Page 1 of 1
Molasses lick feeder
Posted: Sat Oct 08, 2016 12:24 pm
by Bakkies303
Weet iemand dalk waar ek so iets kan kry. Ek het 'n paar mooies op die internet gekry, maar almal is oorsee. Is daar enigiets plaaslik, of moet jy maar self maak?
Re: Molasses lick feeder
Posted: Mon Oct 10, 2016 9:15 am
by andre007
Bakkies vir die Molasses stroop het ons langwerpige blok uit die kant van n 44 gallon drom gesny met n basisplaat wat dit toemaak, ons het n wiel gemaak uit platyster wat op n as loop vebind aan die basisplaat deur middel van n arm in elke kant.
Tweederdes van die wiel draai in die stroop met n derde wat uitsteek, soos die vee die wiel lek draai hy en kry n vars lagie stroop op, mens top die drom net gereeld op
Re: Molasses lick feeder
Posted: Mon Oct 10, 2016 1:10 pm
by Dawid S
Andre007, 'n foto sal baie help. Dit klink na 'n baie oulike plan. Wys asb.
Re: Molasses lick feeder
Posted: Tue Oct 11, 2016 9:11 am
by andre007
Dawid S wrote:Andre007, 'n foto sal baie help. Dit klink na 'n baie oulike plan. Wys asb.
Dawid, ons plaas was baie jare terug n ''grondeis'' so al die implimente is daarmee heen. Onderaan is n skakel van wat ons gebruik het.
http://www.trademe.co.nz/business-farmi ... 492275.htm
http://i1356.photobucket.com/albums/q724/andrebotha007/Lekwiel_zps9c0xnxei.jpg
Daarsy, nou kan jy sien, baie maklik, sny n gleuf in die sy van die drom, gooi molasses in , anker die drom goed vas, die wielneuse kan nie lekker bykom nie en probeer om die drom om te rol. O ja monteer maar die wielsisteem met boute of iets dergliks want bo'jaan se kind haal daai kontrepsie uit en hol met hom
Hy kan baie goedkoper en minder duursaam gemaak word, my Pa het hulle vir ''rookgeld'' vir die plaaslikke Ko-op gebou, omtrent al die komponente was maar skrootmetaal.
Jy sal verbaas wees om te sien wat als daar kom tongnatmaak as mens n ''traicam'' opsit!

Re: Molasses lick feeder
Posted: Tue Oct 11, 2016 12:26 pm
by BeesBreet
Re: Molasses lick feeder
Posted: Wed Oct 12, 2016 6:53 am
by Bakkies303
Baie dankie vir almal se terugvoer.