Page 1 of 1

Lood in aasvoels

Posted: Fri Oct 28, 2016 12:26 pm
by Boogjagter
Hier is die nuutste negatiewe artikel oor jag in News24 (die laaste paar maande het hulle gereeld snert oor bewaring met sterk diereregte inslag). Hul boodskap kom daarop neer dat hulle eintlik nie weet wat die hoe loodvlakke veroorsaak nie, maar het besluit dit moet lood kern koeels wees... Veral die variasie in konsentrasie in Botswana sal hul beter moet verklaar, want daar word steeds gejag.
http://traveller24.news24.com/Explore/G ... s-20161028

Re: Lood in aasvoels

Posted: Fri Oct 28, 2016 2:37 pm
by Capt. Yoda
But the South African vultures - both wild and captive - were found to have higher than expected levels of lead.

Wat n klomp 11.1.11

Re: Lood in aasvoels

Posted: Fri Oct 28, 2016 2:42 pm
by FHM
Dan het ek ook loodvergiftiging - eerlikwaar - met die klomp windbuks (bulldog) koeltjies wat ek in my jong lewe perongeluk ingesluk het!
Other threats to wildlife include lead paint, sediment from lead mines and smelters.
Maar nee, dis makliker om die jagters skuld te gee - fookers!

Re: Lood in aasvoels

Posted: Fri Oct 28, 2016 3:40 pm
by Hercules Louw
FHM wrote:Dan het ek ook loodvergiftiging - eerlikwaar - met die klomp windbuks (bulldog) koeltjies wat ek in my jong lewe perongeluk ingesluk het!
Other threats to wildlife include lead paint, sediment from lead mines and smelters.
Maar nee, dis makliker om die jagters skuld te gee - fookers!
FHM, daar is wel groot verskille tussen die mens se spysverteringstelsel en die van aasvoëls, en dit is 'n feit dat aasvoëls maklik vrek as hulle 'n paar haelkorrels saam met vleis ingekry het. 'n Mens moet ook nie eintlik die stukke vleis wat stukkend geskiet is en vol lood spatsels is vir roofdiere gee nie omdat hulle maagsure sterk genoeg is om die lood na lood-oksied te verander wat wel giftig is.

Die artikel hierby aangeheg is deur Johann van de Giessen, bestuurder jagsake en bewaring van SA Jagters, geskryf. Hierdie stuk werk het gekeer dat loodkoeëls binne die volgende paar jaar verbied sou gewees het, maar dit wys ook uit waar ons as jagters met verantwoordelikhed moet optree.

Re: Lood in aasvoels

Posted: Mon Oct 31, 2016 8:13 am
by FHM
Hercules Louw wrote:

Interressant - dankie Hercules ;)