Page 1 of 1

308 QL hulp asb.

Posted: Wed Oct 19, 2016 11:58 am
by Tallies
Dagsê Manne

Is daar iemand wat my kan help om node te kry met QL asb.Ek het die kamer gesny om by my magesynkas te pas. Nou sukkel ek so bietjie om 'n lading te kry.

Loop 575mm
Twist 1-12
H2O 56 gn
Lapua Dop
Reminton Primers
Max tpl 71.7mm
155gn Nosler Custom Comp.
S335 Lot 715B15
42gn
20 Grade C
1550 ft bo seespieël
Spoed: 2842
2836
2842
2845
2836
Groete
Dave

Re: 308 QL hulp asb.

Posted: Wed Oct 19, 2016 9:58 pm
by Jaco V
Dave
Jy gee max TPL maar jy se nie wat die TPL is waarmee jy laai nie, of bedoel jy dat jou koeel die lands "kiss"?
Dit is belangrik om te weet vir korrekte Shot start pressure

Het ook jou dop lengte nodig (soos jy hom getrim het), ek stel voor jy gaan lees weer die draad oor wat nodig is om veilige en akkurate QL resultate te kry.

Re: 308 QL hulp asb.

Posted: Wed Oct 19, 2016 10:11 pm
by tripodmvr
Dave, net 2 vrae. Het jy nie tekens van druk gesien nie en wie het die ladings vir jou aanbeveel?

Quick Load dui op druk van bykans 80 000psi - dit is wat hulle doen as hulle jou geweer proef. Jy het nie genoem watter TPL jy gebruik het nie.

Re: 308 QL hulp asb.

Posted: Wed Oct 19, 2016 10:51 pm
by Tallies
JacoV en Tripod

My dop lengte is 51mm en TPL wat ek gebruik het is 71mm. As ek na Somchem se data kyk is die maks lading 44.2gn.Dit lyk of die spoed nie reg is nie. sal dit net bevestig.
Tripod ek sien jy het ook 'n LR.Ek is baie tevrede met myne.Sal nie sommer 'n ander 6mm kry nie.
Dave

Re: 308 QL hulp asb.

Posted: Wed Oct 19, 2016 10:55 pm
by tripodmvr
As jy so praat, hoe ver was die chrony vanaf die loop se punt?

Re: 308 QL hulp asb.

Posted: Wed Oct 19, 2016 10:57 pm
by Jaco V
Hi Dave
Ek vermoed dat, of jou spoed of looplengte nie reg is nie, moet asb nie aanstoot neem nie, maar is die looplengte nie dalk 675mm eerder as die 575mm wat jy noem nie?
Meet jy spoed met 'n Chrony of met Magnetospeed?

Re: 308 QL hulp asb.

Posted: Thu Oct 20, 2016 7:42 am
by Tallies
Tripod

My crony is 5m weg,maar die spoed lyk nie reg nie. Dis nou bewolk vandag, so ek gaan moontlik eers more daarby uitkom.

Jaco V
Ek het dood seker gemaak en dit is 575(22.6").

Groete

Re: 308 QL hulp asb.

Posted: Thu Oct 20, 2016 2:38 pm
by tripodmvr
Ek sou daardie lading afvat na 38gr en dan op 70,7mm TPL laai.