Page 1 of 1

XSSSA - 12 November 2016

Posted: Wed Oct 19, 2016 12:20 pm
by Arnold
Net om vir die manne te laat weet dat ons 'n laaste skiet vir die jaar gaan hou.
Dit is by 'n nuwe venue buite Montagu {scroll af op die bladsy vir 'n kaart/koordinate}

Indien jy graag wil inskryf stuur asb vir my 'n epos na montagu@xsssa.co.za sodat ek die inskrywingsvorm vir julle kan aanstuur.

Vir die wat nie weet nie, ons het ook 'n Facebook bladsy asook 'n YouTube kanaal.




Ons het ook pas 2 span inskrywings uit Namibia ontvang.

Kom deel in 'n dag se lekker skiet.
Afstande is billik en die baan is nie te moeilik nie.

Re: XSSSA - 12 November 2016

Posted: Wed Oct 19, 2016 12:47 pm
by Andre308
Arnold, wat kos die skiet, en hoeveel skote word geskiet op so n dag?

Re: XSSSA - 12 November 2016

Posted: Wed Oct 19, 2016 12:49 pm
by Arnold
Koste is R550 per span (2 skuts) en jy gaan nie meer as 33 skote skiet nie (32 kompetisie + 1 uitskiet)

Hier is die kennisgewing, sonder die inskrywingsvorm.
20161119 XSSSA entry.pdf

Re: XSSSA - 12 November 2016

Posted: Wed Oct 19, 2016 12:51 pm
by Arnold
Ek is seker ons kan 'n paar spanne bymekaar sit as jy dalk nie 'n skietmaat het nie.

Re: XSSSA - 12 November 2016

Posted: Wed Oct 19, 2016 8:18 pm
by Boomstomp
ai, ek wil so graag, maar ek begin eers oor 2 weke met lading ontwikkeling :(

Re: XSSSA - 12 November 2016

Posted: Thu Oct 20, 2016 7:46 am
by Smitstertjies
Gaan julle hierbo in Transvaal ook kompetisies aanbied?

Re: XSSSA - 12 November 2016

Posted: Thu Oct 20, 2016 7:57 am
by Arnold
Hopelik eendag ja.