Page 1 of 1

KORT LOOP GEWEER "PERFORMANCE"

Posted: Sat Jul 23, 2011 5:16 pm
by bullseye
MIDDAG MANNE

EK WONDER OF IEMAND MY SAL KAN HELP? EK WIL WEET WAT IS DIE HOOGSTE SPOED WAT EK UIT N 16 TOT 20 DUIM LOOP KAN UITKRY.DIT MOET NIE GROTER AS 6MM KALIBER WEES NIE. DIE GEWEER MOET NOG STEEDS UITERS AKKURAAD WEES, DIT BLY DIE PREORITEIT. EK DINK EK IS NIE SEKER HIER NIE MAAR MENS SAL SEKER N VINNIGER KRUIT MOET GEBRUIK WAT TOTAAL KAN ONTBRAND IN LOOP, WEET NIE OF DIT BELANRIK IS NIE.SPOED ENIGE IETS HOER AS 3600VT/SEK MET PLUS MINUS DIE SELFDE LOOPLEEFTYD AS 22-250.

MY GEWEER IS TANS 24 DUIM LOOP MET SILENCER OP EN GEWEER IS LOMP EN VOORPUNT IS TOPHEAVY MAW GEWEER VOEL NIE GEBALANSEERD NIE. DAAR IS EGTER NIKS FOUT MET AKKURAADHEID NIE.EK WIL NET GRAAG N KORTER WERKSGEWEER IN BAKKIE MEE RONDRY, WAT MAKLIK HANTEER.

GROETNIS
BEN.

Re: KORT LOOP GEWEER "PERFORMANCE"

Posted: Sat Jul 23, 2011 6:11 pm
by Jaco Swart
Thys.

Wat se silencer het jy toe opgesit?

Kyk bietjie na hierdie link. Die man het 'n toets gedoen op die spoed versus die lenghte van die loop.

http://stevespages.com/velocityvsbarrel.html

Re: KORT LOOP GEWEER "PERFORMANCE"

Posted: Sat Jul 23, 2011 6:34 pm
by .::Alwyn-U::.
Hi Ben

20 duim loopi sal mos mooi werk uit 'n 243 of selfs kleiner.. 

Ek dink 'n soortgelyke topic was al bespreek en die antwoord was maar dat jy slegs 50ft/sec ekstra kry vir elke duim of so iets.. jy verloor nie baie nie!  ek glo nie dit sal nodig wees vir ander kruit nie..
Natuurlik sal hy nie so akkuraat wees soos 'n 26" loop nie maar hy sal werk vir bakkie ry elke dag ;D hy gaan ook nou nie soos 'n kettie skiet nie..

Ek dink net dit gaan lol as jy 3600vt/sec uit hom wil kry nogsteeds, maar kyk maar wat jy kan doen..

WAT EK SOU DOEN is om 'n 243 te ackley. Daai petrone, hulle stap vinnig by die loop uit!

Groete
Alwyn

Re: KORT LOOP GEWEER "PERFORMANCE"

Posted: Sun Jul 24, 2011 9:38 am
by bullseye
LUDWIG

JA STEM SAAM AKKURAATHEID SAL NIE VERSLEG NIE,EN JA N KORT VET DOP IS DALK DIE RIGTING OM TE GAAN. EK SAL EGTER GRAAG 55GR TOT 70GR PUNT WIL SKIET. EK IS SKRIKERIG VIR TE LIGTE PUNTE.BEHALWE AS MENS GS CUSTOM SE PUNTE GEBRUIK HULLE IS BAIE GOED.

DANKIE
BEN.

NOG VOORSTELLE ASB.

Re: KORT LOOP GEWEER "PERFORMANCE"

Posted: Sun Jul 24, 2011 11:00 am
by Danie Lombard .243
Kort loop storie loop so.


Doerie tyd toe ek my Savage .243 met fabrieks loop aanskaf het die roer 'n 21" loop gehad. Vreeslik akkuraat, erg woes kwaai maar speod was nie soos die .243's met die laaaaaang lope nie.  Maar interesant was dat my trajek so te se dieselfde was as die manne met die vinnige .243's met die lang lope. Wat wel 'n verskil was is dat my stadige 6mm punt effens meer wind sensitief was as die vinniger 6mm koeels. Ek het vir myself dit uitgeklaar dat die vinnige punt minder tyd in vlug spandeer oppad teiken toe, dus vinniger daar aankom en minder blootgestel word aan wind ens.

Ek en Yolandi het albei .308 gewere in 20" loop lengte. Ons spoed is ook stadig maar trajek is dieselfde as soortgelyke kaliber gewere met soortgelyke tipe punte. Ek het die 20" loop teorie gaan goed navors op die net en by al wat 'n sniper forum en artikel nageslaan. Een artikel was by interesant met een of ander ou by 'n "sniper school" in VSA. Hy het erg navorsing gedoen oor .308 loop lengte en trajek. Hy het 'n std 24" loop vergelyk met 'n 30" loop. Toets afstand was tot op 600 yards. Die 24" loop is korter gesny en korter en korter, 22"  20"  18" . Met die 18" loop kon hy steeds tot op 600 yards skiet, baie akkuraat en net 'n knerts laer as die 30" loop. As ek reg kan onthou, onder korreksie was dit 4 of 5" laer as die 30" loop op 600 yards. Trompsnelheid was beslis laer mer die 18" teenoor die 30" loop.

Wat ek virseker van kan getuig is dat die 20" loop vreeslik baie akkuraat is, sommer baie. Met of sonder silencer skiet die 20" loop op 100 meter op my geweer op dieselfde plek.

Sal ek weer 'n 20" loop oorweeg?  Beslis. Hanteer soos 'n droom, raas net vreeslik hard en skop te lekker. Verder is alles voor di ewind.

Re: KORT LOOP GEWEER "PERFORMANCE"

Posted: Tue Aug 09, 2011 4:30 pm
by james 303
Ek het n 303 met 20 inch loop en hys moer akkuraat skiet vreeslik lekker

Re: KORT LOOP GEWEER "PERFORMANCE"

Posted: Tue Aug 09, 2011 6:56 pm
by Gerrit Visser
Hi Ben
Ek het in 2005 vir my 'n 223 met 'n 18' loop laat bou met 'n 6' KD. Ek verloor minder as 100f/s teenoor std lope. Ek het 'n artikel gelees waar 'n nuwe Sako getoets is en sy loop dan met 1' verkort  en weer getoets. die toets is herhaal tot daar net 10' oor was.
Die beste akuraatheid was tussen 16' en 18'  Die langer loop was vinniger.
Die 223 is my bakkie gun. My 223 het 'n baie swaar loop op 22mm by die kroon. Ek gebruik 40gr Vmax met 28gr S321 @ 3600 -3700F/s hang net af wat die waarde van die NG in die nuwe lot is.

G Gert

Re: KORT LOOP GEWEER "PERFORMANCE"

Posted: Tue Aug 09, 2011 7:06 pm
by .::Alwyn-U::.
Gert

Klink na 'n baie lekker roer wat jy het! Vertel asb bietjie meer, watse loop, aksie ens jy op het?

Ek kyk ook na n 223, maar glo nie ek sal een bou nie, hulle is bietjie duur. Ek hou nogal van die savage weather warrior.

Daai 223 van jou is seker lekker sag met die 6" KD op!

Groete
Alwyn

Re: KORT LOOP GEWEER "PERFORMANCE"

Posted: Tue Aug 09, 2011 7:47 pm
by Armand Steenkamp
In teorie is n korter loop meer akkuraat as n  langer loop om rede hy stywer is.
Net so is n dukker loop veronderstel om akkuraater te wees as n dunner loop.
Maak noggal vir my sin

Groetnis

Re: KORT LOOP GEWEER "PERFORMANCE"

Posted: Tue Aug 16, 2011 11:55 am
by Rickus
Ek het vir my n .243 laat bou op n lyttleton aksie, Schilen swaar loop 25mm duk by die kroon 28" lank.....die geweer was verskriklik swaar en toe maak ek die loop 2" korter en laat sit n silencer op. Met 70gr Nosler B-Tips was die trompspoed 3800FT/S uit die 26" loop uit, maar die geweer was lomp en n beslommernis maar baie akkuraat. Ek het toe sommer eendag op die ingewing van die oomblik hier na n maat van my toe gery en gese hy moet nog 4" afsny....beste besluit wat ek kon neem....ek skiet nogsteeds met presies dieselfde lading in die 22" loop as wat ek in die 26" loop gebruik het, en die trompsnelheid het verminder na 3500ft/s so 4" het my 300ft/s gekos.......maar manne nou skiet daai roertjie eers lekker...3 gaatjies sny mekaar op 200m en ek is in die wolke  ;D

Re: KORT LOOP GEWEER "PERFORMANCE"

Posted: Tue Aug 16, 2011 12:32 pm
by Arnold
Ek moet s? ek hou ook nie van die visstokke nie. Het self een en ek moet myself keer om nie sy loop te laat korter sny nie (omdat ek daai ekstra 200 fps soek om lekker v? te kan bykom).