Page 1 of 1

Dagse mede lede

Posted: Thu Oct 20, 2016 1:39 pm
by henkva
Goeie dag almal, bly om by die forum aan te sluit en sien uit om so bietjie kennis te versamel en gee waar ek kan.

Ek is nie nuut tot die skiet en jag omgewing nie maar wel tot die herlaai en lang afstand teiken skiet.
Ek is nie kompeterend nie maar my oogpunt is om 1000y sub 1MOA reg te kry.

Ek skiet met 'n CZ550 varmint met Nightforce SHV 4-14 MAOR, Norma single batch doppe en vir 'n eerste probeerslag SMK 168gr punte.

ek soek graag bietjie meer inligting oor die herlaai van die kombinasie, ek sal rond soek, maar as iemand my in die regte rigting kan stuur sal ek dit waardeer.

Dankie
Henk

Re: Dagse mede lede

Posted: Thu Oct 20, 2016 1:45 pm
by Toyrsi
Welkom Henk.
Glo jy gaan nog baie leer hier.
Hier is n paar manne op die forum wat ver skiet.
Glo hulle gaan jou help.

Re: Dagse mede lede

Posted: Thu Oct 20, 2016 2:00 pm
by PWV
Welkom, Henk. Gaan verseker baie leer.
Kan ook die "search"-funksie (links bo) gebruik om inligting te soek.

Re: Dagse mede lede

Posted: Thu Oct 20, 2016 2:10 pm
by FHM
PWV wrote:Welkom, Henk. Gaan verseker baie leer.
Kan ook die "search"-funksie (links bo) gebruik om inligting te soek.
Oom Pieter jy moet n nuwe PC kry - search funksies sit regs bo op modelle vanaf '72 >:+

Welkom Henk! ;)

Re: Dagse mede lede

Posted: Thu Oct 20, 2016 2:21 pm
by Gawie(13mm)
Welkom Henk.
Hier is heelwat van ons wat die langafstand ding probeer doen; met gemengde welslae. ;D
Verskoon maar vir Oom PW. Die brilmaker sukkel om vir die oom se brille 'n "side fokus" in te sit. Die glase is so dik dat dit die beeld omkeer as hy te naby aan die skerm kom. >:+

Gebruik daai einste soekfunksie, dan lees jy bietjie op oor Quickload. Gee al jou roer se inligting en ek gee jou 'n brief dat die manne mekaar sal doodtrap om jou te help. ;)

Re: Dagse mede lede

Posted: Thu Oct 20, 2016 2:31 pm
by henkva
Dankie, Ek sal 'n Topic onder die herlaai seksie skep met al my besonderhede en wat ek tot dusver gedoen het.

Re: Dagse mede lede

Posted: Thu Oct 20, 2016 2:36 pm
by Gawie(13mm)
henkva wrote:Dankie, Ek sal 'n Topic onder die herlaai seksie skep met al my besonderhede en wat ek tot dusver gedoen het.
Klink vir my na 'n plan!
Sal my oog daar gaan gooi. :o

Re: Dagse mede lede

Posted: Thu Oct 20, 2016 2:51 pm
by PWV
FHM wrote:
PWV wrote:Welkom, Henk. Gaan verseker baie leer.
Kan ook die "search"-funksie (links bo) gebruik om inligting te soek.
Oom Pieter jy moet n nuwe PC kry - search funksies sit regs bo op modelle vanaf '72 >:+

Welkom Henk! ;)
.

Re: Dagse mede lede

Posted: Fri Oct 21, 2016 3:03 pm
by Kubus
Welkom Henk en geniet die saamgesels.

Re: Dagse mede lede

Posted: Fri Oct 21, 2016 5:08 pm
by finch
Welkom Henk, Jy is verseker op die regte plek.