Page 1 of 1

PMP Ammunisie Lading-Data

Posted: Thu Oct 20, 2016 8:42 am
by PietWessie
Manne

Ek het gister op onderstaande data van PMP afgekom. Een van PMP se verteenwoordigers het dit by ons wapen afdeling afgegee.

Dit is dalk vir baie van julle ou nuus, maar vir my was dit baie interessant. Veral omdat ek dit oorweeg om my 243 met S361 te herlaai.

Wat ook vir my interessant is, is die gebruik van S371 in die 25-06, 300 en 7mm Rem Mag. Ek ken dit nie eers nie, seker S385 se balkruit-ouboet? Hulle gebruik glad nie S385 nie. Die 222 en 223 laai hulle weer met B556?!

Is julle vertroud met hierdie inligting en dryfmiddels?

Re: PMP Ammunisie Lading-Data

Posted: Thu Oct 20, 2016 8:47 am
by Geno
Ek is amper seker B556 is S321

Re: PMP Ammunisie Lading-Data

Posted: Thu Oct 20, 2016 9:51 am
by swc-tr
Geno jy's reg, S321 is die kommersiele eweknie van B556.

Re: PMP Ammunisie Lading-Data

Posted: Thu Oct 20, 2016 9:56 am
by Jean Marais
My 308 Norma Mag het die heel beste presteer met die ou MR500 en S371 kruite. Sover my kennis strek, word S371 nie meer vervaardig nie, en MR500 het plek moes maak vir B12.7 - of so-iets

Re: PMP Ammunisie Lading-Data

Posted: Thu Oct 20, 2016 10:44 am
by Boesman10
Dit is interessant om te sien hoe stadig meeste van daardie .308's hardloop

Re: PMP Ammunisie Lading-Data

Posted: Thu Oct 20, 2016 10:57 am
by tripodmvr
Ja, dit is hier op Jaracal waar die 308 manne skielik aspireer om hul gewere te Turbo om soos 'n 30-06 te wees. Pleks hulle het maar die oordentlike jagkaliber van die begin aangeskaf. ++>:

Re: PMP Ammunisie Lading-Data

Posted: Thu Oct 20, 2016 11:22 am
by swc-tr
Nee Marius, hulle laai hom maar net tot sy volle potensiaal. ++>: :laugh: :laugh:

Re: PMP Ammunisie Lading-Data

Posted: Thu Oct 20, 2016 2:35 pm
by tripodmvr
Bompotensiaal ????????

Re: PMP Ammunisie Lading-Data

Posted: Tue Jan 03, 2017 11:56 am
by 308Win
Nou wonder ek waar S341 in die prentjie pas. Nie populer as herlaaidryfmiddel nie. En ook nie deur PMP gebruik nie?

Re: PMP Ammunisie Lading-Data

Posted: Tue Jan 03, 2017 2:12 pm
by swc-tr
PMP gebruik S341 (B762) om die militere 7,62x51mm ammo mee te laai.
Baie meer as die kommersiele jag ammo waarmee Jan publiek te doen kry.

Re: PMP Ammunisie Lading-Data

Posted: Tue Jan 03, 2017 6:13 pm
by 308Win
swc-tr wrote:PMP gebruik S341 (B762) om die militere 7,62x51mm ammo mee te laai.
Baie meer as die kommersiele jag ammo waarmee Jan publiek te doen kry.
Interessant.
Ek sien die gewone Jan Alleman 308win 143gr word met S335 gedryf. Hoekom die moeite doen? Bittermin manne wat ek ken koop 143gr 308w rak-ammo.

Re: PMP Ammunisie Lading-Data

Posted: Tue Jan 03, 2017 7:55 pm
by Ultralight
308Win wrote:
swc-tr wrote:PMP gebruik S341 (B762) om die militere 7,62x51mm ammo mee te laai.
Baie meer as die kommersiele jag ammo waarmee Jan publiek te doen kry.
Interessant.
Ek sien die gewone Jan Alleman 308win 143gr word met S335 gedryf. Hoekom die moeite doen? Bittermin manne wat ek ken koop 143gr 308w rak-ammo.
Net vir interessantheid:
Die 143gr PMP ammunisie bruin boks was vir 'n goeie prys beskikbaar by my plaaslike handelaar. Het toe bietjie ekstra gekoop. Dit het goedkoper as die komponente uitgewerk!
Ek was nie beïndruk met die ammunisie se akkuraatheid nie en skiet toe oor die Chrony. Tot 140fps verskil! Besluit toe om die punte te trek en vind tot my verbasing dat die ammo met S321 gelaai is en nie S335 nie. Het die ladings op my digitale skaal geweeg en die hoogste tot laagste Lading het skrikwekkend verskil!
Het al die punte getrek en dryfmiddel herwin. Kan nou weer laai en kry nou heeltemal aanvaarbare akkuraatheid op ons plaaslike 300m skietbaan.
Wonder of dit dalk 'n order was wat gekanselleer was en toe op die plaaslike mark verkwansel word....
Wou in elk geval net my ondervinding ook deel. Het gedink dit so ook interessant wees.
Beste groete,
Ultralight.

Re: PMP Ammunisie Lading-Data

Posted: Tue Jan 03, 2017 8:00 pm
by 308Win
Ultralight wrote:

Daarom was dit so goedkoop.
Wat is die sin dan?

Re: PMP Ammunisie Lading-Data

Posted: Tue Jan 03, 2017 9:45 pm
by Ultralight
R215/20 = R10-75 per rondte wat ek betaal het.

44gr S321 = R1-35 per rondte
0.308 PMP doppe = R7-90 per dop nuut
Slagdoppie = R1-00 elk
143gr FMJ koeël = R3-60 elk

Die herlaai komponente werk duurder uit as die ammunisie!
Ek geniet dit om baie te skiet en om die rondtes oor te laai is vir my 'n goeie
Tydverdryf as ek nie op die baan is nie... Ekonomiese redes, dus.
Maar nou kan ek ook enige punt laai...
Beste groete,
Ultralight

Re: PMP Ammunisie Lading-Data

Posted: Tue Jan 03, 2017 9:49 pm
by tripodmvr
Die meeste weermagte vereis dat 'n koeël uitkom as die sneller getrek word. Akkuraatheid van 3MOA is gewoonlik aanvaarbaar en daarom sal hierdie patrone deug vir die weermag se toepassing.

Re: PMP Ammunisie Lading-Data

Posted: Wed Jan 04, 2017 6:46 am
by 308Win
Ek verstaan nie hoe hul dit regkry om dit so sleg te laai nie.
As ek S321 en S341 laai, laai ek gewoonlik met die RCBS uniflow. M.a.w per volume. Die ladingsgewig is gewoonlik binne 0.1gr van mekaar af.

Re: PMP Ammunisie Lading-Data

Posted: Wed Jan 04, 2017 7:42 am
by tripodmvr
PMP laai per volume so ek verstaan ook nie hoe dit moontlik is nie.