Page 1 of 1

Nagsig Toerusting

Posted: Fri Oct 28, 2016 9:01 am
by Riaan Kriel
More Manne

Met die vooruitgang in tegnologie kom daar gereeld nuwe speelgoed vir ons op die mark.....
Soos wat ek na die nagsig toerusting kyk vir gebruik op ligsku jakkalse is daar 2 wat redelik uitstaan nl. Die Eagle NiteSite en die ATN X-sight ii 5-20X....

Elkeen het sy eie voordele en nadele. Wat is julle manne wat die goed ken se ervaring en as jy nou weer moet koop, watter een sal jy koop?

Re: Nagsig Toerusting

Posted: Fri Oct 28, 2016 12:10 pm
by johans
jy moet maar altwee toets en kyk wat vir jou gaan werk.ekt atn gekoop

Re: Nagsig Toerusting

Posted: Fri Oct 28, 2016 1:36 pm
by NicoSmit
Jy kan self na MAXDEX kyk local maak

Re: Nagsig Toerusting

Posted: Fri Oct 28, 2016 2:15 pm
by Riaan Kriel
Dankie vir die terugvoering, nog meer manne se siening is welkom.

Nico, ek sien hier was al 'n thread oor die Maxdex op Jaracal. Heel interessant, lyk of hy die dieselfde gevoel wat die Wolf en Eagle het van Videogames speel..

Re: Nagsig Toerusting

Posted: Fri Oct 28, 2016 5:23 pm
by Geno
Ek is 100% tevrede met my XSight 2. 3-14×

Re: Nagsig Toerusting

Posted: Fri Oct 28, 2016 8:09 pm
by Konrad308
Geno, wat prys daai x sight2 3-14?

Sent from my SM-G930F using Tapatalk

Re: Nagsig Toerusting

Posted: Fri Oct 28, 2016 8:17 pm
by Geno
R15,100.00

Re: Nagsig Toerusting

Posted: Fri Oct 28, 2016 8:42 pm
by Bushpig7
ons moet n ding van nagsig gebruik onthou, jy vat die lig wat die jakkals verblind weg en dus moet jy meer versigtig wees met jou stand kies en jou eie "camo" n jakkals se nagsig is heelwat beter as die mens se nasig. einige lig wat uit die toestel val sal jou weggee.

Volgende ding waarna ons moet kyk is water illuminator gebruik die nagsig en water "wavelenth is hy. (Koter wavelenth is sigbaar vir n jakkals.)

Die nagsigte onder bespreeking is Digital. Wat is die processor se refresh rate dit gaan bepal hoe vinnig jy met hom in die stoel kan draai en nie n jakkals se oog te mis of die jakkals self.

Vergrooting is nie jou vrind met nagsig dit maak jou "field of view" kleiner so jy moet meer heen en weer beweg om alles om jou te dek. Jy mis maakliker die jakkals.

Beste advis kyk deur die nagsig in jou omgewing om te bepal of hy sal werk.

Pasop vir te veel features jy wil net jakkals skiet met die ding. Jakkals skiet is nie n spansport nie jy het nie nodig dat jy vriende saam ry en TV kyk terwyl jy jag.

Net n paar gedagtes.

Ek het met n YUKON begin toe n ATN optical gebruik en nou n N770 Pulsar.

Groete
Bushpig 7

Re: Nagsig Toerusting

Posted: Thu Nov 03, 2016 1:52 pm
by Riaan Kriel
Baie goeie inligting dankie Geno en Bushpig....

Geno wat is die rede hoekom jy die 3-14x gevat het bo die 5-20x of is dit oor die Field-of-View soos Bushpig dit hierbo beskryf?