 pm
by CorneA
Temperatuur insulasie materiaal soos think pink is n goeie klank demper
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Skiet kamer
Posted: Thu Nov 03, 2016 10:26 pm
by dehacked
Wat van die goed wat die manne met die soundoff karre in hulle panele pak?
Re: Skiet kamer
Posted: Fri Nov 04, 2016 8:14 am
by andre007
dehacked wrote:Wat van die goed wat die manne met die soundoff karre in hulle panele pak?
Dynamat. Dis peperduur. Ek het baaie kennis van die goed, gaan nie vir die verlangde applikasie werk nie!