Page 1 of 1
22-250 scope mounts
Posted: Fri Sep 30, 2016 1:26 pm
by Vleisie
Middag manne
Ek het 'n Savage 22-250 met 'n picatinny rail op, ek wil hoor het enige van julle al Vortex se tactical 30mm ringe gebruik?
http://www.vortexoptics.com/product/vor ... ing-medium
Daardie is die ringe wat ek na verwys, ek is oop vir ander voorstelle?
Scope wat ek gaan mount is 'n 4-16x50 Vortex.
Groete
Re: 22-250 scope mounts
Posted: Fri Sep 30, 2016 2:55 pm
by tripodmvr
Ek was nou die dag baie verbaas om te sien dat Gamo baie netjiese ringe maak. Behoorlike torx boude en 2 aan weerskante. Hulle het ook 'n sagte materiaal binne om skade aan die buis te verminder. Prys was R285 vir die nouer tipe dovetail en 30mm grootte.
Re: 22-250 scope mounts
Posted: Fri Sep 30, 2016 3:04 pm
by ruaanb
tripodmvr wrote:Ek was nou die dag baie verbaas om te sien dat Gamo baie netjiese ringe maak. Behoorlike torx boude en 2 aan weerskante. Hulle het ook 'n sagte materiaal binne om skade aan die buis te verminder. Prys was R285 vir die nouer tipe dovetail en 30mm grootte.
Hawke maak ook sulke ringe vir interessantheid. Gebruik hulle op my 6mm Musgrave.
Re: 22-250 scope mounts
Posted: Fri Sep 30, 2016 3:39 pm
by Vleisie
Ekt daardie van Hawke gesien en gewonder oor die tipe padding wat hy in het en of hy genoeg grip op jou scope het? Maar 'n 6mm Musgrave het darm heelwat meer byt as 'n 22-250. So dan behoort so iets darm ook te werk.
Re: 22-250 scope mounts
Posted: Fri Sep 30, 2016 9:38 pm
by ruaanb
Vleisie sover kan ek nie kla nie en is ek tevrede.
Re: 22-250 scope mounts
Posted: Sun Oct 02, 2016 5:15 pm
by Vleisie
Waar kan ek van daardie Hawke ringe bestel? Ek kry hulle nerens online te koop nie, behalwe in by die Britte in Ponde.
Re: 22-250 scope mounts
Posted: Sun Oct 02, 2016 5:51 pm
by tripodmvr
Hier is 'n foto van die Nikko 5-20x50mm op my .22 en die Gamo ringe wat ek genoem het. Ek dink hierdie ringe gaan geen probleme he om 'n 22-250 se terugslag te weerstaan nie.
Gamo Ringe.jpg
Re: 22-250 scope mounts
Posted: Sun Oct 02, 2016 8:02 pm
by Vleisie
Is daardie die Gamo TS300 medium's?
Re: 22-250 scope mounts
Posted: Sun Oct 02, 2016 8:12 pm
by tripodmvr
Ek het nie meer die verpakking nie. Dit is die' in 30mm vir die nouer dovetail.
Re: 22-250 scope mounts
Posted: Mon Oct 03, 2016 10:58 am
by ruaanb
Vleisie jy kan direk by Suburban Guns wat die agente is bestel of by Wildman. Dink amper jy sal reg kom by Safari ook.
Die Gamo ringe lyk net soos die Hawke nogal.
Re: 22-250 scope mounts
Posted: Mon Oct 03, 2016 1:00 pm
by ruaanb
Re: 22-250 scope mounts
Posted: Mon Oct 03, 2016 4:22 pm
by Vleisie
Ek het sommer by Suburban Guns bestel, met posgeld ingesluit minder as R600.