Page 1 of 1

Dagse almal

Posted: Mon Oct 03, 2016 9:54 pm
by Quintin Nel
Dankie vir die aanvaarding op hierdie platform.
Ek is n nuweling in die jag sport, een van my vriende het sy 308 met n RSA loop, ek dink 1:12 twist en mod 98 aksie verkoop vir n finominale goeie prys en ek kon net nie nee se nie. Ek vind nou myself in die posisie waar ek ure navorsing doen oor alles wat met jag te doen het. Nou ja om n Lang storie kort te maak het ek al herlaai toerusting gekoop en lees ek al hoe meer oor lading ens

Ek dink hierdie gogga het my lelik gebyt, gelukkig vir my wil my vrou al weet wanneer gaan sy haar eerste varkie gaan skiet ><)

So ek dink al om na die volgende kaliber te kyk :laugh:

Het nog verskriklik baie om te leer en wil byvoorbaat dankie se vir die hoeveelheid inligting op hierdie platform.

Lekker dag verder

Re: Dagse almal

Posted: Mon Oct 03, 2016 11:53 pm
by Aceofspades
Hi Quintin. Welkom hier.
Kriek

Re: Dagse almal

Posted: Tue Oct 04, 2016 12:40 am
by Heinz Petersen
Welkom Quintin. Ja, hier is jy nou op die regte plek en ek is bly om te sien jy het met die tweede beste kaliber begin.
Die beste moet nog gemaak word. :)

Re: Dagse almal

Posted: Tue Oct 04, 2016 6:22 am
by LongWolf
Hi

Welkom hier.
Ja jy sal maar moet dat vroulief eerste ietsie oes, dit maak dit net makliker voorentoe >:D

Re: Dagse almal

Posted: Tue Oct 04, 2016 9:05 am
by Boesman10
Welkom op die forum