Page 1 of 3

Boogjag so 3 jaar

Posted: Mon Jul 25, 2011 9:24 pm
by henried
Ek jag nou so 3 jaar met die boog.

Hiers my my jagte van 2009:

Re: Boogjag so 3 jaar

Posted: Mon Jul 25, 2011 9:32 pm
by henried
2010 jagte:

Re: Boogjag so 3 jaar

Posted: Mon Jul 25, 2011 9:33 pm
by henried
2010 jagte vir Life Christian Adventure:

Re: Boogjag so 3 jaar

Posted: Mon Jul 25, 2011 9:36 pm
by henried
2011 jagte:

Re: Boogjag so 3 jaar

Posted: Mon Jul 25, 2011 9:37 pm
by henried
2011 LCA jag:

Re: Boogjag so 3 jaar

Posted: Wed Jul 27, 2011 4:14 pm
by Gerhard
Hoekom mis ek die takbok?

Jy het al klompie mooi bokke met die boog geskiet.

Re: Boogjag so 3 jaar

Posted: Wed Jul 27, 2011 4:25 pm
by henried
Ek sal hom op sit.

Hoe kan ek hom vergeet, baie spesiale jag gewees...
My eerste W/S

Re: Boogjag so 3 jaar

Posted: Thu Jul 28, 2011 6:07 pm
by theedge
Netjies

Re: Boogjag so 3 jaar

Posted: Thu Aug 18, 2011 11:30 am
by Frikkiedbr
Wow, dit is 'n mooi bokkie daai Tak bok, baie geluk.

Re: Boogjag so 3 jaar

Posted: Thu Aug 18, 2011 1:37 pm
by PITSMIT
pylreguit ;D ;D

mooi gedoen

Re: Boogjag so 3 jaar

Posted: Thu Aug 18, 2011 2:03 pm
by henried
Dankie.

Ek het 6 maande ge-scout, dit was my eerste W/S gewees. Die takbok wat ek gesoek het was baie grooter, volgense die ouens wat weet omtrent 27 duim.

Verskoon die kwalityd vd fotos. Hier het ek hom afgeneem
Image
Image
Image

Ek het hom die eerste oggend 2 keer gekry. Eertse keer was ek agter 'n bos so 15m van hom af, ek het nie 'n skoot gehad nie, die wind het gedwarel en hy het my geruik. Tweede keer, omternt 'n uurlater, het ek in 'n mielieland geloop, hulle was op die rand vd land. Ek het so 20m van die kant gel?, plat op my maag. Die groot ram het so op 30m geloop, skielik om gedraai en reg op my afgeloop. Ek het gesig in die grond gel?. Hy het to so 10m van my afgestop, een snork gegee en wegehardloop.

Die 2de dag het ek die skoot op die een gevat, ek was flou en wou darm iets skiet, Die skoot was op 20yards erg QW.

Hierdie was nog my beste jag gewees, baie spesiaal.

Ek is vir 2012 weer bespreek, gaan weer probeer...

Re: Boogjag so 3 jaar

Posted: Mon Sep 05, 2011 6:51 pm
by henried
Ai julle, ek sukkel met die embedded code van Youtube....

Hier is die video van die BWB jag die naweek op Marikwa:

http://youtu.be/45eBK5vpM1w

Re: Boogjag so 3 jaar

Posted: Mon Sep 05, 2011 8:03 pm
by Gerhard
Mooi skoot

Re: Boogjag so 3 jaar

Posted: Mon Sep 05, 2011 8:32 pm
by henslin
Mag nie vloek nie - pragtige skoot !!!!!

Re: Boogjag so 3 jaar

Posted: Tue Sep 06, 2011 7:55 am
by Vosman
Baie goeie skoot daardie!

Re: Boogjag so 3 jaar

Posted: Tue Sep 06, 2011 9:45 am
by Francois Marais
Groot gegooi.....

Mooi loop
Francois

Re: Boogjag so 3 jaar

Posted: Tue Sep 06, 2011 10:36 am
by henried
Dankie julle. Was nou net by die slaghuis, karkas was net so oor die 100kg.

Re: Boogjag so 3 jaar

Posted: Wed Sep 07, 2011 11:39 am
by Beyers
Innie boks mooi skoot

Re: Boogjag so 3 jaar

Posted: Thu Sep 15, 2011 5:45 pm
by henried
My eerste jag met die boog:

http://youtu.be/cVaUN8AYLvI

Re: Boogjag so 3 jaar

Posted: Thu Dec 08, 2011 1:46 pm
by henried
Hier is my nuwe boog....Z7 Limited "75 pond max."

Re: Boogjag so 3 jaar

Posted: Thu Dec 08, 2011 1:54 pm
by VdWalt
Baie mooi en baie geluk!! Mag jy jare se reguit pyle met hom kry.

Re: Boogjag so 3 jaar

Posted: Thu Dec 08, 2011 2:00 pm
by SV MAD (Henk)
Baie mooi Henrie, daai is 'n baie mooi boog. Gee bietjie specs en jou setup wat jy nou skiet!

Re: Boogjag so 3 jaar

Posted: Thu Dec 08, 2011 2:24 pm
by Boskraai
Henrie

Baie geluk met die nuwe Z7, ek is seker jy geniet hom baie. 8)

Jy moet bietjie laat weet waar skiet jy daardie mooi Springbokke, ek is altyd op soek na 'n plek om met die boog te jag.


Mooi loop.
Boskraai

Re: Boogjag so 3 jaar

Posted: Fri Dec 09, 2011 10:30 am
by henried
Boskraai wrote: Henrie

Baie geluk met die nuwe Z7, ek is seker jy geniet hom baie. 8)

Jy moet bietjie laat weet waar skiet jy daardie mooi Springbokke, ek is altyd op soek na 'n plek om met die boog te jag.


Mooi loop.
Boskraai
Koppie, maar die boer het nie eers van hom geweet nie, hy was baie verbaas gewees...

Re: Boogjag so 3 jaar

Posted: Fri Dec 09, 2011 10:43 am
by henried
SV MAD wrote: Baie mooi Henrie, daai is 'n baie mooi boog. Gee bietjie specs en jou setup wat jy nou skiet!
IBO Rating: up to 332 fps
Axle-to-Axle: 30?
Brace Height: 7?
Bow Weight: 3.97 lbs**
Let-off: 80%
Draw Lengths: 25? ? 30?

Ek moet nog die setup doen, sal in die vakansie tyd spandeer.
Ek beoog om na 'n 300 spine pyl te gaan, tans sit ek met 340 spine wat ek sal toest. Wil graag totale massa bo 500 gr kry.
Ek skiet 125gr punte, tans skiet ek die Slick trick, maar het altyd Montec's geskiet, vir nou sal ek by die ST bly.
Het ook die rage geskiet, maar gaan nou na 'n ander mechanical kyk, ek besluit nog.

Wat ek van die Z7 hou:
Ek dink ek het 'n greep geleer met die XT, agv sy groot valley. As ek op full draw is beweeg my sneller hand stadig na voor. Die Z7 het my dadelik gevang en my gegryp. Ek weet ek sukkel met my form so ek hoop om dit uit te sorteer. Die greep is ook baie dunner as die XT, ek is geneig om te tongue...

Dan die 5 pond ekstra, vir as ek 'n kameelperd kan bekostig. Het met Jacus in Klerksdorp gesels wat 'n Buffel met sy Z7 70' geskiet het op 22 yards, het nie die detail van sy detup nie.