Page 1 of 2

My gat jeuk....

Posted: Sat Jul 23, 2011 12:34 pm
by Drenalinjunkie
Hi Almal,

My gat jeuk om vir my nog n speelding te kry... Ek wil so bietjie meer kompetiesie skiet en soek n geweer wat goed by my 7x64 Sako sal pas. Ek gaan juis my dedicated sportsman doen wanner ek nou by die huis is vir 2 weke.

Ek wil graag julle opinies hoor oor die volgende 2 gewere... kaliber is 6.5x55...

Tikka T3 Hunter
Cz 550 Lux

Albei is beskikbaar maar ek wil hoor wat julle dink... My hart se Tikka maar ek wil hoor wat julle se... Prys is nie n besluitende faktor nie as daar nog iets anderste is noem dit maar asb...

Vir n teleskoop moet ek nog besluit... Wat stel julle voor in die 5-20 klas?

PS...Edwin moenie my nou weer byt hier oor nie... jy weet ek en jy gaan nog baie hieroor praat... ;D

Dankie

Simon

Re: My gat jeuk....

Posted: Sat Jul 23, 2011 1:02 pm
by Jaco Swart
Drenalinjunkie wrote: My gat jeuk
Nou krap hom!! ;D ;D

Re: My gat jeuk....

Posted: Sat Jul 23, 2011 1:15 pm
by Arnold
Tikka T3 Super varmint in 6.5x55  ;D
Oor die scope kan jy later worry.

Re: My gat jeuk....

Posted: Sat Jul 23, 2011 3:38 pm
by .::Alwyn-U::.
Hoekom wil jy daai kaliber he as ek mag vra?

Re: My gat jeuk....

Posted: Sat Jul 23, 2011 3:41 pm
by Drenalinjunkie
Ek sal n varmint verkies... ek sal net een moet kan opspoor.

Ek hou nog altyd van die 6.5x55  ;D

Re: My gat jeuk....

Posted: Sat Jul 23, 2011 3:47 pm
by Sako75
Tikka T3 Sporter in 260 Rem

http://www.tikka.fi/t3models.php?sporter

Re: My gat jeuk....

Posted: Sun Jul 24, 2011 7:33 am
by 300Winmag
.::Alwyn-U::. wrote: Hoekom wil jy daai kaliber he as ek mag vra?
Hy's koning  ;D

Re: My gat jeuk....

Posted: Sun Jul 24, 2011 7:39 am
by KalahariKlong
Ek het ook 'n 7x64 en sit in die selfde bootjie as jy. Die Tikka sporter is regtig mooi, maar ek is opsoek na iets soos die 204 en hulle maak hom nie. My tweede keuse is die 223AI of 223 WSSM.

Die beste pryse sover by camdix gekry.

Ek dink in die lyn van kaliber waarna jy soek moet ek stem vir die 260 soos genoem.


groete
KK

Re: My gat jeuk....

Posted: Sun Jul 24, 2011 8:19 am
by Steiner
Dag ou Simon

Koop die Tikka 6.5x55 , ek het self die Tikka Master Deluxe in 7x64B en sal hom vir niks verruil nie.  Dankie tog ek hoef nie jou vrou te vertel van die een nie. ;D

Wanneer die Groen Mamba klaar is, kan ek nie wag om jou gat te skop nie.  Die Swart Mamba wag al klaar vir jou! ;)

Groete
Edwin

Re: My gat jeuk....

Posted: Sun Jul 24, 2011 6:28 pm
by Triple2
Man with itchy bum, ends up with smelly finger - Confuscious

Re: My gat jeuk....

Posted: Mon Jul 25, 2011 9:17 am
by Drenalinjunkie
My grootste probleem is nou om die gewere op te spoor... Meeste winkels wat ek ge-email het is tragies. Hulle antwoord nie eers nie en vir my om vanaf die DRC te bel kos my R30 per minuut...

As iemand van n 6.5x55 blued varminter of sporter weet laat weet my asb. Ek sal miskien nog ander kalibers oorweeg...

Dankie

Re: My gat jeuk....

Posted: Mon Jul 25, 2011 9:30 am
by 300Winmag
Die volgende batch CZ is op pad en sal oor so 2 weke hier wees.

Re: My gat jeuk....

Posted: Mon Jul 25, 2011 10:39 am
by Drenalinjunkie
Watter CZ'z?

Re: My gat jeuk....

Posted: Mon Jul 25, 2011 10:57 am
by 300Winmag
Die wat deur Formalito ingevoer word. Daar sal dan weer 6.5x55 tussen hulle wees (CZ550 Lux)

Re: My gat jeuk....

Posted: Mon Jul 25, 2011 11:09 am
by Drenalinjunkie
Ek soek n bull barrel... en die lux is nie. My wense het so bietjie verander na meer navorsing... ;D

Ek sal die geweer meestal gebruik vir teiken skiet so ek sal n dikker loop verkies.

Re: My gat jeuk....

Posted: Mon Jul 25, 2011 11:52 am
by Gerhard
Drenalinjunkie wrote: Ek soek n bull barrel... en die lux is nie. My wense het so bietjie verander na meer navorsing... ;D

Ek sal die geweer meestal gebruik vir teiken skiet so ek sal n dikker loop verkies.
Simon,

Dis nie dieselfde as om met n 80# boog op 80 yards ballone te bars nie.  ;D  ;D  ;D

Nee ek terg net.

Jou kaliber keuse en dan die tipe geweer waarna jy kyk gaan n baie lekker kombinasie wees en as jy dink jy skiet net teiken voor jy weer sien jag jy net so lekke met die geweer. Die "swede" is een van daai jag kalibers...

Re: My gat jeuk....

Posted: Mon Jul 25, 2011 2:13 pm
by Drenalinjunkie
;D

Gerhard, n ballon op 80y is mos n groot teiken! Lemoene klink beter. ;)

Ja, ek probeer nou net om n geweer op te spoor. Sal hom dan daar en dan koop.

Kyk ook om n Nightforce op hom te sit... N goeie geweer kort n goeie scope! ;D

Re: My gat jeuk....

Posted: Mon Jul 25, 2011 2:16 pm
by Gerhard
Ag ok man...

Ek wou nou nie windgat geklink het hier op die forum nie...

As jy jou skiet goed bymekaar het moet jy laat weet ek sal graag agter hom wil in klim om te voel hoe hy skiet...

Dan maak ons dit lemoene op 600 meter ... he he he

Re: My gat jeuk....

Posted: Mon Jul 25, 2011 2:25 pm
by Arnold
Afhangend van die afstand wat jy wil skiet kan jy ook seker na 'n 243W kyk. Jy sal seker makliker in die kaliber 'n dikloop kry? Probeer kyk dat jy 'n lekker vinnige twist kry.

Re: My gat jeuk....

Posted: Mon Jul 25, 2011 3:06 pm
by Drenalinjunkie
Ek kan n Steyer Pro hunter kry maar ek weet nie of hy my smaak is nie... Dit is nou weer n jag geweer...

Re: My gat jeuk....

Posted: Tue Jul 26, 2011 11:42 am
by Drenalinjunkie
Lyk my ek gaan die Tikka T3 Sporter kry... Delivery is 4 tot 6 weke. ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D

Re: My gat jeuk....

Posted: Tue Jul 26, 2011 11:56 am
by Dawid
Nice..........Pryse ???

Re: My gat jeuk....

Posted: Tue Jul 26, 2011 11:59 am
by Drenalinjunkie
Wag nog vir n offisiele quote maar lyk na so R14.5

Re: My gat jeuk....

Posted: Tue Jul 26, 2011 12:23 pm
by Drenalinjunkie
Hier is hy...

Re: My gat jeuk....

Posted: Tue Jul 26, 2011 12:57 pm
by Arnold
awesome!