Page 1 of 1

6xc met 105 amax

Posted: Tue Nov 01, 2016 3:09 pm
by Emile Scholtz
Dag se manne.

Ek het vanoggend met my xc met 24 duim loop 3 rondtes gelaai met 36 gr 355.
Die spoed was 2940 2947 2953. Ek het baie 355 so wil graag lading met die kruit kry.

Weet die manne wat 105 skiet gebruik so 39-40 365

Wat sal max wees met 355 en na watse spoed moet ek na kyk?
Dankie
Emile

Re: 6xc met 105 amax

Posted: Tue Nov 01, 2016 4:15 pm
by Gawie(13mm)
....en waar is jou dop volume?

Ek weet Tripod is bleddie goed met QL, maar hy is nie heldersiende nie. >:D

Re: 6xc met 105 amax

Posted: Tue Nov 01, 2016 4:19 pm
by Capt. Yoda
Ek sou nie baie hoor as dit gaan nie maar maak soos Gawie se en kry al jou data vir Quick loads dit gaan jou baie tyd spaar

Re: 6xc met 105 amax

Posted: Tue Nov 01, 2016 8:20 pm
by Emile Scholtz
Jammer!!! Hier is die ander inligting.Het dop volume gemeet met 10 doppe is die average 50.2gr en my tpl is 66.5mm dan is dit n .5 jam

Dankie

Re: 6xc met 105 amax

Posted: Tue Nov 01, 2016 8:29 pm
by Gawie(13mm)
Emile Scholtz wrote:Jammer!!! Hier is die ander inligting.Het dop volume gemeet met 10 doppe is die average 50.2gr en my tpl is 66.5mm dan is dit n .5 jam

Dankie
Ek wil net bevestig: is jy 0.5 van die lande of 0.5 in die lande geforseer?

Re: 6xc met 105 amax

Posted: Tue Nov 01, 2016 8:46 pm
by Emile Scholtz
Naand

Ek is 0.5 in lande in.

Het hul maar net so gelaai om spoed te kry vir QL

Re: 6xc met 105 amax

Posted: Tue Nov 01, 2016 8:49 pm
by Gawie(13mm)
Indien jy die koeƫl in die lande forseer is jou hoogste node op die duiwel se roks-pante. >:D
36.3 grein gaan jou op ''n node plaas maar net oor maks druk met 'n spoed op die chrony van 2965.
Ek sou eerder my Tpl 65 mm maak en 35.3 grein gooi, vir 'n spoed van 2863 op die chrony.
Die lading is redelik mak.
In albei gevalle is die dop vulling onder 90%.

Die slimmer manne moet asb. help en bevestig.

Re: 6xc met 105 amax

Posted: Tue Nov 01, 2016 8:53 pm
by Gawie(13mm)
Met 365 lyk die prentjie heel anders.
39.5 grein op 'n gemiddeld, gaan jou ongeveer 98% dopvulling gee en 'n spoed van om en by, 2940 op die chrony. Dit is net 'n raming met jou gegewens en 'n Tpl van 65 mm.

Re: 6xc met 105 amax

Posted: Tue Nov 01, 2016 9:06 pm
by Emile Scholtz
Dankie vir die hulp Gawie. Sal maar 365 moet kry