Page 1 of 1
Geregistreerde Jack Russel reun soek huis
Posted: Mon Oct 10, 2016 1:27 pm
by Geno
Manne,
Agv. omstandighede buite ons beheer, moet my Pa van een van ons honde ontslae raak.
Dis 'n opreg geteelde en geregistreerde Jack Russel Terrier Club hond.
Dasher word Desember 'n jaar oud, en is reg om te begin jag.
Ek wil graag hê hy moet na 'n voltydse PH, wildplaas of jakkalsjagter toe gaan sodat hy kan doen wat hy geteel is om te doen, jag!
Belangstellendes kan my kontak, dan sal ons besluit na wie hy kan gaan.
Cruiser en Sailor (in die papiere) is twee van die beste honde wat nog in ons land was.
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Honde/Dasher.jpeg
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Honde/Dasher1.jpeg
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Honde/Dasher2.jpeg
Groete
Eugene
Re: Geregistreerde Jack Russel reun soek huis
Posted: Wed Oct 12, 2016 8:55 am
by Geno
Dankie manne.
Dasher se nuwe huis is in Sutherland waar hy saam met Willem Obermeyer gaan jakkals jag.
Re: Geregistreerde Jack Russel reun soek huis
Posted: Wed Oct 12, 2016 9:05 am
by blaser
dis n mooi brak
Re: Geregistreerde Jack Russel reun soek huis
Posted: Wed Oct 12, 2016 9:14 am
by win270
Plaas gerus 'n foto sodat ons vir Dasher kan voorspoed toewens.
Re: Geregistreerde Jack Russel reun soek huis
Posted: Wed Oct 12, 2016 9:35 am
by Viking
Dasher het genoeg hare vir Sutherland se koue en die wit sal hom camouflage in die sneeu....daai jakkalse gaan hom nie eers sien kom nie!!
Re: Geregistreerde Jack Russel reun soek huis
Posted: Fri Oct 14, 2016 1:11 pm
by Geno
Jis manne.
Dis hartseer, maar nog een van my pa se reuns moet gaan.
James Wilson se swaer het 1ste opsie aangesien hy uitgemis het op Dasher.
Spook is 1 November 2015 gebore en kom vanaf Foxbrand Kennels (Jane Cronje)
Sodra ek sy papiere het sal ek dit vir die nuwe eienaar stuur.
Spook is die een wat dwars staan.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20161014/5fb7d387f709828f38b4b8a95dbbe35e.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20161014/11bbe14f78d2a1a9f2fad5181ffa1604.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20161014/e3d76730674637b9c1e0ef5e58e16762.jpg
Re: Geregistreerde Jack Russel reun soek huis
Posted: Fri Oct 14, 2016 1:29 pm
by ruaanb
Ai dit is nogal pragtige honde! Mis ek nou die een wat ek gehad het.
Re: Geregistreerde Jack Russel reun soek huis
Posted: Fri Oct 14, 2016 1:32 pm
by Supacow
Is dit toevallig dat hul oorheersend wit is of word hul doelbewus so geteel?
Re: Geregistreerde Jack Russel reun soek huis
Posted: Fri Oct 14, 2016 1:42 pm
by Geno
My pa hou van die wit brakke. Ekself hou van die tri colors.
Re: Geregistreerde Jack Russel reun soek huis
Posted: Fri Oct 14, 2016 1:47 pm
by Geno
Maanboef het 2de opsie.
Re: Geregistreerde Jack Russel reun soek huis
Posted: Sat Oct 15, 2016 12:33 am
by wlm
Geno wrote:Dankie manne.
Dasher se nuwe huis is in Sutherland waar hy saam met Willem Obermeyer gaan jakkals jag.
Dasher het nou met sy gat in die botter geval. Willem sal mooi na hom kyk.
Re: Geregistreerde Jack Russel reun soek huis
Posted: Mon Oct 17, 2016 7:24 am
by win270
Pragtige brakke!!
Re: Geregistreerde Jack Russel reun soek huis
Posted: Mon Oct 17, 2016 8:56 am
by Plaashaas
Geno
Hoe maak julle met die pink oe? Ek het een gehad wat wat een pienk oog gehad het en n swart "bril" oor die ander oog, die pienk oog het maklik sonbrand gekry en dan baie getraan.
Re: Geregistreerde Jack Russel reun soek huis
Posted: Mon Oct 17, 2016 2:25 pm
by Geno
Ons honde het nognie moeilikheid opgetel nie. My gladdehaar teef is al een wat nou en dan bietjie pla op haar een wit oog, maar ook niks ernstig nie. Die steekhaar brakke se oge blyk beskerm te wees deur die hare.
Re: Geregistreerde Jack Russel reun soek huis
Posted: Tue Oct 18, 2016 6:08 am
by Bernhardt
Ek het een van Dasher se boeties uit daai selfde werpsel. Dit is n masjien van n JR. Hy het verseker die oulikste persoonlikheid wat ek nog ooit in n hond gesien het. Die ou wat hom vat sal nie spuit wees nie!!! Plaashaas daai oee pla glad nie. Dink die lang hare is soos n pet wat hul op het
Re: Geregistreerde Jack Russel reun soek huis
Posted: Tue Oct 18, 2016 6:11 am
by Bernhardt
//uploads.tapatalk-cdn.com/20161018/a608f246cb9fb5695460582afe0bd946.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20161018/1b750a8ee079fcc72d5e64a5d2e9b6c3.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20161018/9a01d18509878e10539334702d33b7a6.jpg
Hy love n tolhek. Weet as hy sy kop skielik uitsteek dan skree die operator :-)
Re: Geregistreerde Jack Russel reun soek huis
Posted: Tue Oct 18, 2016 5:09 pm
by Geno
Dankie manne.
Spook is oppad Wesselsbron toe.
Re: Geregistreerde Jack Russel reun soek huis
Posted: Wed Oct 19, 2016 6:57 pm
by Baasvark
Geno wrote:Dankie manne.
Spook is oppad Wesselsbron toe.
Geno as daar weer kleintjies is laat weet bietjie asb...
Re: Geregistreerde Jack Russel reun soek huis
Posted: Thu Oct 27, 2016 8:37 am
by Geno
Spook hou lekker vakansie saam met Maanboef en sy gesin.
Dis lekker om te sien hoe die brakke goeie huise gekry het!
WhatsApp Image 2016-10-27 at 08.33.23.jpeg
Re: Geregistreerde Jack Russel reun soek huis
Posted: Thu Oct 27, 2016 11:08 am
by bishop3006
Mooi gebaar Geno. Ek moet bieg, ek ken glad nie hierdie steekhaar JRs nie. Eerste keer dat ek hulle sien. As iemand my een gewys het en gesê het dis 'n JR sou ek hom gesê het om sy geld te gaan terugvra! Maar hier weet ek die manne is eerlik so dis 'n eye-opener vir my.
Re: Geregistreerde Jack Russel reun soek huis
Posted: Fri Oct 28, 2016 9:10 am
by Bernhardt
Hi Bishop
Dit was vir my ook vreemd, maar ek het nogals kwaai opgelees en het besef dat dit baie naby is aan die oorspronklike Parsons JR as jy na bloedlyne kyk. Laat ek jou vertel, ek het al n paar JR,s gehad en as jy die hondjies begin sien operate kan jy duidelik sien hul jag dryf en GROU is in n ander ligga. Hulle het ook n ongelooflik hoee pyn drumpel, nog nie so iets gesien nie. So ek sal nie maklik weer n ander JR kry nie.
Re: Geregistreerde Jack Russel reun soek huis
Posted: Thu Nov 10, 2016 2:15 pm
by hebron
Dankie Geno vir die besondere hond, het klaar die kinders se marmotte gejag en 1 mak jakkals aan die keel beetgehad. Wag nou net vir die jakkals wat in yster is of gekwes word......