Page 1 of 1
Verniet verblyf op plaas
Posted: Sun Oct 02, 2016 11:39 pm
by finch
Ek plaas hierdie namens my vader wat nie groot op tegnologie is nie.
Plaashuis vir gratis bewoning te Grootdrink langs Oranjerivier beskikbaar so 60km uit upington. Betaal slegs vir eskomkrag. Groot potensiaal vir tuinmaak of groenteverbouing. Huis onlangs buite geverf.
Bel johan 082771 8856 vir meer inligting.
Sent from my HUAWEI GRA-L09 using Tapatalk
Re: Verniet verblyf op plaas
Posted: Mon Oct 03, 2016 8:17 am
by finch
Re: Verniet verblyf op plaas
Posted: Wed Oct 05, 2016 10:22 pm
by Hingsding
Naand se Finch.
Ek het n pm gestuur.
Groete
Re: Verniet verblyf op plaas
Posted: Thu Oct 06, 2016 3:42 pm
by finch
Thanks Hingsding.
Stuur groete vir Oom Lommies!
Re: Verniet verblyf op plaas
Posted: Thu Oct 06, 2016 3:49 pm
by LoopSoosStroop
Sheesh, ek is maar 'n dommie, maar hoe werk dit?
Re: Verniet verblyf op plaas
Posted: Thu Oct 06, 2016 5:01 pm
by finch
Wil jy die lang of die kort weergawe hoor?
Sent from my HUAWEI GRA-L09 using Tapatalk
Re: Verniet verblyf op plaas
Posted: Thu Oct 06, 2016 8:19 pm
by LoopSoosStroop
finch wrote:Wil jy die lang of die kort weergawe hoor?
Sent from my HUAWEI GRA-L09 using Tapatalk
Net waarvoor jy kans sien? Dis net vir my baie interessant.
Re: Verniet verblyf op plaas
Posted: Fri Oct 07, 2016 9:21 am
by finch
Ok, ek sal die kort lang weergawe of lang kort weergawe probeer.
My pa het seker so 5 jaar gelede aftree en ophou boer en meestal agv mediese redes is hy gebind tot die dorp. Blykbaar om oud te word is nie vir sussies nie en hy het nog n paar ou rugby beserings uit sy jong dae saam gedra wat nie wou beter word en gelei het tot n rugwerwel fusie, een knie vervanging, een heup vervanging en dan nog n paar ander skete en pyne.
Die tyd toe my pa gese het hy is nou moeg en klaar was beide ek en my broer nog besig met ons MBA studies met n gemaklike day job hier in die kaap en kon nie een van ons sommer net ons sakke pak en gaan boer nie (al hoe wel beide van ons sekerlik diep in ons harte graag wou). Ook het my pa toe helfte van die plaas verkoop om die bank n pit te druk en wat oor is as n nes eiertjie te he vir aftrede. Die oorblywende helfte verhuur hy aan n ander boer in die omgewing. Nou die boer stel glad nie belang in die ou plaas huis nie en dus staan dit leeg.
Soos ons almal weet in hierdie pragtige land van ons met sy goed geskoolde en hyper intellegente plattelandse bevolking, gaan n lee huis nie net so staan tot eendag wanneer jy weer dit nodig het nie. So om te keer dat die plek afgebreek word wou my pa dit verhuur. Die afgelope paar jaar het hy het gesukkel om betroubare huurders vir die huis te kry en toe bied ek aan om hom te help.
Basies al wat hy wil he is dat iemand in die huis bly en sy eie krag betaal en keer dat dit nie leeg staan en dus afgebreek word nie. As die persoon in die proses weer die tuin wat byna helemal dood is aan die gang kry en die kweekhuis kan reg kry en groente daarin kan kweek en miskien n skaap of bok of twee rondom die huis wil aanhou. Is dit n bonus. Dit is immers n plaas huis en dus is daar ook n workshop wat net n paar stukke gereedskap en n paar gewillige hande nodig het.
Hopelik is dit genoeg besonderhede vir nou.
Ek weet die Jaracal gemeentskap is almal wel genoeg af dat ons nie hoef verniet verblyf te soek nie, maar miskien is daar iemand hier wat iemand ken wat al n rowwe deal in die lewe gekry het en dalk nog n tweede kans nodig het en dus so n geleentheid sal kan gebruik.
Laat weet maar.
Re: Verniet verblyf op plaas
Posted: Mon Oct 17, 2016 12:42 pm
by finch
Voorlopig het die ou toppie iemand gekry om in die huis te bly.