Page 1 of 1

Wil 'n Krokodil borsvoed...!!!!

Posted: Wed Oct 26, 2016 12:37 pm
by Viking
BUSHNELL - nie weer op my werf nie.

Ek was lanklaas so teleurgesteld!!

Die kinders gee my 'n paar jaar gelede 'n Bushnell Banner 3 - 9 X 40E as verjaarsdag geskenk. Sjoe dis nuwe tegnologie...kruishare kan verlig word na groen en rooi. Ek is baie opgewonde en sit die scope op my geweer, maar die 3e jagseisoen begin die scope my pla. Die teiken bly uit fokus...ek kan maar stel soos ek wil.

In 2013 stuur ek die scope na Ultimo (plaaslike agente vir verskeie make). Hulle bevinding is dat die scope onherstelbaar is, maar word nie gedek deur enige Bushnell warranty nie. Baie teleurgesteld beland die scope in 'n laai.

Die jagseisoen kort ek 'n scope en pluk weer vir Bushnell uit...dalk is dit net my oë wat nie wil fokus nie. Sommer met die inskiet is die duiwel los...na die hoeveelste skoot sit die kruishare heeltemal gedraai.

Net daar besluit ek om Bushnell aan te vat oor die swak scope. So e-pos ek Bushnell international en hulle verwys my weer na Ultimo. Scope word weggestuur en die volgende e-pos word terug ontvang....

"Unfortunately the scope you have sent into Ultimo is a FAKE PRODUCT. We can however assist you to purchase an original Bushnell product at a reduced cost."

Die enigste waarskuwing oor "fake scopes" op die internet is destyds deur Leopoldt geplaas!!

Rede vir my stoom afblaas - kyk BAIE mooi of die Bushnell wat jy wil koop 'n no het.

"All original Bushnell products have an engraving on the tube or eye piece with a model no and/or a serial no."

Anders betaal jy duur skoolgeld!!!
Bushnell 1.jpg
Bushnell 2.jpg

Re: Wil 'n Krokodil borsvoed...!!!!

Posted: Wed Oct 26, 2016 12:53 pm
by JPS
Ongelukkig is daar baie baie van daai bushnell en ook Tasco "fake" scopes in die rondte. En vir al baie langer as die laaste 5 jaar al veral die een in die prent.

Re: Wil 'n Krokodil borsvoed...!!!!

Posted: Wed Oct 26, 2016 12:55 pm
by ruaanb
Hier was al 'n paar gesprekke oor die scopes op die forum. My pa het net so een vir R300 in Fongkong gekoop paar jaar terug. 3de skoot op sy 308....

Re: Wil 'n Krokodil borsvoed...!!!!

Posted: Wed Oct 26, 2016 12:55 pm
by Frikkie Coetzee
Ek het al selfs fake Swarofskis gesien

Re: Wil 'n Krokodil borsvoed...!!!!

Posted: Wed Oct 26, 2016 1:46 pm
by OosKaapJagter
Die werklike vervaardigers ly ongelooflike skade a.g.v. die vals produkte. Kyk na Viking se eerste woorde: BUSHNELL - nie weer op my werf nie. As hy weer daardie naam sien is sy moermeter onmiddellik in die rooi, al is die oorspronklike produkte dalk glad nie sleg nie. Ek self het geen ondervinding van Bushnell nie.

Iemand wat 'n vervalste Swarofski koop gaan daardie naam waarskynlik ook aan gemors koppel.

As iets te goed klink om waar te wees, dan is dit gewoonlik.

Re: Wil 'n Krokodil borsvoed...!!!!

Posted: Wed Oct 26, 2016 2:01 pm
by Marc
Ekt ook lank gelede my in so een vas geloop

Re: Wil 'n Krokodil borsvoed...!!!!

Posted: Wed Oct 26, 2016 6:34 pm
by koos 2
Hulle het my ook so m paar jaar terug gevang...

Re: Wil 'n Krokodil borsvoed...!!!!

Posted: Wed Oct 26, 2016 7:00 pm
by dehacked
En wat seg die plek waar jy die fake gekoop het? Ek glo jy behoort sonder moeite jou geld terug te kry. Andersins is daar tog staats instellings wat die goed polisieeer?

Re: Wil 'n Krokodil borsvoed...!!!!

Posted: Wed Oct 26, 2016 9:09 pm
by Boersonderroer
Viking wrote:BUSHNELL - nie weer op my werf nie.

In 2013 stuur ek die scope na Ultimo (plaaslike agente vir verskeie make). Hulle bevinding is dat die scope onherstelbaar is, maar word nie gedek deur enige Bushnell warranty nie. Baie teleurgesteld beland die scope in 'n laai.

Hoe het die Ultimo plek nie in 2013 met die serial # check nie al agter gekom dis 'n fake nie?
Wanneer ek 'n foutiewe produk terug kry van 'n klient maak ek by my verskaffer seker dis in/uit waarborg dmv die serial nommer.

Re: Wil 'n Krokodil borsvoed...!!!!

Posted: Thu Oct 27, 2016 3:33 pm
by FCLoretz
Boersonderroer wrote:

Daar le die eerste probleem!!!

In 2013 was jy vertel die teleskoop is onherstelbaar. 3 jaar later word daar vir jou vertel jy het 'n fake! Erens klop die somme nie, 1+1=2 nie 3 soos dit nou staan nie.

Re: Wil 'n Krokodil borsvoed...!!!!

Posted: Thu Oct 27, 2016 3:40 pm
by Viking
dehacked wrote:En wat seg die plek waar jy die fake gekoop het? Ek glo jy behoort sonder moeite jou geld terug te kry. Andersins is daar tog staats instellings wat die goed polisieeer?
Ek het nuus vir jou mnr....daai instelling is die Verbruikersraad en hulle het nie tande nie!!!

Paar jaar terug koop my seun 'n "geniune leather belt" by die groot W. Toe die belt begin skif en uitmekaar rafel is ek terug en tree hulle aan.

Ons gaan draai by die consumer council en hulle trek skouers op....

W se leerbelde is "fake" maar die publiek koop 'geniune leather" en die prys wys dit ook!!!

Re: Wil 'n Krokodil borsvoed...!!!!

Posted: Thu Oct 27, 2016 4:56 pm
by finch
Al wat slegter/erger is as om teleurgestel te word deur n goedkoop fake produk is om terleurgestel te word deur n duur fake produk.

Re: Wil 'n Krokodil borsvoed...!!!!

Posted: Thu Oct 27, 2016 6:33 pm
by dehacked
Handel die veebruikers raad met fakes ook? Ek glo jy sal dalk beter doen met die mense wat kopiereg ens. beskerm. Daar is verseker boetes om pirate goed te verkoop.

Re: Wil 'n Krokodil borsvoed...!!!!

Posted: Thu Oct 27, 2016 9:02 pm
by Alwin
FCLoretz wrote:
Boersonderroer wrote:
Viking wrote:BUSHNELL - nie weer op my werf nie.

In 2013 stuur ek die scope na Ultimo (plaaslike agente vir verskeie make). Hulle bevinding is dat die scope onherstelbaar is, maar word nie gedek deur enige Bushnell warranty nie. Baie teleurgesteld beland die scope in 'n laai.

Hoe het die Ultimo plek nie in 2013 met die serial # check nie al agter gekom dis 'n fake nie?
Wanneer ek 'n foutiewe produk terug kry van 'n klient maak ek by my verskaffer seker dis in/uit waarborg dmv die serial nommer.
Daar le die eerste probleem!!!

In 2013 was jy vertel die teleskoop is onherstelbaar. 3 jaar later word daar vir jou vertel jy het 'n fake! Erens klop die somme nie, 1+1=2 nie 3 soos dit nou staan nie.

Dis die normale storie daai. Hulle "waarborg" kom daarop neer dat jy enige Bushnell (of Tasco) produk kan koop teen 15 - 25% afslag. Die KLEINHANDELAAR moet die afslag gee, hy betaal gewone groothandelsprys aan Ultimo! Puik diens né?

Verskeie handelaars met wie ek besigheid doen, weier om hulle produkte aan te hou. Daar is ander verspreiders wat hulle produkte lewenslank waarborg en vinnig en betroubaar is met hulle herstelwerk of vervanging.

Re: Wil 'n Krokodil borsvoed...!!!!

Posted: Fri Oct 28, 2016 10:39 am
by the kid
Waar het hulle die scope gekoop?

Re: Wil 'n Krokodil borsvoed...!!!!

Posted: Wed Nov 30, 2016 1:52 pm
by pikkewyn
Ek het presies daai selfde Bushnell gekoop paar jaar terug en my beste vriend omgepraat om ook die winskoop te kry. Ek het ook dieselfde antwoord vanaf die plaaslike agent gekry. Hierdie fakes word steeds verkoop oor die net. Die man waar ek myne gekoop het het net skouers opgetrek en gese hyt nie geweet dis fake nie. Kort daarna het hy sy advertensie bewoording verander na iets soos- ''only for use on air rifles''..... Skoolgeld