Page 1 of 1

Wild Vervoer Weskaap

Posted: Wed Oct 26, 2016 3:49 pm
by jdvisagie
Hi almal,

Ek kan 6 BWB bulle kry by iemand in die Malmesbury omgewing - ek moet net die veearts en vervoer betaal. Ek wil graag die bulle na my skoon mense se klein plasie vervoer in George, meestal net vir die kinders om na te kyk wanneer ons daar kuier. Ek het vir Cape Nature gekontak so weet van al die papierwerk wat ek sal moet reel - nogals n storie.

Ek kort wel iemand wat my sal help om hulle te vervoer. Soos ek verstaan moet die diere "ge-dart" word deur 'n veearts en dan in sleepwa wakker gemaak. By die plaas maak jy dan net die deur oop.

Weet julle van mense wat ek kan kontak in die bedruif in die Weskaap?

Dankie Johann

Re: Wild Vervoer Weskaap

Posted: Wed Oct 26, 2016 4:43 pm
by ANDRIES
Jy kan Marthinus Griessel kontak 082 855 6774.Hy kan hulle pyl en die res ook doen.

Re: Wild Vervoer Weskaap

Posted: Thu Oct 27, 2016 9:42 am
by jdvisagie
Dankie Andries..

Manne, ek leer nou omdat Blou Wilde Beeste nie oorspronklik in die Weskaap was nie, sal ek eers 'n bestuursplan moet indien. Dit kan maande vat voor dit goedgekeur word. Ai..

Indien daar iemand is wat reeds BWB het, en julle stel belang in 6 bulle, kan ek dit reel teen vervoer kostes - die diere is verniet. Stuur my n PM dan skakel ek jou.

Groete Johann

Re: Wild Vervoer Weskaap

Posted: Thu Oct 27, 2016 11:24 am
by alecjohnson
Ek sou ook kon help, ek dart sommar self met 243, laat weet maar as ek moet help.




Grappies op 'n stokkie, ek het al baie mooi goed gehoor van karoo game : http://www.karoogame.com/ maar hulle nognooit gebruik nie, daar was ook 'n baie goeie span wat waterbok kom aflaai het, onthou net nie die naam nie, ek het nou die een ou gewatsapp om te hoor of hy onthou dan laat weet ek...

edit:

dit was karoo game wat gebruik is.

Re: Wild Vervoer Weskaap

Posted: Thu Oct 27, 2016 1:53 pm
by joe rocket
Johan bel vir Reinhard by 082 929 5345 hy sal die blou wildebeeste kom dart met n chopper en hulle vervoer na sy plaas.