Page 1 of 1
Jag - vinnig skiet
Posted: Fri Oct 21, 2016 8:35 pm
by tripodmvr
Hierdie skut het 'n uitsonderlike gawe met wild wat beweeg. Let ook op watter kaliber hy gebruik!!!!!!
https://youtu.be/FHpuFQeX40E?t=232
Re: Jag - vinnig skiet
Posted: Fri Oct 21, 2016 9:44 pm
by Capt. Yoda
Hys een of ander Prins daar as ek dit nie mis het nie, dink al wat hy doen is varke skiet da op sy grond maar dis baie goed gedoen
Re: Jag - vinnig skiet
Posted: Fri Oct 21, 2016 10:51 pm
by Konrad308
Dis baie goed gedoen. daai skut ken sy geweer.
Sent from my SM-G900F using Tapatalk
Re: Jag - vinnig skiet
Posted: Sat Oct 22, 2016 6:53 am
by ruaanb
Ek dien hy gebruik 2 kalibers as jy na opening sekondes kyk.
7x64 en 300wm.
Re: Jag - vinnig skiet
Posted: Sat Oct 22, 2016 7:32 am
by Balljoint
Hy doen dit seker gereeld en kan baie oefen. Nogtans uitstekend. Sou dink hy sou 'n Blaser of Strasser met die 'straight throw' aksies gebruik het vir vinniger oorhaal.
Re: Jag - vinnig skiet
Posted: Sat Oct 22, 2016 7:39 am
by Boersonderroer
Ek sien daar is baie ouens wat in die comments droom dat hy 'n 270 gebruik. Jammer manne dis 'n 7x64 en 'n 300WM.
Re: Jag - vinnig skiet
Posted: Sat Oct 22, 2016 7:49 am
by PietWessie
Dis definitief nie sy eerste keer nie!!! Wat is daai kort teleskopie (sight) wat hy op die een geweer het?
Re: Jag - vinnig skiet
Posted: Sat Oct 22, 2016 7:49 am
by joe rocket
Die mannetjie skiet lekker. Ek dink sy ontie het n lekker briekmerk gehad toe daai beer weggeloop het.

Re: Jag - vinnig skiet
Posted: Sat Oct 22, 2016 8:09 am
by ruaanb
aimpoint sight wat hy gebruik
Re: Jag - vinnig skiet
Posted: Sat Oct 22, 2016 8:14 am
by PietWessie
ruaanb wrote:aimpoint sight wat hy gebruik
Dankie Ruaan.
Re: Jag - vinnig skiet
Posted: Sat Oct 22, 2016 3:46 pm
by PWV
Ek het ses maande met hom gesukkel voordat hy dit kon bemneester!

Re: Jag - vinnig skiet
Posted: Sat Oct 22, 2016 4:43 pm
by Flip Nel
Boersonderroer wrote:Ek sien daar is baie ouens wat in die comments droom dat hy 'n 270 gebruik. Jammer manne dis 'n 7x64 en 'n 300WM.
Ongelukkig DROOM die ouens nie, hy gebruik ook 'n 270 kyk die Foto, gaan kyk WildBoar Fever 4 hy gebruik RWS H mantel ammo, Partymaal weet die ouens bietjie meer as jy.
Re: Jag - vinnig skiet
Posted: Sat Oct 22, 2016 5:20 pm
by Balljoint
Se hulle Flip, se hulle.
Re: Jag - vinnig skiet
Posted: Sun Oct 23, 2016 4:01 pm
by Koos Barnard
Sommer net 'n stukkie inligting. Ek het in Meimaand hierdie jaar op hierdie prins Frans Albrecht se grond in Duitsland gejag saam met Swarovski. Ons het hom ontmoet en hy het ook vir ons so 'n bietjie skietafrigting in 'n skietsentrum gegee. Ek het 4 reebokke op Frans Albrecht se grond gejag en ons het in hulle ou kasteel in die dorp Oettingen gebly. Hy is 'n baie aangename man wat ook al Suid-Afrika besoek het en hier springbokke uitgedun het (in die hardloop). Ons het seker goed 90 minute een middag gesels waar ons 'n tafel gedeel het tydens ons besoek aan die skietsentrum.
Mooi loop
Re: Jag - vinnig skiet
Posted: Sun Oct 23, 2016 4:14 pm
by PWV
Koos Barnard wrote:Sommer net 'n stukkie inligting. Ek het in Meimaand hierdie jaar op hierdie prins Frans Albrecht se grond in Duitsland gejag saam met Swarovski. Ons het hom ontmoet en hy het ook vir ons so 'n bietjie skietafrigting in 'n skietsentrum gegee. Ek het 4 reebokke op Frans Albrecht se grond gejag en ons het in hulle ou kasteel in die dorp Oettingen gebly. Hy is 'n baie aangename man wat ook al Suid-Afrika besoek het en hier springbokke uitgedun het (in die hardloop). Ons het seker goed 90 minute een middag gesels waar ons 'n tafel gedeel het tydens ons besoek aan die skietsentrum.
Mooi loop
Is dit nou nodig om ons so jaloers te maak!
Re: Jag - vinnig skiet
Posted: Mon Oct 24, 2016 12:27 pm
by KalahariKlong
Ek wonder of hy nie maar net daai 270 doppe gefire form het met die 7x64 nie..
Ek het niks gesien opstaan of heeltemal stukkend geskiet nie.
